Kutloanong is 'n nedersetting in die Vrystaat, Suid-Afrika. Tydens die apartheidera was Kutloanong waar die dorp Odendaalsrus se swartmense gewoon het. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 54 350 gehad.[1]