Longueuil is 'n stad in die suidweste van die Franstalige Kanadese provinsie Quebec met 231 409 inwoners (2011). Die stad met 'n oppervlakte van 115,59 vierkante kilometer lê aan die suidoewer van die Sint-Laurensrivier, teenoor Montreal, en is die derde grootste in Quebec en die elfde grootste in Kanada.
Geskiedenis
Die naam van die stad is afgelei van 'n Franse dorp naby die Normandiese stad Dieppe - die geboortedorp van Charles Le Moyne (1626-1685), seigneur van Longueuil. Die spelling van die naam is eintlik foutief, aangesien die Franse dorp as Longeuil bekend staan.
Longueuil het sedert die jaar 1920 stadstatus. In 1961 smelt Longueuil met die stad Montréal-Sud en in 1969 met Jacques-Cartier saam.
Eksterne skakels