Die geslag De' Medici (of Dei Medici) was 'n magtige en invloedryke familie wat in Florence as grondlegger van die internasionale bankwese gedurende die 15de eeu op die gebied van kuns 'n toonaangewende rol gespeel het.
Die lede van die familie De' Medici het invloed op die kuns en die argitektuur, veral in Florence, gehad. Hulle het onder andere die Palazzo Pitti met die Boboli-tuine beset. Hulle het ook die museum in die Uffizi gestig.
Die De' Medici het geweet hulle kon steeds meer politieke mag verwerf nadat hulle ryk geword het as wolhandelaars en as bankiers. Die familie De' Medici het drie pouse, Leo X, Clemens VII en Leo XI, meer as vyftig kardinale en twee koninginne van Frankryk, Catharina en Maria, voortgebring. Deur die finansiering van veldtogte het die koning van Frankryk in die skuld geraak en is hy gedwing om tot 'n huwelik toestemming te gee. Sy skoondogter Maria de' Medici het 600 000 goudgulde as bruidskat meegebring. Aan die einde van die 17de eeu het die mag van die De' Medici afgeneem. In 1737 het die laaste De' Medici met politieke mag, Gian Gastone, gesterf. Daar is nog 'n newelyn wat produkte onder die naam Lorenzo De' Medici op die mark bring. In totaal lewe daar nog 25 persone met die naam De' Medici. Die gerug dat die familie volledig uitgesterf het, is dus onwaar.
In die 18de eeu het komponis Ruggiero Leoncavallo 'n driedelige opera oor die geskiedenis van De' Medici geskryf.
Bekende lede
Giovanni di Bicci (1360 - 1429), vanweë sy goeie betrekkinge met die pous het hy binne enkele jare alle andere banke in Florence oorvleuel.
Cosimo de' Medici die Ouere (die Ouere, 1389 - 1464), seun van Giovanni di Bicci het talryke bankiershuise in en buite Italië gestig.
Piero de' Medici (die Jigtige, 1416 - 1469), seun van Cosimo die Ouere.
Piero de' Medici (die Onfortuinlike, 1471 - 1503), seun van Lorenzo. Sy vrou was van mening dat bankwese 'n onwaardige besigheid is.
Giovanni de' Medici (1475 - 1521), het pous Leo X (1513 – 1521) geword, uitermate kunsliewend; hy het die insigte van Martin Luther as dié van 'n Duitse drinkbroer bestempel. Die gevolge van sy beslissing om hom te verban, het hy nie meegemaak nie, want hy het in die jaar daarop gesterf.
Maria de' Medici (1573 - 1642), koningin en regentes van Frankryk. Sy het 'n komplot teen haar seun gesmee, wat haar daarna uit die land gesit het. Haar besoek in 1638 aan Amsterdam word as 'n internasionale erkenning van die Nederlandse Republiek gesien.
Cosimo III de' Medici is bekend omdat hy in 1667/1668 en in 1669 op besoek was aan die Republiek en sy aankope, o.a. 'n Rembrandt, in 'n dagboek opgeteken het.
Familiegraf
De Medici lê in die Capelle Medicee van die Basilica San Lorenzo in Florence begrawe. Daar vind 'n ondersoek plaas na die leefgewoontes, siektes en doodsoorsake van De Medici. In twee jaar tyd sal in totaal 49 grafte van Medici-telge in die 300 jaar oue familiegraf geopen word. Op 7 Julie 2004 is 'n geheime kript ontdek met die stoflike reste van nege mense, waaronder die lyk van groothertog Gian Gastone de' Medici (1671 - 1737), wat verward en vervuild aan sy einde gekom het.