Die hoofsyriviere is die Bloukransrivier, die Bakrivier en die Lushingtonrivier. Die Kleinkowierivier is 'n kleiner sytak wat 14 km voor die monding by die strandmeer-gedeelte aansluit. Daar sluit ook 'n hele aantal kleiner, onbenoemde spruite aan by die rivier langs sy roete na die see. Die Kowierivier is deel van die Vis tot Tsitsikamawaterbestuursgebied.[1]