Lalela Mswane

Lalela Mswane
Lalela Mswane - Mej Supranasionaal 2022
Lalela Mswane - Mej Supranasionaal 2022
Gebore 27 Maart 1997 (1997-03-27) (27 jaar oud)
Plek Richardsbaai, KwaZulu-Natal
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaner
Beroep Model
Alma mater Universiteit van Pretoria
Loopbaan
Titel(s) Mejuffrou Suid-Afrika 2021
Mej Supranasionaal 2022
Haarkleur Swart
Oogkleur Bruin
Lengte 1,72 m
Lalela Mswane en Luma Russo arriveer in Indonesië vir Puteri Indonesia 2023

Lalela Mswane (gebore 27 Maart 1997[1]) is 'n Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin wat as Mej Suid-Afrika 2021 gekroon is. As Mej Suid-Afrika het sy Suid-Afrika by Mej Heelal 2021 verteenwoordig. Op 13 Desember 2021 het Mswane aan Mej Heelal 2021 deelgeneem en as die tweede naaswenner geplaas.[2]

Mswane is in 1997 in Richardsbaai in die KwaZulu-Natal provinsie van Suid-Afrika gebore.[1] Haar pa, Muntu Mswane, was 'n Eswatini-gebore voormalige diplomaat en minister wat in 2010 oorlede is, terwyl haar ma Hleliselwe 'n rekeningkundige en tuisteskepper is.[3] Sy is die jongste van drie kinders, met 'n ouer broer en suster. Nadat sy haar skoolopleiding in Pretoria by Pro Arte Alphen Park in 2015 voltooi het, het Mswane by die Universiteit van Pretoria ingeskryf en met 'n Baccalaureusgraad die in Regte gegradueer.[1][4]

Voordat sy Mej Suid-Afrika geword het, het Mswane as 'n professionele model vir die Suid-Afrikaanse modelagentskap Alushi Models gewerk.[5]

Mej Suid-Afrika 2021

Op 6 Julie 2021 is aangekondig dat Mswane een van die 30 dames op die kortlys vir die Mej Suid-Afrika 2021-kompetisie is.[6][7] Ná ’n verdere reeks onderhoude en openbare stemming het sy op 3 Augustus as een van die tien semifinaliste deurgedring na die televisie-eindstryd.[8][9]

Die eindronde van Mej Suid-Afrika 2021 is op 16 Oktober by Grand West Arena in Kaapstad gehou. Nadat sy aan die swemkostuum- en aandrok-gedeeltes van die kompetisie deelgeneem het, het Mswane as lid van die topvyf deurgedring. Sy het later aan die vraag-en-antwoord-rondte deelgeneem, en is as een van die drie finaliste gekies, voordat sy as Mej Suid-Afrika 2021 gekroon is.[10][11][12]

As Mej Suid-Afrika het Mswane 'n verskeidenheid pryse en belonings ontvang, insluitend R1 miljoen kontant, 'n eenjaar verblyf in 'n volledig gemeubileerde woonstel in Sandton, 'n huurkontrak van een jaar vir 'n Mercedes-Benz C-klas, en die geleentheid om Suid-Afrika by Mej Heelal 2021 te verteenwoordig.[13]

Op 14 November 2021 het die regering van Suid-Afrika sy steun aan Mej Suid-Afrika 2021 vir die Mej Heelal 2021 skoonheidskompetisie onttrek, omdat die geleentheid in Israel gehou sou word.[14]

Voorafgegaan deur
Natasha Joubert
Mej. Suid-Afrika
2021
Opgevolg deur
Ndavi Nokeri

Verwysings