NG gemeente Rossville

Die kerkie op die dorp Rhodes.
Die ligging van die Noordoos-Kaapse NG gemeentes.
Ds. David Ross, na wie die gemeente genoem is.
Ds. G.W.S. Hofmeyr was leraar hier van 1916 tot 1920 toe hy vertrek na Glen Lynden. Hy was die jongste seun van ds. Jan Hendrik Hofmeyr, wat meer as 40 jaar leraar van die NG gemeente Somerset-Oos was.
Ds. Johannes Rudolff Hugo, die eerste leraar van 1902 tot 1906.
Ds. H.A. de Wet, leraar van 1926 tot 1928.
Ds. Gert Hendrik Prinsloo Badenhorst, leraar van 1933 tot 1939.
Ds. Henry Charles Hopkins was net leraar van Rossville van 1945 tot 1946, toe hy medelaar van Alice met werkkring Fort Beaufort word.
Ds. M.B. Brink was die leraar hier van 1952 tot 1974.
Ds. Henry Fredrick Witthuhn, leraar van 1958 tot 1963.

Rossville was van 1893 tot met die gemeente se inlywing by die NG gemeente Barkly-Oos die naam van die NG gemeente op die Oos-Kaapse dorpie Rhodes.

Die dorp is aan die Bellrivier geleë, 54 km noordoos van Barkly-Oos. Die naam van die dorpie was (volgens sommige bronne) vroeër Rossville, maar is hernoem ter ere van Cecil John Rhodes (18531902), staatsman en politikus. Die plekkie is beroemd vir sy yskoue klimaat en sneeu in die winter.

Gemeente se ontstaan

Die gemeente is in 1893 van die NG gemeente Barkly-Oos afgestig met 'n ledetal van 400. Die naam van die dorpie was toe al Rhodes, maar 'n aantal van die lidmate het verlang dat ds. David Ross, destyds van Lady Grey en konsulent en kerkvader van die geweste, vernoem word. Op 'n vergadering om die saak te bespreek, is besluit om die dorpsnaam onveranderd te laat, maar die gemeente Rossville te noem.

Ná die vertrek van ds. Helgard Müller van die NG gemeente Barkly-Oos in 1894 is die gemeente getrou bedien deur ds. F.W.R. Gie, eweneens van die moedergemeente. Eers in Februarie 1902 kon die gemeente Rossville daarin slaag om sy eie leraar te bevestig in die persoon van prop. J.R. Hugo. Onder vele moeilikhede weens Krygswet kon hy eindelik hier aankom en is hy deur die konsulent bevestig. Hy neem egter ná vier jaar 'n beroep aan na Niekerkshoop, waar hy in Januarie 1907 bevestig is.

Die gemeente bly geruime tyd vakant en eers die dertiende beroep word aangeneem sodat ds. C.H. Murray in 1908 bevestig kon word. Hy het kort vantevore sy sendingwerk in Njassaland moes laat vaar weens sy eggenote se swak gesondheid. Hy arbei met seën en vrug in die gemeente. Sy alombeminde vrou is in 1913 oorlede. Aan die einde van 1915 neem ds. Murray die beroep van die Algemene Sendingkommissie na Mochudi in Betsjoeanaland aan en in Mei 1916 word ds. G.W.S. Hofmeyr as sy opvolger en Rossville se derde leraar bevestig. Hy was van 1909 die eerste leraar van die NG gemeente Port Elizabeth, maar moes in 1914 emeriteer weens swak gesondheid. Hy het blykbaar wonderbaarlik herstel, want hy arbei getrou in Rossville tot 1920, in Glen Lynden tot 1920, Greytown tot 1929 en toe nog op Middelburg, Transvaal, tot 1948 toe hy sy emeritaat finaal aanvaar; dus 'n volle 34 jaar nadat hy aanvanklik sy emeritaat aanvaar het.

Ds. H.A. de Wet

Ds. Hendrik Adrian de Wet (Lichtenburg, 25 Februarie 18905 Julie 1970) ontvang sy eerste onderrig by sy vader en daarna op Franschhoek waar hy die goue medalje ontvang vir die beste leerling. Hy ontvang sy teologiese opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch en daarna aan Princeton in die VSA waar hy die graad M.Th. verwerf. Hy word in 1921 gelegitimeer en bedien agtereenvolgens die gemeentes Pietermaritzburg-Wes (November 1921), Rossville (1926), Lusaka (1928), Christiana (1930), Philipstown (1941), Cedarville (1946), Alexandria (1947). Tydens sy bediening op Christiana ontvang hy sy tweede M.Th.-graad, maar nou aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy tree tydens die Tweede Wêreldoorlog as veldprediker op. De Wet was ’n praktiese predikant wat lidmate bygestaan het in hul alledaagse probleme. Hy was goed in sport, veral tennis. Die De Wet-stamregister berig: “(Hy) Gebruik kruiemengsels om mans met prostaat en ander intieme probleme te help. Sy nageslag beskou die kruiemengsel as rede waarom geen egskeidings onder hulle voorkom nie.” Ds. De Wet was die stigter van die De Wet-Greeff-sendingfonds. Hy aanvaar sy emeritaat op 18 April 1953 weens swak gesondheid. Hy is in 1918 getroud met Elizabeth Johanna (Lizzie) Ochse. Twee kinders is uit die huwelik gebore.[1]

Gemeentelike lewe

Die gemeente het bloeijare beleef toe die eenmanskool tot 'n skool met vyf onderwysers aangegroei het om net weer teen omstreeks 1952 tot 'n tweemanskool te daal. In 1942 is hier met 'n koshuis begin, maar in 1950 is dit ontbind weens 'n gebrek aan kinders. Dit is gedeeltelik veroorsaak deur baie boere wat reeds 'n plaas besit het, maar dan 'n tweede en selfs derde gekoop het en so tot die ontvolking van die omgewing gelei het. Die gemeente het swaar gebuk gegaan onder droogtes in 1912 en 1933, maar nie ondergegaan nie. In 1902 en 1931 was daar weer groot kapokstorms wat baie skade veroorsaak het. Skape wat onder die kapok toe was, is tot 'n maand later eers weer daaronder ontdek.

In 1952 berig Ons gemeentelike feesalbum die kerk se lidmaattal het tot onder 200 gedaal, maar "onder die seënende hand van die Here bly die gemeente egter selfstandig en welvarend". Dit is nie duidelik presies wanneer die gemeente ontbind het nie, maar dit moes iewers tussen die NG Kerk se Jaarboek van 1973 (toe daar sowat 100 lidmate was) en die 1979-uitgawe wees, want daarin word die gemeente nie meer vermeld nie.

Enkele leraars

  • Johannes Rudolff Hugo, 1902–1906 (waarna Niekerkshoop tot sy dood in Oktober 1914)
  • Charles Hugo Murray, 1908–1915
  • Georg Wilhelm Stegmann Hofmeyr, 1916–1920
  • Camille Frederic Leygonie, 1920–1923
  • Jacob Philippus le Roux, 1924–1926
  • Hendrik Adrian de Wet, 1926–1928
  • Michael Nicolaas Janse van Rensburg, 1928–1931
  • Gert Hendrik Prinsloo Badenhorst, 1933–1939
  • Cornelis Johannes Perold, 1939–1944
  • Henry Charles Hopkins, 1945–1946
  • Salomon Theordorus Potgieter, 1947–1950 (toe hy sy emeritaat aanvaar)
  • Benson Henry Visser, 1950–1958
  • Marthinus Beyers Brink, 1952–1974
  • Henry Frederick Witthuhn, 1958–1963
  • Hendrik Jacobus Greeff, 1963–1966
  • Marthinus Beyers Brink, 1967–1974

Sien ook

Bronne

Verwysings

  1. De Wet-geslagsregister[dooie skakel].

Read other articles:

Bateau-Lavoir Bateau-Lavoir adalah nama panggilan sebuah bangunan di distrik Montmartre di arondisemen ke-18 Paris yang terkenal dalam sejarah seni sebagai kediaman dan tempat pertemuan sekelompok seniman awal abad ke-20 yang luar biasa, sastrawan, orang teater, dan pedagang seni. Bateau-Lavoir terletak di Rue Ravignan No. 13 di Place Emile Goudeau, tepat di bawah Place du Tertre. Kebakaran menghancurkan sebagian besar bangunan pada Mei 1970 dan hanya fasad yang tersisa, tetapi dibangun kemba...

 

大手町連鎖型都市再生プロジェクト > 日本経済新聞社東京本社ビル 日本経済新聞社東京本社ビル 日本経済新聞社東京本社ビル施設情報所在地 東京都千代田区大手町一丁目3-7座標 北緯35度41分19.5秒 東経139度45分44.2秒 / 北緯35.688750度 東経139.762278度 / 35.688750; 139.762278座標: 北緯35度41分19.5秒 東経139度45分44.2秒 / 北緯35.688750度 東経139.762278�...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada November 2022. Ainan Tasneemعينان تسنيم بنت رضوانNama lahirAinan Tasneem Binti RedzuanLahir4 November 1992 (umur 31)Bukit Jalil, Kuala Lumpur  MalaysiaGenrePopPekerjaanPenyanyiTahun aktif2007 - sekarang Ainan Tasneem Binti Redzuan (lahir ...

نهائي كأس الكونكاكاف الذهبية 1991الحدثكأس الكونكاكاف الذهبية 1991 هندوراس الولايات المتحدة 0 0 التاريخ7 يوليو 1991 (1991-07-07)الملعبمدرج لوس أنجلوس التذكاري، لوس أنجلوسالحكمأرتور بريزيو كارتر (المكسيك)[1]الحضور39,873[2] 1993 ← نهائي كأس الكونكاكاف الذهبية 1991 كانت مباراة ...

 

Untuk hal lainnya, lihat Batu (disambiguasi). Batuan yang terletak di taman Garden of the Gods di Colorado Springs, Colorado, Amerika Serikat. Batu adalah benda alam yang tersusun atas kumpulan mineral penyusun kerak bumi yang menyatu secara padat maupun berserakan. Pembentukan batu merupakan hasil proses alam. Di dalam batu dapat terkandung satu atau beberapa jenis mineral.[1] Batu dapat terbentuk melalui proses kristalisasi magma, sedimentasi, maupun metamorfisme. Dari proses pemben...

 

GreenyardsThe main stand in 2007LocationHigh StreetMelroseScotland TD6 9SACoordinates55°36′00″N 2°43′23″W / 55.60000°N 2.72300°W / 55.60000; -2.72300OwnerOrmiston TrustCapacity1174Surface3G pitchTenantsMelrose RFC The Greenyards is a sports ground in Melrose, Scottish Borders. It has been the home of Melrose RFC for rugby union matches and the annual Melrose Sevens tournament. The first ever rugby 7s matches were played at the ground in 1883. The professio...

Puerto Rican independence advocate Elías BeauchampElías BeauchampBornJune 8, 1908Utuado, Puerto RicoDiedFebruary 23, 1936 (aged 27)San Juan, Puerto RicoCause of deathExecution by shootingPolitical partyPuerto Rican Nationalist PartyMovementPuerto Rican IndependenceSpouseAna Luisa Pérez Part of a series on thePuerto RicanNationalist PartyFlag of the Puerto Rican Nationalist Party Events and revolts Río Piedras massacre Ponce massacre Cadets of the Republic Gag Law (Ley de la Mordaza) ...

 

Men's association football team This article is about the men's team. For the women's team, see Bahrain women's national football team. BahrainNickname(s)( Warriors) غَوَاصِيْنُ الْلُؤْلُؤْ (Ghawaseen Al-Lulu, The Pearl Divers) الأَحمَر (The Reds) الشياطين الحمر (The Red Devils)AssociationBahrain Football AssociationConfederationAFC (Asia)Sub-confederationWAFF (West Asia)Head coachDragan TalajićCaptainAbdulrahman Al BloushiMost capsMohamed Husain (1...

 

У этого топонима есть и другие значения, см. Петропавловский район. муниципальный районПетропавловский район Флаг Герб 50°05′49″ с. ш. 40°52′40″ в. д.HGЯO Страна  Россия Входит в Воронежскую область Включает 11 муниципальных образований Адм. центр село Петроп...

ValdezcityValdez – Veduta LocalizzazioneStato Stati Uniti Stato federato Alaska BoroughUnorganized Borough ComuneCensus Area di Valdez-Cordova TerritorioCoordinate61°07′51″N 146°20′54″W / 61.130833°N 146.348333°W61.130833; -146.348333 (Valdez)Coordinate: 61°07′51″N 146°20′54″W / 61.130833°N 146.348333°W61.130833; -146.348333 (Valdez) Altitudine30 m s.l.m. Superficie717,6 km² Abitanti3 976 (censimento ...

 

此条目序言章节没有充分总结全文内容要点。 (2019年3月21日)请考虑扩充序言,清晰概述条目所有重點。请在条目的讨论页讨论此问题。 哈萨克斯坦總統哈薩克總統旗現任Қасым-Жомарт Кемелұлы Тоқаев卡瑟姆若马尔特·托卡耶夫自2019年3月20日在任任期7年首任努尔苏丹·纳扎尔巴耶夫设立1990年4月24日(哈薩克蘇維埃社會主義共和國總統) 哈萨克斯坦 哈萨克斯坦政府...

 

Charles Lee RemingtonBorn(1922-01-19)January 19, 1922Reedville, VirginiaDiedMay 31, 2007(2007-05-31) (aged 85)Hamden, ConnecticutOccupationScientistSpouseEllen MahoneyParent(s)Maud Skoglund Remington Pardon Sheldon Remington Charles Lee Remington (January 19, 1922 – May 31, 2007) was an American entomologist known for studies of butterflies and moths, a Yale University professor, and is considered the father of modern lepidoptery.[1] He established a Periodical Cicada prese...

Clade of seed plants that produce flowers Flowering Plants redirects here. For the book by G. Ledyard Stebbins, see Flowering Plants: Evolution Above the Species Level. Flowering plantTemporal range: Early Cretaceous (Valanginian)-Recent PreꞒ Ꞓ O S D C P T J K Pg N Terrestrial: buttercupAquatic: water lilyWind-pollinated: grassInsect-pollinated: appleTree: oakForb: orchidDiversity of angiosperms Scientific classification Kingdom: Plantae Clade: Tracheophytes Clade: Spermatophytes Clade: A...

 

Online Jihadist magazine published by Al-Qaeda InspireEditorUnknown; former editor Samir Khan[1]CategoriesPropagandaFirst issueJuly 2010CountryYemenLanguageEnglish Inspire is an English-language online magazine published by the organization al-Qaeda in the Arabian Peninsula (AQAP). The magazine is one of the many ways AQAP uses the Internet to reach its audience. Numerous international and domestic extremists motivated by radical interpretations of Islam have been influenced by the ma...

 

Inauguration du planétarium Birla de Chennai (en). Chronologie de l'Inde ◄◄ 1984 1985 1986 1987 1988 1989 1990 1991 1992 ►► Chronologies Données clés 1985 1986 1987  1988  1989 1990 1991Décennies :1950 1960 1970  1980  1990 2000 2010Siècles :XVIIIe XIXe  XXe  XXIe XXIIeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies géographiques Afrique Afrique du Sud, Algérie, Angola, Bénin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cameroun,...

Intermediate-level division of competition in college sports NCAA Division II logo NCAA divisions Division I Division II Division III vte NCAA Division II (D-II) is an intermediate-level division of competition in the National Collegiate Athletic Association (NCAA). It offers an alternative to both the larger and better-funded Division I and to the scholarship-free environment offered in Division III. Before 1973, the NCAA's smaller schools were grouped together in the College Division. In 19...

 

6th–7th century Javanese kingdom This article is about the Javanese kingdom. For the Indian kingdom, see Kalinga (historical kingdom). For other uses, see Kalinga. Kalinggaꦏꦫꦠꦺꦴꦤ꧀ꦏꦭꦶꦁꦒ (Jawa)6th century–7th centuryCapitalPrecisely unknown, suggested somewhere between Pekalongan and JeparaCommon languagesOld Javanese, SanskritReligion Hinduism, Buddhism, AnimismGovernmentMonarchyRaja • circa 674 Shima History • Established 6th century•...

 

United States federal prison in Colorado Not to be confused with ADX Florence. United States Penitentiary, Florence HighLocationFremont County,near Florence, ColoradoCoordinates38°21′42″N 105°05′45″W / 38.36167°N 105.09583°W / 38.36167; -105.09583StatusOperationalSecurity classHighPopulation971 (September 2023)Opened1993Managed byFederal Bureau of PrisonsWardenM. Starr The United States Penitentiary, Florence High (USP Florence High) is a high-security Unit...

(GRC) «οἱ μὲν ἄρ' οἶνον ἔμισγον ἐνὶ κρητῆρσι καὶ ὕδωρ» (IT) «Essi mescevano nei crateri vino e acqua» (Odissea I, 110) Cratere a calice Il cratere (κρατήρ, plurale κρατῆρες, kratḕres; dal verbo greco κεράννυμι kerànnymi, mischiare) era un grande vaso utilizzato per mescolare vino e acqua nel simposio greco. Nel corso del banchetto i crateri venivano posti al centro della stanza e venivano riempiti di vino, a cui ve...

 

2002 Rhode Island gubernatorial election ← 1998 November 5, 2002 2006 →   Nominee Donald Carcieri Myrth York Party Republican Democratic Popular vote 181,827 150,229 Percentage 54.8% 45.2% County results Municipality resultsCarcieri:      50–60%      60–70%      70–80%York:      50–60%      60–70% Governor before election Linco...