'n Karikatuur (van Italiaans caricatura, wat "gelaaide portret" beteken) is 'n humoristiese voorstelling van 'n persoon of situasie, waarby die mees kenmerkende trekke sterk oordryf word. Die bedoeling is gewoonlik om mense te amuseer, te beledig of om 'n politieke punt te stel.