Giovanni di Bicci

Giovanni de' Medici
Portret deur Cristofano dell'Altissimo
Gebore1360
Florence, Republiek van Florence
Sterf20 Februarie 1429 (op ouderdom 69)
Florence, Republiek van Florence
EggenootPiccarda Bueri

Giovanni di Bicci de' Medici (gebore omstreeks 1360 - 20 Februarie 1429) was 'n Italiaanse bankier en stigter van die Medici Bank. Terwyl ander lede van die Medici-familie, soos byvoorbeeld Chiarissimo di Giambuono de' Medici wat in 1201 in die Signoria van Florence gedien het, en Salvestro de' Medici, wat betrokke was in die Ciompi-opstand van 1378, van historiese belang is, was dit egter Giovanni se oprigting van die familiebank wat werklik die katalisator was vir die familie se opgang in Florence.[1] Hy was die vader van Cosimo de' Medici en Lorenzo die Ouere; die oupa van Piero di Cosimo de' Medici en die oupagrootjie van Lorenzo de' Medici ("die Manjifieke").[2]

Biografie

Giovanni di Bicci de' Medici is gebore in Florence, Italië. Hy was die seun van Averardo de 'Medici en Jacopa Spini. [2] Sy vader, Averardo, het in 1363 met 'n aansienlike hoeveelheid rykdom gesterf. Hierdie erfenis is onder Giovanni en sy vier broers verdeel, wat Giovanni met baie min gelaat het. Sy oom, Vieri de 'Medici, was steeds 'n prominente bankier in Florence. Vieri het Giovanni gehelp om sy loopbaan in die Florentynse bankstelsel te begin. De 'Medici het hom opgewerk en uiteindelik 'n junior vennoot van die tak in Rome geword. Vieri de 'Medici het in 1393 afgetree en die bank in die hande van Giovanni gelaat. [2] Van dié oomblik af het die Medici-bank vinnig gegroei. Dié groei het daartoe gelei dat die Medici Bank uiteindelik die rekeninge van die Katolieke Kerk hanteer het. Die Medici-familiebank, wat De 'Medici in 1397 gestig het, het sy hoof kommersiële belang geword. Die Medici-bank onder Giovanni het takke in die Noord-Italiaanse stadstate en daarbuite gehad en was 'n voorloper van die "multi-nasionale" maatskappye van vandag.

Giovanni het twee wolfabrieke in Florence besit en was 'n lid van twee gildes: die Arte della Lana, en die Arte del Cambio. [3] In 1402 het hy gedien as een van die beoordelaars op die paneel wat Lorenzo Ghiberti se ontwerp gekies het vir die bronsstukke op die deure van die Doopvont van Florence. [4] Giovanni het ook die bou van die sakristie in San Lorenzo, Florence in 1418 befonds. Hy het vir Brunelleschi as argitek en vir Donatello as beeldhouer gekies. Hierdie is maar enkele van die vele bydraes wat Giovanni tot die kunswêreld gelewer het.

In 1414 het Giovanni 'n weddenskap geplaas op die permanente terugkeer van die pous na Rome na 'n lang tydperk van ballingskap en skeuring. Hy was in die kol; die pousdom is in 1417 permanent onder een pous in Rome hervestig na die beraadslagings van die Raad van Konstanz. Giovanni is beloon vir sy ondersteuning; Pous Martinus V het Giovanni se hoofbestuurder beheer oor die Apostoliese kamer gegee. [5] Daaropvolgende pouse het ook gebruik gemaak van die dienste van die Medici-banke, en boonop kon Giovanni die regte tot verskeie Aluinmyne by die pous verkry. Sodoende sou sy familie een van die rykste dinastieë in Europa word, en 'n noodsaaklike stap maak op die weg na die latere kulturele en politieke prominensie wat 'n kenmerk van die familie was. Een manier waarop hy die grondslag hiervoor gelê het, was deur met Piccarda Bueri te trou, wie se ou en gesiene familie 'n aansienlike bruidskat gebring het. [6]

In 1418 het de Medici saam met Niccolò da Uzzano, een van Florence se vernaamste adellikes, gewerk aan die vrylating van die afgesette Antipous Johannes XXIII wat in Duitsland gevange gehou is. De Medici het self die losprys van 38.000 dukate betaal en toe die voormalige pous die jaar daarna in Florence oorlede is, het de Medici die bou van sy graf in die doopvont geborg. [7]

Ondanks sy groeiende rykdom was Giovanni begerig dat die Medici-gesin nie van die ander burgers in Florence geskei word nie. Hy het dit gedoen deur byvoorbeeld toe te sien dat hy en sy seuns soos die gemiddelde burgers van Florence uit die werkersklas aantrek en optree. Hierdie optrede was deels te wyte aan sy begeerte om nie onnodige aandag op homself en sy gesin te vestig nie, en om te verseker dat die Medici, anders as ander welgestelde families, in die guns van die bevolking bly. Hy het gehoop om 'n positiewe reputasie rondom sy familie op te bou deur die inwoners van Florence gelukkig te hou. Hierdie ingesteldheid kan in sy skrywes waargeneem word: "Streef daarna om die volk tevrede te hou .... Moenie in struwelinge met die reg betrokke raak nie, want wie inbreuk maak op die wet, sal deur die wet tot niet gemaak word. Moenie die aandag van die publiek op jou vestig nie, en bly vry van gebreke."

Borsbeeld van Giovanni di Bicci de' Medici deur Romeo Pazzini (1855-1936); Museo della città di Rimini

Fiksionele uitbeeldings

Giovanni de' Medici word deur Dustin Hoffman gespeel in die 2016 televisiereeks, Medici: Masters of Florence.[8]

Verwysings

  1. Grendler et al. S. v. "Medici, House of."
  2. 2,0 2,1 2,2 Hale, J.R. (1977). Florence and the Medici. New York, New York: Thames and Hudson Inc. pp. 9-20. ISBN 0-500-27301-4.
  3. Hibbert, 33.
  4. Parks, 8.
  5. Grendler et al. S. v. "Medici, Cosimo de.'"
  6. Pernis & Adams 2006, p. 8.
  7. G.F. Young (1930). The Medici. Modern Library. p. 32–33.
  8. "Medici: Masters of Florence". Internet Movie Database. Besoek op 24 Desember 2016.

Bronne

Eksterne skakels

Read other articles:

2012 United States House of Representatives elections in Massachusetts ← 2010 November 6, 2012 2014 → All 9 Massachusetts seats in the United States House of Representatives   Majority party Minority party   Party Democratic Republican Last election 10 0 Seats won 9 0 Seat change 1 Popular vote 1,544,103 693,624 Percentage 66.04% 29.67% Swing 8.56% 9.18% Democratic   40–50%   50–60%   60–70%   7...

 

Kelly RutherfordKelly RutherfordLahirKelly Deane Melissa RutherfordTahun aktif1998-sekarangSuami/istriCarlos Tarajano (2001-2002)Daniel Giersch (2006-2008) Kelly Deane Melissa Rutherford (lahir 6 November 1968) adalah aktris asal Amerika Serikat. Ia berperan sebagai Lily van der Woodsen dalam serial televisi Gossip Girl. Ia juga berperan sebagai Megan Lewis dalam serial televisi Melrose Place. Wikimedia Commons memiliki media mengenai Kelly Rutherford. Pengawasan otoritas Umum Integrate...

 

U.S. Space Force range squadron 25th Space Range SquadronSquadron EmblemActive1917–1919; 1921–1946; 1952–1964; 1988–1995; 2004–presentCountry United StatesBranch United States Space ForceRoleElectromagnetic Range OperationsSizeSquadronPart ofSpace Delta 11Garrison/HQSchriever Space Force Base, ColoradoNickname(s)Executioners[1]Motto(s)Give 'em the axe!EquipmentSpace Test and Training RangeEngagements World War I World War II – Antisubmarine World War II – ...

Arabic painting made for the Norman kings (c. 1150) in the Palazzo dei Normanni, originally the emir's palace at Palermo Part of a series on the History of Italy Early Prehistoric Italy Nuragic civilization (18th–3rd c. BC) Etruscan civilization (12th–6th c. BC) Magna Graecia (8th–3rd c. BC) Ancient Rome Kingdom (753 BC–509 BC) Republic (509 BC–27 BC) Roman expansion in Italy Roman Italy Populares and Optimates Empire (27 BC–286 AD) Western Empire (2...

 

1968 Swedish riots and demonstrations against Rhodesian participation in the Davis Cup This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Båstad riots – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2012) (Learn how and when to remove this message) You can help expand this article with text translated fr...

 

Music genre Psychedelic folkOther names Acid folk Stylistic origins Folk psychedelia Cultural originsMid-1960s, United StatesDerivative forms New Weird America Subgenres Freak folk[1] Other topics Anti-folk indie folk list of artists neo-psychedelia psychedelic pop psychedelic rock psychedelic soul Part of a series onPsychedelia Arts Psychedelic art Algorithmic art Cyberdelic Diffraction Fractal art Liquid light show LSD art Paisley Phosphene Psychedelic music Acid house Acid jazz Aci...

Highest-ranking official in Tyumen Oblast, Russia Governor of Tyumen OblastCoat of arms of Tyumen OblastIncumbentAleksandr Moorsince 14 September 2018SeatTyumenTerm length5 yearsInaugural holderYuri ShafranikFormation1991Websitegubernator.admtyumen.ru The governor of Tyumen Oblast (Russian: Губернатор Тюменской области) is the highest official of Tyumen Oblast, a federal subject of Russia. History of office From 1991 to 1993 the head of the regional administrati...

 

This article relies excessively on references to primary sources. Please improve this article by adding secondary or tertiary sources. Find sources: Joint Organisations Data Initiative – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (November 2018) (Learn how and when to remove this message) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challen...

 

Township in Pennsylvania, United StatesTredyffrin TownshipTownshipAnthony Wayne statue at Valley ForgeLocation in Chester County and the state of Pennsylvania.Location of Pennsylvania in the United StatesCoordinates: 40°03′48″N 75°22′14″W / 40.06333°N 75.37056°W / 40.06333; -75.37056CountryUnited StatesStatePennsylvaniaCountyChesterFounded1707Area[1] • Total19.85 sq mi (51.41 km2) • Land19.77 sq mi (...

Este artículo trata sobre la moneda metálica. Para la moneda como unidad de cuenta, véase moneda (divisa). Conjunto de monedas de Estados Unidos esparcidas sobre una superficie plana, incluyendo piezas de veinticinco centavos, diez centavos, cinco centavos, y un centavo. Moneda suiza de diez centavos de 1879, similar a las monedas más modernas que aún se usan oficialmente en la actualidad. La moneda es una pieza de un material resistente, de peso y composición uniforme, normalmente de m...

 

Korfball (sport de démonstration au JO de 1928 à Amsterdam) Un sport de démonstration est un sport qui est pratiqué dans une compétition multisports sans que ses résultats comptent dans le classement officiel. Aux Jeux olympiques de Paris de 1900 certains sports ne sont pas considérés officiels, mais l'absence de comité olympique organisateur rend floue la limite entre sports officiels et non officiels en raison des activités sportives organisées pour l'Exposition universelle de 19...

 

American politician Allen T. CapertonUnited States Senatorfrom West VirginiaIn officeMarch 4, 1875 – July 26, 1876Preceded byArthur BoremanSucceeded bySamuel PriceConfederate States Senatorfrom VirginiaIn officeJanuary 22, 1864 – May 10, 1865Preceded byWilliam B. PrestonSucceeded byConstituency abolishedMember of the Virginia House of Delegates from Monroe CountyIn officeDecember 7, 1857 – December 2, 1861Preceded byAlexander ClarkeSucceeded byWilson LivelyIn ...

2014 Philippine military offensive Battle of Basilan (2014)Part of the Moro conflictview of Basilan (red) within larger PhilippinesDateApril 11–30, 2014LocationBasilan, Southern PhilippinesResult Philippine victory Operation deemed a success in driving Jihadist presence from Basilan Mission objective failed in capturing Abu Sayyaf commandersBelligerents  Philippines Armed Forces of the Philippines Moro National Liberation Front Abu Sayyaf Rogue MNLF fighters Jemaah IslamiyahCommanders ...

 

American singer (1913–2007) For the Canadian wrestler, see Frankie Laine (wrestler). Frankie LaineLaine in 1954Background informationBirth nameFrancesco Paolo LoVecchioBorn(1913-03-30)March 30, 1913Chicago, Illinois, U.S.DiedFebruary 6, 2007(2007-02-06) (aged 93)San Diego, California, U.S.GenresTraditional popjazzR&Beasy listeningcountrygospelOccupation(s)Singer, songwriterDiscographyFrankie Laine discographyYears active1932–2007LabelsMercuryPhilipsColumbiaCapitolABCAmosScoreWebs...

 

José Antúnez de Mayolo Comisionado de la Comisión de la Verdad y Reconciliación 2001-2003Presidente Valentín PaniaguaAlejandro Toledo Información personalNacionalidad PeruanaEducaciónEducado en Universidad Particular SalesianaInformación profesionalOcupación SacerdoteOrden religiosa Salesianos de Don Bosco [editar datos en Wikidata]José Antúnez de Mayolo es un sacerdote peruano que fue comisionado de la Comisión de la Verdad y Reconciliación por designación del preside...

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (نوفمبر 2015) جائزة أستراليا الكبرى 1983 (بالإنجليزية: XLVIII Australian Grand Prix)‏  البلد أستراليا  التاريخ 13 نوفمبر 1983 مكان التنظيم ملبورن، فيكتوريا طول المسار 1.609 كيلومتر (1.000 ...

 

В Википедии есть статьи о других людях с такой фамилией, см. Арбузов. Антон Петрович Арбузов Дата рождения 1797 или 1798 Дата смерти январь 1843 Место смерти Назарово, Ачинский округ, Енисейская губерния, Российская империя Род деятельности декабристы Принадлежность  Рос�...

 

Commuter rail line in New Jersey Gladstone BranchGladstone Branch train at Far Hills en route to Summit.OverviewOwnerNew Jersey Transit(except from Kearny Connection to New York Penn)Amtrak(Kearny to Penn)LocaleNorth JerseyTerminiHoboken NY Penn Station (two rush hour trips)GladstoneStations24ServiceTypeCommuter railSystemNew Jersey Transit Rail OperationsOperator(s)New Jersey TransitRolling stockALP-46 and ALP-45DP locomotives, MultiLevel coaches, Comet coaches, Arrow III multiple unitsTechn...

75ReReniumBatang kristal dan kubus renium 1 cm3 Garis spektrum reniumSifat umumPengucapan/rènium/[1] Penampilankeabu-abuan keperakanRenium dalam tabel periodik 75Re Hidrogen Helium Lithium Berilium Boron Karbon Nitrogen Oksigen Fluor Neon Natrium Magnesium Aluminium Silikon Fosfor Sulfur Clor Argon Potasium Kalsium Skandium Titanium Vanadium Chromium Mangan Besi Cobalt Nikel Tembaga Seng Gallium Germanium Arsen Selen Bromin Kripton Rubidium Strontium Yttrium Zirconium Niobium Mo...

 

ليونيد هورفيتش   معلومات شخصية الميلاد 21 أغسطس 1917 [1]  موسكو  الوفاة 24 يونيو 2008 (90 سنة) [2][1]  مينيابوليس  سبب الوفاة قصور كلوي  مواطنة الولايات المتحدة بولندا  عضو في الأكاديمية الوطنية للعلوم[3]،  والأكاديمية الأمريكية للفنون والعلوم،  ...