NG gemeente Fauresmith

Vooraansig van die kerkgebou.
Fauresmith se huidige NG kerk. Mev. Bettie Botha, eggenote van ds. Hennie Botha, het die hoeksteen gelê op 6 Oktober 1962.
Ds. P.E. Faure. Fauresmith is na hom en die goewerneur sir Harry Smith genoem.
Fauresmith se vorige NG kerk is in 1910 opgeknap en vergroot, maar later gesloop om plek te maak vir die teenswoordige kerk.
Ds. A.A. Louw was van 1854 tot 1859 Fauresmith se eerste leraar.
Ds. H.J. Lückhoff, leraar van 1868 tot hy sy demissie aanvaar in 1894.
Ds. Rudolph Johannes van Niekerk (1865-1934) het in Augustus 1909 van NG gemeente Prieska af na Fauresmith toe gekom en arbei hier tot hy sy emeritaat aanvaar op 10 Desember 1933. Hy sterf net meer as 'n maand later op 20 Januarie 1934.
Ds. C.D. Bam, leraar van 1894 tot 1908.
Ds. R.J.N. van Tonder, leraa van 1934 tot 1942.
Dr. H.W. de Jager, leraar van 8 April 1967 tot 1974.

Die NG gemeente Fauresmith is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaatse Sinode en die 37ste wat in die hele Kerk gestig is. Dit is gesetel op die Vrystaatse dorp Fauresmith. Dit is die moedergemeente van die gemeentes Jagersfontein, Luckhoff (albei 1892) en Edenburg (1862).

Agtergrond

In opdrag van die Ring van Graaff-Reinet, waaronder al die noordelike gemeentes van die Kaapprovinsie geval het, het ds. W.A. Krige, predikant van Victoria-Wes, oor die Oranjerivier gegaan om die emigrante op te soek wat tydens die Groot Trek en later daarheen verhuis het. In Mei 1846 bevind hy hom aan die oewers van die Rietrivier. Op verskeie plekke het hy dienste gehou en sowat 100 kinders gedoop waarvan sommige al 'n jaar oud was. Die vernaamste stoot wat aan sake gegee is, is dat hy 'n direksie van nege lede laat het kies het met opdrag om, eerstens ondersoek in te stel na die moontlikheid om 'n gemeente aldaar te stig en tweedens om na 'n geskikte plek vir 'n kerkplaas of dorp uit te sien. Ook het hy die som van £700 vir die aankoop van so 'n plaas gekollekteer, asook 'n waarborglys van £124 per jaar vir vyf jaar vir die predikant se salaris opgestel.

Stigting

Op 11 Maart 1848 was 'n kommissie van die Kaapse Kerk saam met die lede van die direksie byeen op Groenkloof. Hier is die gemeente Fauresmith gebore, maar met 'n ander naam: "De Gemeente aan de Rietrivier". Uit die eerste kerkraad is 'n kommissie van vier lede benoem wat moes soek na 'n geskikte kerkplaas, want almal was toe vuur en vlam om 'n sentrum van aanbidding - 'n kerkgebou - op te rig en 'n predikant te kry. Ná veel moeite en teleurstelling in die pogings om 'n kerkplaas te bekom, huur die kerkraad 'n deel van die plaas Sannahspoort van mnr. W.D. Jacobs en bou dadelik 'n tydelike kerkie ondanks protes van Adam Kok. Die plaas, in die onvervreembare gebied van dié Griekwa-opperhoof, is na sy vrou genoem omdat sy na bewering haar been daar gebreek het.

Kerklike geboue

Die tydelike kerkie het gestaan waar Fauresmith se markplein vandag is. Dit is dan ook Kerkplein genoem. Die straat waardeur die treinspoor later aangelê is, was Kerkstraat. Die kerkraad het reeds besluit, nadat Jacobs ingewillig het, om Sannahspoort teen 14 000 riksdaalders (£1 050) te koop. Dadelik is daar 'n begin gemaak met die verkoop van erwe. Volgens Ons gemeentelike feesalbum was dit waarskynlik die skriba wat die dorp Sannahspoort verdoop het na Fauresmith. Sy notule lui eers almal "vergadering te Sannahspoort", maar op 30 Augustus 1851 staan die naam "Fauresmith" boaan. Die Standard Encyclopaedia of Southern Africa skryf die naamgewing toe aan 'n plaaslike onderwyser, Jacobus Groenewald, wat aanbeveel het dat die dorp genoem word na ds. Philip Eduard Faure, indertydse moderator van die Kaapse Kerk, wat die Voortrekkers in die Trans-Oranje in 1848 besoek het, en na die goewerneur sir Harry Smith.

Eerste leraar

Eers in 1859 het die kerkraad kaart en transport van die plaas Sannahspoort verkry, nie van Jacobs nie, maar van die Griekwa Gert Dikkop. Op kerklike gebied het dinge vinnig gevorder. In Mei 1855 is ds. A.A. Louw as eerste predikant op Fauresmith bevestig, dus reeds sewe jaar na die stigting van die gemeente. Die nuwe kerk is in Julie 1860 ingewy, maar toe nog sonder 'n toring. Die toring is eers in 1875 voltooi. Gedurende die volgende jaar is 'n orrel uit Duitsland bestel en geïnstalleer. Dit moes 'n klein orreltjie gewees het en het slegs £250 gekos. Tydens die dienstyd van ds. Bam is 'n nuwe orrel in 1905 aangebring.

Latere leraars

Ná ds. Louw volg ds. H.J. Lückhoff (1868-'93). Hy was baie hardwerkend en het 'n haastige geaardheid gehad. Dit het meegebring dat hy soms met lidmate in botsing gekom het. Gedurende Oktober 1894 is ds. C.D. Bam hier bevestig. Hy was 'n baie beminlike en opgeruimde mens en het met groot seën gewerk. Van 1899 tot 1902 tydens die Anglo-Boereoorlog is nie net die Vrystaatse samelewing nie, maar ook die kerklike lewe geheel en al ontwrig. Tot September 1900 het ds. Bam nog probeer voortgaan met sy werk, selfs nadat die Engelse troepe Fauresmith ingeneem het, maar later het dit vir hom onmoontlik geword. Ná ds. Bam dien onder meer di. R.J. van Niekerk (1909-'33), R.J.N. van Tonder (1934-'42), J.R. Alheit ('n seun van ds. W.A. Alheit) en Hennie Botha.

Enkele leraars

  • Andries Adriaan Louw, 1854 - 1867
  • Heinrich Jacob Lückhoff, 1868 - 1893
  • Cornelius Daniel Bam, 1894 - 1908
  • Rudolph Johannes van Niekerk, 1909 tot 1933
  • Reinier Johannes Nicolaas van Tonder, 1934 - 1942
  • Johannes Rudolph Alheit, 1943 - ?
  • Andries Petrus du Preez, 1937 - 1939
  • Dr. Hermanus Wilhelm de Jager, 1967 - 1974

Bronne

Sien ook

Eksterne skakels


Read other articles:

Artikel ini bukan mengenai Front Pembebasan Islam Moro. Front Pembebasan Nasional Moro Bendera dan logo MNLFPemimpindipersengketakan sejak 1996 – Nur Misuari (MNLF), Alvarez Isnaji (kelompok Isnaji), Habib Mujahab Hashim (MNLF-ICC), Hadja Bainon Karon (Komite Wanita MNLF), Dimas Pundato (MNLF-RG), Muslimin Sema (EC-15), Hatimil Hassan (EC-15) and Abul Khayr Alonto (MNLF)[1]Waktu operasi21 Oktober 1972 – 2 September 1996 (Sebagai kelompok separatis)[2] 2 S...

 

Katedral NagpurKatedral Santo Fransiskus dari SalesKatedral NagpurLokasiNagpurNegaraIndiaDenominasiGereja Katolik RomaArsitekturStatusKatedralStatus fungsionalAktifAdministrasiKeuskupan AgungKeuskupan Agung Nagpur Katedral Nagpur yang bernama resmi Katedral Fransiskus dari Sales adalah sebuah gereja katedral Katolik yang terletak di Nagpur, India. Katedral ini merupakan pusat kedudukan dan takhta bagi Keuskupan Agung Nagpur.[1] Lihat juga Keuskupan Agung Nagpur Gereja Katolik Roma Ger...

 

Milton Friedman, penggagas mazhab ekonomi chicago Gedung Universitas Chicago (University Chicago School of Business) yang merupakan awal dari mazhab ekonomi Chicago Mazhab ekonomi Chicago (En: Chicago School of Economics) merupakan salah satu mazhab ekonomi terkenal yang berasal dari pemikiran-pemikiran ekonom-ekonom yang menempuh pendidikan di University of Chicago, Chicago, Illinois, Amerika Serikat dan mulai berkembang sejak 1940-an hingga saat ini. Mazhab ini memiliki karakteristik yang m...

Mehdi Lacen Informasi pribadiNama lengkap Medhi Gregory Guiseppe LacenTanggal lahir 15 Mei 1984 (umur 39)Tempat lahir Paris, PrancisTinggi 1,75 m (5 ft 9 in)Posisi bermain Pemain tengahInformasi klubKlub saat ini Racing SantanderNomor 4Karier junior Versailles Stade LavalKarier senior*Tahun Tim Tampil (Gol) 2003–2004 2004–2005 2005–2008 2008– Stade Laval Valence Alavés Racing Santander 4 (0) 35 (0) 86 (0) 67 (3) Tim nasional‡2010–  Aljazair 1 (0) * Penam...

 

Forum du développement des îles du Pacifique InstitutionsForum Président Frank Bainimarama Secrétariat Secrétaire-général Solo Mara Siège 56 Domain Road, Suva, Fidji Organisation États membres 12 États ou territoires membres Langues officielles anglais Divers Site officiel http://pacificidf.org modifier Le Forum du développement des îles du Pacifique (FDIP ; en anglais, Pacific Islands Development Forum ou P.I.D.F.) est une organisation internationale regroupant douze États...

 

Tycho Ottesen BraheLahir(1546-12-14)14 Desember 1546Knutstorp Castle, Scania, Denmark, Denmark–NorwayMeninggal24 Oktober 1601(1601-10-24) (umur 54)Prague, Holy Roman EmpireKebangsaanDenmarkPendidikanPrivatPekerjaanBangsawan, astronomSuami/istriKirsten Barbara JørgensdatterAnak8Orang tuaOtte Brahe and Beate BilleTanda tangan Mauerquadrant (Tycho Brahe 1598) Tycho Brahe (14 Desember 1546 – 24 Oktober 1601) adalah seorang bangsawan Denmark yang terkenal sebagai astronom/...

Chinese government agency for rural development You can help expand this article with text translated from the corresponding article in Chinese. (March 2023) Click [show] for important translation instructions. Machine translation, like DeepL or Google Translate, is a useful starting point for translations, but translators must revise errors as necessary and confirm that the translation is accurate, rather than simply copy-pasting machine-translated text into the English Wikipedia. Do no...

 

Questa voce sull'argomento stagioni delle società calcistiche italiane è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Voce principale: Società Sportiva Pro Lissone. Società Ginnastica Pro LissoneStagione 1919-1920Sport calcio Squadra Pro Lissone Allenatore Alessandro Corino Promozione3ª nel girone B della Promozione Lombarda.. 1914-1915 1920-1921 Si invita a seguire il modello di voce Questa ...

 

Not to be confused with cytosine, cysteine, cytisine, or cytidine. Cystine Identifiers CAS Number 56-89-3 Y 3D model (JSmol) Interactive image ChEBI CHEBI:35492 Y ChEMBL ChEMBL366563 Y ChemSpider 575 Y ECHA InfoCard 100.000.270 IUPHAR/BPS 5413 KEGG C01420 Y PubChem CID 67678 UNII 48TCX9A1VT Y CompTox Dashboard (EPA) DTXSID2046418 InChI InChI=1S/C6H12N2O4S2/c7-3(5(9)10)1-13-14-2-4(8)6(11)12/h3-4H,1-2,7-8H2,(H,9,10)(H,11,12) YKey: LEVWYRKDKASIDU-UHFFFAOYS...

City in Wisconsin City in Wisconsin, United States of AmericaNew Berlin, WisconsinCity FlagLocation of New Berlin in Waukesha County, Wisconsin.Coordinates: 42°58′45″N 88°6′33″W / 42.97917°N 88.10917°W / 42.97917; -88.10917CountryUnited States of AmericaState WisconsinCountyWaukeshaFoundedJanuary 13, 1840Incorporated1959Government • MayorDavid AmentArea[1] • Total36.88 sq mi (95.51 km2) • Land3...

 

I'm Aveshali Saiyed From Quwwate Islam official For other places with similar names, see Pamenar Mosque. Pamenar Mosque, MehdishahrReligionAffiliationIslamProvinceSemnan ProvinceLocationLocationMehdishahr, IranArchitectureTypeMosqueCompletedSasanian Empire The Pamenar Mosque, Mehdishahr dates from the Sasanian Empire (Initial building) and is located in Mehdishahr.[1][2] References ^ Encyclopaedia of the Iranian Architectural History. Cultural Heritage, Handicrafts and Tourism...

 

2020年夏季奥林匹克运动会波兰代表團波兰国旗IOC編碼POLNOC波蘭奧林匹克委員會網站olimpijski.pl(英文)(波兰文)2020年夏季奥林匹克运动会(東京)2021年7月23日至8月8日(受2019冠状病毒病疫情影响推迟,但仍保留原定名称)運動員206參賽項目24个大项旗手开幕式:帕维尔·科热尼奥夫斯基(游泳)和马娅·沃什乔夫斯卡(自行车)[1]闭幕式:卡罗利娜·纳亚(皮划艇)&#...

كيخسرومعلومات عامةظهر في الشاهنامه جزء من أساطير فارسية معلومات عن البيئةالجنس ذكر الأب سياوش الأم فرنجيس تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات منمنمة فارسية تصور معركة بين جيش إيران بقيادة كيخسرو وجيش طوران بقيادة افراسياب كيخسرو بن سياوش بن كيكاوس بن كيقباد؛ هو ثالث ا�...

 

Album by Deep Purple and the Royal Philharmonic Orchestra Concerto for Group and OrchestraLive album by Deep Purple & The Royal Philharmonic OrchestraReleasedDecember 1969 (US)January 1970 (UK)Recorded24 September 1969VenueRoyal Albert Hall (London)GenreClassical crossoverprogressive rockLength59:26LabelTetragrammaton (US)Harvest (UK)Polydor (Canada)ProducerDeep PurpleDeep Purple chronology Deep Purple(1969) Concerto for Group and Orchestra(1969) Deep Purple in Rock(1970) Concerto for...

 

Container for liquids or compressed gas This article is about fluid containment vessels. For other uses, see Tank (disambiguation). This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Storage tank – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2018) (Learn how and when to remove this message) Cylindrica...

Provincial capital of Quebec, Canada City in Quebec, CanadaQuébecCityVille de Québec (French)Old QuebecTerrasse DufferinQuebec Parliament BuildingPlace RoyalePierre Laporte BridgeSéminaire QuébecChateau Frontenac FlagCoat of armsLogoNicknames: La Vieille Capitale[1]Motto(s): Don de Dieu feray valoir(I shall put God's gift to good use; the Don de Dieu was Champlain's ship)Quebec City mapQuébecLocation in QuebecShow map of QuebecQuébecLocation in CanadaShow map of C...

 

1940 United States Senate election in New Jersey ← 1938 (special) November 5, 1940 1944 (special) →   Nominee William Warren Barbour James H. R. Cromwell Party Republican Democratic Popular vote 1,029,331 823,893 Percentage 55.11% 44.11% County resultsBarbour:      50–60%      60–70% Cromwell:      50–60% Senator before election W. Warren Barbour Republican Elected Senator W. Warr...

 

Further information: Bra, History of bras, and Bra size This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: List of bra designs – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (October 2021) (Learn how and when to remove this message) Full-cup braPlungeBalconette There are a great many brassiere designs that are ...

Anneville-sur-Sciecomune Anneville-sur-Scie – Veduta LocalizzazioneStato Francia Regione Normandia Dipartimento Senna Marittima ArrondissementDieppe CantoneLuneray TerritorioCoordinate49°50′N 1°05′E49°50′N, 1°05′E (Anneville-sur-Scie) Superficie5,41 km² Abitanti485[1] (2009) Densità89,65 ab./km² Altre informazioniCod. postale76590 Fuso orarioUTC+1 Codice INSEE76019 CartografiaAnneville-sur-Scie Modifica dati su Wikidata · Manuale Anneville-su...

 

Situations involving imperfect or unknown information Not to be confused with Uncertainty (film). Situations often arise wherein a decision must be made when the results of each possible choice are uncertain. Part of a series onEpistemology Outline Category Index Schools Coherentism Contextualism Dogmatism Empiricism Fallibilism Fideism Foundationalism Infallibilism Infinitism Naturalism Perspectivism Pragmatism Rationalism Relativism Skepticism Solipsism Structuralism Concepts Action Analyti...