Die M.T. Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie is ’n prys wat toegeken word aan ’n kandidaat vir skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van ’n vertakking(s) van die natuurwetenskappe of die tegnologie. Dit moet as ’n wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die natuurwetenskap of die tegnologie beskou word, en moet suksesvol toegepas word in landsbelang. Die prys word beskou as die kroon op ’n lewenstaak en kan daarom slegs een maal aan ’n persoon toegeken word. Die prys is in 1964 goedgekeur om naas die Havengaprys ’n toekenning in die natuurwetenskappe te bied en sedert 1977 word dit jaarliks toegeken. Dit is een van die belangrikste eerbewyse van die Akademie vir leierskap op die hoogste vlak op die gebiede van die natuurwetenskap en die tegniek. Die prys word geborg deur Sanlam.
Die prys is vernoem na die oud-president M.T. Steyn van die Oranje-Vrystaat en eerste voorsitter van die Akademie.
Lys van wenners
Bron
Verwerk vanaf akademie.co.za Geargiveer 19 Oktober 2014 op Wayback Machine.
Verwysings
|
---|
Akademiepryse | |
---|
Akademiemedaljes | |
---|
Erepennings |
Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorspele en Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorbeelde ·
Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas en Erepenning vir Afrikaanse Dokumentêre Televisieprogramme ·
Erepenning van die Akademie ·
Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering ·
Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie
|
---|
Ander | |
---|