Kavangoland was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die noordooste van Suidwes-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 41 701 vierkante kilometer beslaan. Die hoofstad was Opuwo. Die tuisland was geskep om die Kavangoprekende mense te huisves en in 1964 het dit meer as 28 000 inwoners gehad.
Die tuisland is in 1970 opgerig en selfregering is in 1973 toegestaan. Die Kavango Wetgewende Raad se administratiewe hoofkwartier was in Rundu; sy eerste sessie is in Oktober 1970 geopen in die teenwoordigheid van die Suid-Afrikaanse Minister van Bantoe-Administrasie en Ontwikkeling.