Louis Paul Boon |
---|
Louis Paul Boon (1967) |
Gebore | Lodewijk Paul Aalbrecht Boon (1912-03-15)15 Maart 1912
|
---|
Sterf | 10 Mei 1979 (op 67)
Erembodegem, België |
---|
Beroep | Skrywer, digter, skilder |
---|
Bekend vir | Menuet (1955) Pieter Daens (1971) |
---|
Louis Paul Boon (15 Maart 1912, Aalst, Oos-Vlaandere - 10 Mei 1979, Erembodegem) was 'n Belgiese skrywer van romans, poësie, rubrieke en kunskritiek. Hy was ook 'n skilder. Hy is veral bekend vir die romans Mijn kleine oorlog (1947), die tweeluik De Kapellekensbaan (1953) / Zomer te Ter-Muren (1956), Menuet (1955) en Pieter Daens (1971).
Biografie
Hy is in 1912 gebore as Lodewijk Paul Aalbrecht Boon in Aalst, België as die oudste seun uit 'n werkersklasgesin. Alhoewel hy nog baie jonk was tydens die Eerste Wêreldoorlog, sou herinneringe aan 'n Duitse soldaat wat 'n gevangene geskiet het in latere outobiografiese werk kop uitsteek. Boon het op 16-jarige ouderdom die skool verlaat om by sy vader as motorverwer te werk [1]. Hy is uit die skool geskors weens die besit van verbode boeke. Saans en naweke het hy kuns studeer aan die Akademie vir Beeldende Kunste, maar hy moes spoedig sy studie laat vaar weens 'n gebrek aan fondse. In 1936 trou hy met Jeanneke De Wolf. Drie jaar later is hul seun Jo gebore.
Tweede Wêreldoorlog
In September 1939 word Boon opgeroep en as soldaat in Gooik en Tessenderlo gestasioneer. Boon is met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in Mei 1940 na Veldwezelt verskuif om die Albertkanaal te verdedig. Hy is egter op die eerste dag as krygsgevangene gevang en uiteindelik huis toe gestuur na 'n paar weke in 'n gevangenekamp. Sy ervarings tydens die oorlog en veral die besetting is die onderwerp van Boon se vierde boek, Mijn kleine oorlog (1947).
Na die skryf van 'n ongepubliseerde roman het Boons se amptelike debuut in 1942 plaasgevind met De voorstad groeit. Op aanbeveling van Willem Elsschot ontvang hy daarvoor die Leo J. Krynprijs. Sy volgende roman getiteld Abel Gholarts is losweg gebaseer op die lewe van Vincent van Gogh.
Ná die Tweede Wêreldoorlog
Boon het as joernalis begin werk vir die kommunistiese dagblad De Rode Vaan (1945–1946), Front (1946–1947) en De Vlaamse Gids (1948). Later het hy bygedra tot die koerant Vooruit waarmee hy hom as vryskut joernalis gevestig het. In die daaropvolgende jare het Boon voortgegaan om koerant- en literêre werk te kombineer, en selfs skilderye en beeldhouwerk by sy aktiwiteite gevoeg. Sy literêre produksie sluit prosa, langer eksperimentele romans, tydskrifte, dokumentêre, historiese romans, poësie, erotiese werke en sprokies in.
Boon is in 1979 op 67-jarige ouderdom in sy huis in Erembodegem oorlede.
Mijn kleine oorlog
Sy ervarings tydens die Tweede Wêreldoorlog en die besetting is die onderwerp van Boon se vierde boek, Mijn kleine oorlog (1947). Met hierdie titel het Boon vir die eerste keer na vore getree as 'n belangrike innoveerder van die roman. In plaas van een verhaal, bevat Mijn kleine oorlog meer as dertig hoofstukke wat losweg met mekaar verband hou en wat elk 'n verhaal bevat wat as 'n onafhanklike stuk gelees kan word. Die meeste verhale beskryf die uitdagende lewensomstandighede tydens die besetting, soos bv. om kos en brandstof te kry om die huis mee te verwarm. Sommige handel weer oor verslegtende seksuele sedes, ander behandel weer meer direkte oorlogservarings soos bomaanvalle. Alhoewel die oorkoepelende struktuur goed verborge is, sorg dit ook vir 'n samehangende geheel. Die verhale word afgewissel met talle fragmente oor voorvalle tydens die besetting, soos verkragting, diefstal, verraad en vernedering. Boon het erken dat die werk van John Dos Passos die inspirasie vir hierdie literêre instrument verskaf het. In die boek dui die term 'vyand' geensins Duitsers uitsluitlik aan nie, al vertel een verhaal van die uitwissing van 'n Joodse meisie en 'n ander van die ervarings van 'n kampgevangene. Mense word in die verhale net so waarskynlik, indien nie in groter mate nie, deur hul bure van kos, geld of selfs hul huwelik beroof as deur die Duitsers.
Kapellekensbaan
In 1953 publiseer hy die werk wat nou bekend staan as sy grootste meesterstuk, De Kapellekensbaan. Hy het dit reeds in 1943 begin skryf. Die skitterende konstruksie daarvan kombineer verskeie verhalende drade, waaronder 'n byna postmoderne een waar die skrywer en sy vriende bespreek hoe die verhaal verder moet ontwikkel. 'n Ander verhaal is 'n uitgebreide bewerking van die mees klassieke Middeleeuse werk in die Nederlandse taal, die twaalfde-eeuse verhaal van Reinhardt die jakkals.
Werke
Titel |
Jaar van uitgawe |
opmerking(s)[2]
|
De voorstad groeit |
1942 |
Roman
|
Abel Gholaerts |
1944 |
Roman
|
Vergeten straat |
1946 |
Roman
|
Mijn kleine oorlog |
1947 |
Kroniek
|
Boontjes uitleenbibliotheek |
1949 |
Novelle
|
Het geweerschot |
1951 |
Hoorspel
|
Twee spoken |
1952 |
Novelles
|
De Kapellekensbaan |
1953 |
Roman
|
Boontje's reservaat (vyf dele) |
1954 - 1957 |
Tydskrif
|
Menuet |
1955 |
Roman
|
Wapenbroeders |
1955 |
Moderne diereroman - 'n getroue weergawe van die bekende Reinhardt en Isengrimus
|
Niets gaat ten onder |
1956 |
Roman
|
De kleine Eva uit de Kromme Bijlstraat |
1956 |
Verhalende gedigte
|
Zomer te Ter-Muren |
1956 |
Roman - vervolg op De Kapellekensbaan
|
De bende van Jan de Lichte |
1957 |
|
Grimmige sprookjes voor verdorven kinderen |
1957 |
Erotiese sprokies
|
De Paradijsvogel |
1958 |
Roman
|
De liefde van Annie Mols |
1959 |
Roman
|
Vaarwel Krokodil, of de Prijslijst van het Geluk |
1959 |
|
Gustaaf Vermeersch |
1960 |
Monografie
|
De zoon van Jan de Lichte |
1961 |
|
Blauwbaardje in Wonderland en andere grimmige sprookjes voor verdorven kinderen |
1962 |
Sprokies
|
Het nieuwe onkruid |
1964 |
Roman
|
Boontje's reservaat |
1965 |
|
Dorp in Vlaanderen |
1966 |
Koerantstukke
|
Geniaal, maar met korte beentjes |
1967 |
Essays
|
Wat een leven |
1967 |
Koerantstukke
|
Over mijn boeken |
1969 |
Kroniek
|
3 mensen tussen muren |
1969 |
Faksimilee Roman, voorspel tot De voorstad groeit uit 1942
|
De bom |
1969 |
|
90 mensen |
1970 |
Koerantstukke
|
Pieter Daens of hoe in de negentiende eeuw de arbeiders van Aalst vochten tegen armoede en onrecht |
1971 |
Dokumentêre roman
|
Mijn oude schoolmeester |
1972 |
her-uitgegee in 2005
|
Eten op z'n Vlaams |
1972 |
Koerantstukke
|
Mieke Maaike's obscene jeugd |
1972 |
Pornografiese novelle
|
Als het onkruid bloeit |
1972 |
Roman, bewerking van Het nieuwe onkruid
|
Zomerdagdroom |
1973 |
Erotiese novelle
|
De meisjes van Jesses |
1973 |
Roman
|
Blauwbaardje in de ruimte |
1973 |
|
Petit Fleurke |
1974 |
Novelle
|
Davids jonge dagen |
1974 |
Koerantstukke
|
Verscheurd jeugdportret |
1975 |
Kroniek
|
Memoires van de Heer Daegeman |
1975 |
Roman
|
De zwarte hand, of het anarchisme van de negentiende eeuw in het industriestadje Aalst |
1976 |
Historiese roman
|
Het jaar 1901 |
1977 |
Historiese kroniek
|
Het geuzenboek |
1979 |
Historiese roman oor die 16de eeu
|
Eros en de eenzame man |
1980 |
Roman
|
Ook de afbreker bouwt op |
1982 |
|
Proleetje en Fantast |
1982 |
Stripverhaal, saam met Maurice Roggeman
|
Hij was een zwarte en andere reportages |
1986 |
|
Zondagsleven van Pomponneke |
1988 |
|
Vertraagde Film |
1988 |
|
Vertellingen van Jo |
1989 |
|
Brieven aan Morris |
1989 |
|
Brieven aan literaire vrienden |
1989 |
|
Boons scenario's |
1989 |
|
Niets dan wat oorlog |
1989 |
|
L.P. Boon radio actief |
1991 |
|
Eens op een mooie avond |
1992 |
Erotiese novelle
|
Soldatenbrieven |
1993 |
|
Het Literair en Kunstkritisch Werk I. De Rode Vaan |
1994 |
|
Het Literair en Kunstkritisch werk II. Front |
1994 |
|
Het Literair en Kunstkritisch Werk III. De Vlaamse Gids |
1995 |
|
Boontjes moppenencyclopedie |
1995 |
|
Het Literair en Kunstkritisch Werk IV. Vooruit (drie dele) |
1997 |
|
Het boek Jezebel |
1999 |
|
Brussel, een oerwoud |
1999 |
|
De Zon |
2001 |
|
Wanneer van u nog eens een minne-briefje? De brieven van Boon aan Richard Minne |
2003 |
|
Fenomenale Feminateek |
2004 |
|
Eenzaam spelen met Pompon |
2005 |
|
Sien ook
Verwysings
- ↑ "Boon, Louis Paul". www.dbnl.org. Besoek op 12 April 2019.
- ↑ Frans-Jos Verdoodt, Boon, Bibliografie, Brugge, 1984.
Eksterne skakels