Dzjalikowo (Russies: Джалыково) is 'n dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Dzjalikowo Plaaslike Munisipaliteit wat tot Lagan-rajon behoort en nog een kleiner nedersetting, Boerannoje, insluit. Dit lê op die klein Tsaptameer naby die Kaspiese See en die grens met Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland.
Geskiedenis
Die dorpie is in die 19de eeu gestig deur die etnies Russiese vissers uit die Wolga-rivierdelta in die huidige Astrachan-oblast. Dit het oorspronklik die naam Michailofskoje of Michailofka gekry wat van die Russiese weergawe van die eerstenaam Michael kom. Dit is later na Dzjalikowo hernoem ter ere van Chochol Dzjalikof wat van 1927 tot 1934 die hoof van die Sentrale Komitee van die plaaslike tak van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie was.[1]