Damaraland was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die noorde van Suidwes-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 47 990 vierkante kilometer beslaan. Die hoofstad was Khorixas. Die tuisland is geskep vir die Damarasprekende mense te huisves en het in 1964 meer as 44 000 inwoners gehad.