Kennis

Die verpersoonliking van kennis in die antieke Celsus-biblioteek in Efese, nou in Turkye. (125 n.C.)
Vir ’n artikel oor die ensiklopedie, sien Kennis (ensiklopedie).

Kennis is iemand se bewustheid of begrip van iets soos feite, inligting, ervaring of vaardighede wat verkry word deur ondervinding of deur opvoeding danksy waarneming, ontdekking of die leerproses. Kennis kan teoreties wees (’n kennis ter wille daarvan om te weet) of prakties (om voordeel uit die kennis te trek).

In filosofie word die studie van kennis epistemologie genoem; die filosoof Plato het kennis gedefinieer as "geregverdigde ware geloof". Daar bestaan egter baie definisies van kennis en teorieë om dit te verduidelik.

Verskeie soorte kennis bestaan: van selfkennis tot godskennis, van vakkennis tot wetenskaplike kennis, van landskennis tot taalkennis.

Teorieë van kennis

Kennis, Robert Reid (1896).
Die eindelike afbakening van filosofie van wetenskap is moontlik gemaak deur die idee dat die kern van filosofie ’n "teorie van kennis" is, ’n teorie wat afsonderlik van die wetenskap is omdat dit die "grondslag" daarvan is . . . Sonder dié idee van ’n "teorie van kennis" is dit moeilik om te dink wat "filosofie" sou gewees het in die tydperk van moderne wetenskap.
Richard Rorty, Philosophy and the Mirror of Nature

Kennis is die hoofonderwerp van epistemologie, waarin dít bestudeer word wat ons weet, hoe ons dit weet en wat dit beteken om iets te weet.[1]

Die definisie van kennis is ’n onderwerp van voortdurende debat onder epistemoloë. Die klassieke definisie, wat deur Plato beskryf is, maar nie finaal bekragtig is nie, spesifiseer dat ’n stelling aan drie kriteria moet voldoen om as kennis beskou te word: Dit moet geregverdig en waar wees en geglo word. Epistemoloë stem vandag saam dat hierdie voorwaardes nie voldoende is nie, soos verskeie Gettier-gevalle dit vermoedelik demonstreer. ’n Paar alternatiewe definisies is al voorgestel; Richard Kirkham meen ons definisie van kennis vereis dat die bewys vir die geloof die waarheid daarvan noodsaak.[2]

In teenstelling met dié benadering meen Ludwig Wittgenstein dat ’n mens kan sê "Hy glo dit, maar dit is nie waar nie", maar nie "Hy weet dit, maar dit is nie waar nie."[3] Hy sê verder dit stem nie ooreen met ’n spesifieke geestesgesteldheid nie, maar eerder met spesifieke maniere om oor oortuiging te praat. Wat hier verskil, is nie die geestesgesteldheid van die spreker nie, maar die aktiwiteit waarin dit bespreek word. Om byvoorbeeld te "weet" die water in die ketel kook, dui nie op ’n spesifieke geestesgesteldheid nie, maar daarop om ’n sekere taak uit te voer met die stelling dat die water kook. Wittgenstein het probeer om die probleem met die definisie se systap deur te kyk na die manier waarop "kennis" in natuurlike tale gebruik word. Hy het kennis beskou as deel van ’n groep dinge wat met mekaar verband hou (Engels: family resemblance; Duits: Familienähnlichkeit). Hiervolgens kan kennis nie deur enige definisie vasgepen word nie.[4]

Selfkennis

“Selfkennis” verwys gewoonlik na ’n persoon se kennis van sy eie sensasies, gedagtes, dit wat hy glo, ens.[5] ’n Paar kwessies oor selfkennis was al die onderwerp van uitgebreide debatte in filosofie, onder meer of selfkennis van ander soorte kennis verskil, of ons bevoorregte selfkennis het in vergelyking met kennis van ander se gedagtes, en die aard van ons kennis oor onsself.[5]

Die Skotse filosoof David Hume het juis sy skeptisisme uitgespreek oor of ons ooit selfkennis kan hê buiten ons onmiddellike bewustheid van ’n "klomp waarnemings", en dit was deel van sy groter skeptisisme oor persoonlike identiteit.[5]

Die waarde van kennis

Los portadores de la antorcha (Die Fakkeldraers) – ’n beeldhouwerk deur Anna Hyatt Huntington wat die oordrag van kennis van een generasie aan ’n ander voorstel (Ciudad Universitaria, Madrid, Spanje).

Daar word algemeen aanvaar dat kennis waardevoller as opregte geloof is. ’n Formulering van die waardeprobleem in epistemologie is eerste geopper in Plato se Sokratiese dialoog Meno. Sokrates wys aan Meno uit dat ’n man wat die pad na Larissa ken, ander daarheen sal kan lei. Net so kan ’n man wat opreg glo hy weet hoe om daar uit te kom, die pad aanwys, al was hy nog nooit in Larissa of het hy geen kennis van die stad nie. Sokrates sê dit lyk of beide kennis en ’n opregte mening aksie kan lei. Meno wonder dan waarom kennis hoër as opregte geloof geag word en hoekom kennis en opregte geloof verskil. Sokrates antwoord kennis is waardevoller as opregte geloof omdat dit vas of geregverdig is. Regverdiging, of die uitwerk van die rede vir opregte geloof, bekragtig opregte geloof.[6]

Die probleem is om te identifiseer wat (indien enigiets) kennis waardevoller as opregte geloof maak, of wat kennis waardevoller maak as ’n blote minimale versameling van sy komponente, soos regverdiging, veiligheid, sensitiwiteit, statistiese waarskynlikheid en anti-Gettier-voorwaardes.[7] Die waardeprobleem het weer in die 21ste eeu sy kop uitgesteek in die filosofiese geskrifte oor epistemologie ná die opkoms van deugde-epistemologie in die 1980's, deels vanweë die duidelike verband met die begrip waarde in etiek.[8]

In hedendaagse filosofie het epistemoloë, onder andere Ernest Sosa, John Greco, Jonathan Kvanvig,[9] Linda Zagzebski en Duncan Pritchard, deugde-epistemologie beskryf as ’n oplossing vir die waardeprobleem. Hulle meen epistemologie moet ook die "eienskappe" van mense as epistemiese agente (dus intellektuele deugde) evalueer, eerder as net die eienskappe van proposisies en proposisionele denkwyses.

Wetenskaplike kennis

Die ontwikkeling van die wetenskaplike metode het ’n aansienlike bydrae gelewer tot hoe kennis verkry word van die fisiese wêreld en sy verskynsels.[10] Om as wetenskaplik beskou te word, moet ’n ondersoekmetode gebaseer wees op die versameling van waarneembare en meetbare bewyse, onderworpe aan spesifieke beginsels van rede en proefneming.[11]

Die wetenskaplike metode bestaan uit die versameling van data deur waarneming en proefneming, en die formelering en toetsing van hipoteses.[12] Wetenskap en die aard van wetenskaplike kennis het ook die onderwerp van filosofie geword. Namate wetenskap self ontwikkel het, het die gebruik van die term "wetenskaplike kennis" breër geword[13] in wetenskappe soos biologie en sosiale wetenskap. Let daarop dat epistemologie die studie van kennis is asook van hoe dit verkry word. Wetenskap is die "proses wat elke dag gebruik word om gedagtes logies te voltooi deur gevolgtrekkings van feite wat deur berekende eksperimente bepaal word". Sir Francis Bacon was belangrik in die historiese ontwikkeling van die wetenskaplike metode; sy werk het ’n induktiewe metodologie vir wetenskaplike inligtingsversameling gevestig en gewild gemaak. Sy beroemde gesegde Scientia potentia est ("Kennis is mag") kom in die Meditations Sacrae (1597) voor.[14]

Gedeeltelike kennis

Een dissipline van epistemologie fokus op gedeeltelike kennis. Dit is in die meeste gevalle nie moontlik om ’n inligtingsgebied ten volle te verstaan nie; ons kennis is altyd onvolledig of gedeeltelik. Die meeste werklike probleme moet opgelos word deur gebruik te maak van ’n gedeeltelike begrip van die probleemkonteks en -data, anders as ’n som op skool waar alle data aan leerlinge gegee word asook ’n volledige stel formules om die som te maak.

Dié idee is ook teenwoordig in die begrip "beperkte rasionaliteit", waarvolgens mense in alledaagse situasies dikwels oor ’n beperkte hoeveelheid inligting beskik en daarvolgens besluite neem.

Sien ook

Verwysings

  1. "Epistemology". Stanford Encyclopedia of Philosophy. Besoek op 30 Junie 2020.
  2. Kirkham, Richard L. (Oktober 1984). "Does the Gettier Problem Rest on a Mistake?". Mind. New Series. 93 (372): 501–513. doi:10.1093/mind/XCIII.372.501. JSTOR 2254258.
  3. Ludwig Wittgenstein, On Certainty, opmerking 42
  4. Gottschalk-Mazouz, N. (2008): "Internet and the flow of knowledge," in: Hrachovec, H.; Pichler, A. (Hg.): Philosophy of the Information Society. Proceedings of the 30. International Ludwig Wittgenstein Symposium Kirchberg am Wechsel, Oostenryk, 2007. Volume 2, Frankfort, Parys, Lancaster, Nieu-Brunswyk: Ontos, S. 215–232. "Archived copy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Mei 2015. Besoek op 24 Mei 2015.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  5. 5,0 5,1 5,2 "Self-Knowledge". Stanford Encyclopedia of Philosophy. Besoek op 16 Julie 2020.
  6. Plato (2002). Five Dialogues. Indianapolis, IN: Hackett Pub. Co. pp. 89–90, 97b–98a. ISBN 978-0-87220-633-5.
  7. "The Value of Knowledge". Stanford Encyclopedia of Philosophy. 
  8. Pritchard, Duncan (April 2007). "Recent Work on Epistemic Value". American Philosophical Quarterly. 44 (2): 85–110. JSTOR 20464361.
  9. Kvanvig, Jonathan L. (2003). The Value of Knowledge and the Pursuit of Understanding (in Engels). Cambridge University Press. ISBN 9781139442282.
  10. "Science – Definition of science by Merriam-Webster". merriam-webster.com.
  11. "[4] Rules for the study of natural philosophy", Newton 1999, pp. 794–796, van die General Scholium, wat volg op Boek 3, The System of the World.
  12. scientific method, Merriam-Webster Dictionary.
  13. Wilson, Timothy D. (12 Julie 2012). "Stop bullying the 'soft' sciences". Los Angeles Times.
  14. "Sir Francis Bacon – Quotationspage.com". Besoek op 8 Julie 2009.

Skakels

Read other articles:

HaggisHaggis yang dijual di pasarBahan utamaJeroan domba (hati, jantung, dan paru-paru) dan lambung sebagai pembungkusnya; bawang merah, oat, suet, rempah-rempahSunting kotak info • L • BBantuan penggunaan templat ini Buku resep: Haggis  Media: Haggis Haggis adalah adonan yang terbuat dari jeroan domba yang dicincang bersama dengan bawang merah, oat, suet, rempah-rempah, dan garam, yang dicampur dengan sedikit kaldu, dibungkus dengan lambung domba, lalu direbus dengan t...

 

 

The Right HonourableThe Earl of MintoPCGilbert Eliot oleh James Atkinson Gubernur-Jenderal Kepresidenan Fort WilliamMasa jabatan31 Juli 1807 – 4 Oktober 1813Penguasa monarkiGeorge III PendahuluSir George Barlow, Bt (Sebagai Pejabat Gubernur-Jenderal)PenggantiFrancis Rawdon-HastingsGubernur Jenderal Hindia Belanda ke-36Masa jabatan18 September 1811 – 1811Penguasa monarkiGeorge III PendahuluJan Willem JanssensPenggantiThomas Stamford Raffles Informasi pribadiLahir(1751-04-...

 

 

For other uses, see George Westinghouse Award (disambiguation). George Westinghouse AwardAwarded fora young engineering educator of outstanding ability to recognize and encourage his or her contributions to improving engineering teachingPresented byAmerican Society for Engineering EducationFirst awarded1946Last awarded1999 The George Westinghouse Award, named after George Westinghouse, was given by the American Society for Engineering Education (ASEE) for outstanding contributions to engineer...

Artikel ini membutuhkan rujukan tambahan agar kualitasnya dapat dipastikan. Mohon bantu kami mengembangkan artikel ini dengan cara menambahkan rujukan ke sumber tepercaya. Pernyataan tak bersumber bisa saja dipertentangkan dan dihapus.Cari sumber: SMA Negeri 1 Denpasar – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR SMA Negeri 1 DenpasarInformasiDidirikan8 Agustus 1960JenisSekolah Menengah Atas NegeriAkreditasiANomor Pokok Sekolah Nasional50103127K...

 

 

Ismail Petra di KelantanSultano di KelantanIn carica30 marzo 1979 –13 settembre 2010 Incoronazione30 marzo 1980 PredecessoreYahya Petra SuccessoreMuhammad V Nome completoIsmail Petra ibni al-Marhum Sultan Yahya Petra NascitaKota Bharu, 11 novembre 1949 MorteKota Bharu, 28 settembre 2019 (69 anni) Luogo di sepolturaMausoleo reale Kelantan DinastiaLong Senik PadreYahya Petra di Kelantan MadreTengku Zainab ConiugiTengku Anis binti Tengku Abdul Hamid (dal 1968)Elia Suhana Ahmad ...

 

 

American diplomat (1903–2002) Robert Strausz-HupéUnited States Ambassador to Turkey In officeJuly 27, 1981 – May 18, 1989PresidentRonald Reagan George H. W. BushPreceded byJames W. SpainSucceeded byMorton I. AbramowitzUnited States Ambassador to NATO In officeMarch 3, 1976 – April 20, 1977PresidentGerald Ford Jimmy CarterPreceded byDavid K. E. BruceSucceeded byWilliam Tapley Bennett Jr.United States Ambassador to Sweden In officeApril 25, 1974 – March 3, 19...

Kuil Usa di Prefektur Oita, didedikasikan untuk Hachiman. Hachiman (八幡神code: ja is deprecated , Hachiman-jin/Yahata no kami) adalah dewa panahan dan peperangan menurut mitologi Shinto dan cerita rakyat Jepang.[1][2][3] Sejak zaman dahulu Hachiman dipuja oleh para petani sebagai dewa pertanian, dan oleh para nelayan yang berharap ia akan mengisi jala mereka dengan banyak ikan. Dalam agama Shinto, ia dikenal sebagai Kaisar Ojin, putra dari Permaisuri Jingū, dari a...

 

 

Into the FirePromotional film poster for Into the Fire.SutradaraMichael PhelanProduserDavid CrockettMichael PhelanBryan ThomasLisa YeskoDitulis olehMichael PhelanPemeranSean Patrick FlaneryMelina KanakaredesJoBeth WilliamsPablo SchreiberPenata musikMatt AnthonyStephen O'ReillySinematograferChris NoorPenyuntingShawna CallahanDistributorSilent Thunder EntertainmentTanggal rilis16 Februari 2007 (Argentina)BahasaInggrisIMDbInformasi di IMDb Into the Fire adalah salah satu film Amerika Serik...

 

 

この記事は検証可能な参考文献や出典が全く示されていないか、不十分です。出典を追加して記事の信頼性向上にご協力ください。(このテンプレートの使い方)出典検索?: コルク – ニュース · 書籍 · スカラー · CiNii · J-STAGE · NDL · dlib.jp · ジャパンサーチ · TWL(2017年4月) コルクを打ち抜いて作った瓶の栓 コルク(木栓、�...

Ulmen is a Mapudungun word meaning rich man. In Mapuche society, the wealthy men were usually the loncos and would often be the influential leaders of their rehue and aillarehue. If skilled in war, like the military leader Caupolicán, they were sometimes elected toqui. Sources Juan Ignacio Molina (1809). The Geographical, Natural, and Civil History of Chili Volume 2. London: Longman, Hurst, Rees, and Orme. This South American history-related article is a stub. You can help Wikipedia by expan...

 

 

此條目可能包含不适用或被曲解的引用资料,部分内容的准确性无法被证實。 (2023年1月5日)请协助校核其中的错误以改善这篇条目。详情请参见条目的讨论页。 各国相关 主題列表 索引 国内生产总值 石油储量 国防预算 武装部队(军事) 官方语言 人口統計 人口密度 生育率 出生率 死亡率 自杀率 谋杀率 失业率 储蓄率 识字率 出口额 进口额 煤产量 发电量 监禁率 死刑 国债 ...

 

 

خالد جميل الصرايرة معلومات شخصية الميلاد سنة 1944 (العمر 79–80 سنة)  عَمَّان  الوفاة 18 نوفمبر 2020عمان الجنسية أردني منصب رئيس هيئة الأركان المشتركة للقوات المسلحة الأردنية بداية 2003 نهاية 2010 سبقه محمد الملكاوي خلفه مشعل الزبن الحياة العملية المهنة عسكري  تعديل مصدري -...

محددات الإدخال الخطي النصي الجزيئي المبسطامتداد الملف smi[1]، smiles[1]صيغة وسائط الإنترنت chemical/x-daylight-smiles[1]موقع الويب daylight.com… (الإنجليزية) تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات توليد سماليز مواصفات الإدخال النصي المبسط للجزيئات أو سمايلز (بالإنجليزية: Simplified molecular ...

 

 

Vencer la ausenciaGenreTelenovelaPembuat Pedro Armando Rodríguez Gerardo Pérez Zermeño Ditulis oleh Alejandra Romero Humberto Robles Luis Gamboa Gangoiti Daniela Ochoa Sutradara Fernando Nesme Benjamín Cann Pemeran Ariadne Díaz Mayrín Villanueva David Zepeda Danilo Carrera Alejandra Barros Alexis Ayala Jesús Ochoa Mariana Garza María Perroni Garza Penggubah lagu tema Marcela Garza Cecy Leos Paulina Goto Lagu pembukaTe voy a extrañaroleh Paulina Goto[1]Penata musikAleja...

 

 

Radioactive waste is generated from the nuclear weapons program, commercial nuclear power, medical applications, and corporate and university-based research programs.[1] Some of the materials LLW consists of are: gloves and other protective clothing, glass and plastic laboratory supplies, machine parts and tools, and disposable medical items that have come in contact with radioactive materials.[2] Waste is generally categorized as high level waste (HLW) and low-level waste (LL...

Disambiguazione – Se stai cercando l'omonimo stadio, vedi Stadio Giuseppe Meazza. San Siro Stato Italia Regione Lombardia Provincia Milano Città Milano CircoscrizioneMunicipio 7 Altri quartieriPorta Magenta · Quartiere De Angeli - Frua · San Siro · Quarto Cagnino · Quinto Romano · Figino · Forze Armate · Baggio · Quartiere Valsesia · Quartiere degli Olmi · Assiano · Muggiano PatronoSan Siro di Pavia San SiroS...

 

 

Men's 800 metres at the 2019 World ChampionshipsThe last metres.VenueKhalifa International StadiumDates28 September (heats)29 September (semi-finals)1 October (final)Competitors45 from 28 nationsWinning time1:42.34 CRMedalists  Donavan Brazier  United States Amel Tuka  Bosnia and Herzegovina Ferguson Cheruiyot Rotich  Kenya← 20172022 → Video on YouTubeOfficial Video Events at the2019 World ChampionshipsTrack events1...

 

 

Capture of Enschede (1597)Part of the Eighty Years' War and the Anglo–Spanish WarPlan of Enschede circa 1570Date18 and 19 October 1597LocationEnschede, Overijssel(Present day Netherlands)Result Dutch and English victory[1][2]Belligerents  Dutch Republic England Spanish EmpireCommanders and leaders Maurice of Orange Horace Vere Lieutenant Van GrootveldStrength 6,700 infantry & cavalry[3] 120Casualties and losses Unknown All captured[2]vteEighty Years'...

Serigala Tibet Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Animalia Filum: Chordata Kelas: Mamalia Ordo: Carnivora Famili: Canidae Genus: Canis Spesies: C. lupus Subspesies: C. l. chanco Nama trinomial Canis lupus chancoGray, 1863 Sinonim coreanus (Abe, 1923) dorogostaiskii (Skalon, 1936) ekloni (Przewalski, 1883) filchneri (Matschie, 1907) karanorensis (Matschie, 1907) laniger (Hodgson, 1433) niger (Sclater, 1874) tschiliensis (Matschie, 1907) saxicolor (Smith, 1834)[1] Serigala Tibet (C...

 

 

У этого термина существуют и другие значения, см. Мэдисон-сквер-гарден (значения). Мэдисон-сквер-гарден Местоположение США: Нью-Йорк, штат Нью-Йорк Построен 1968 Открыт В первоначальном месте 1879, 1890, 1925 В текущем месте 11 февраля 1968 Стоимость постройки 123 млн долларов Архитект�...