In wiskunde, is die Lemniskaat van Bernoulli 'n agtvormige algebraïese kromme wat deur die Cartesiesevergelyking met die onderstaande vrom beskryf word:
'n Grafiek van die vergelyking lewer 'n kromme soortgelyk aan die simbool. The simbool self word soms 'n lemniskaat genoem. Die simbool se Unicode voorstelling is ∞ (∞).
Die lemniskaat is vir die eerstekeer in 1694 deur Jakob Bernoulli as 'n aanpassing van 'n ellips beskryf. 'n Ellips is die lokus van punte waarvan die som van die afstande na elk van twee vatse brandpunte 'n konstante is. 'n Lemniskaat is in teenstelling daarmee die lokus van punte waarvan die produk van die twee afstande konstant is. Bernoulli het dit die lemniscus genoem wat Latyn is vir 'hangertjielint'. Bernoulli was onbewus daarvan dat die kromme 'n spesiale geval is van die Cassini ovale wat in 1680 deur Cassini beskryf is.
Die lemniskaat kan verkry word as die inverse transformasie van 'n hiperbool, met die inversie sirkel se middelpunt by die middelpunt van die hiperbool (halfpad tussen die twee brandpunte).