Die Krokodilrivier is 'n takrivier van die Limpoporivier wat in Roodepoort, Gauteng ontspring en noord vloei tot dit by die Maricorivier aansluit, om die Limpoporivier te vorm. Die opvanggebied van die Krokodil word op 29 572 km2 geskat.[1]
Die rivier vloei steeds noordwes, suid verby Thabazimbi tot waar dit met die Maricorivier saamvloei om die Limpoporivier te word, net wes van 'n gehuggie Rooibokkraal op die grens van Botswana en Suid-Afrika.[2]