'n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om 'n siklus van fases te voltooi. Die kalender- of burgerlike maand het vir praktiese redes 'n heelgetal aantal dae. Daarom kan die maande nie almal eweveel dae hê nie.
Met die Gregoriaanse kalender, en ander kalendersisteme wat op die sonjaar gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat daar 12 maande in een jaar pas. Met sisteme wat op die maan gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat dit sover moontlik met die sinodiese maand ooreenkom.
Maande in die Westerse jaar
Die Westerse jaar bestaan uit die volgende maande:
By die aanduiding van 'n tydsduur kan dit verwarrend wees omdat die lengte van 'n maand kan wissel van 28 tot 31 dae. 'n Stelling soos "2 maande en 20 dae" is darem onakkuraat in terme van aantal dae, tensy dit duidelik is op watter datum dié periode eindig. Bowendien kan "2 maande en 20 dae" plus "3 maande en 15 dae" byvoorbeeld "6 maande en 5 dae" wees, maar ook "6 maande en 4 dae". Selfs by 'n gegewe begindatum kan die uitkoms ook anders wees by verwisseling van die twee terme ("3 maande en 15 dae" plus "2 maande en 20 dae").
Verwysings
↑By 'n hoe uitsondering het self 'n 30 Februarie voorgekom