Kantate

'n Kantate is 'n vokale genre vir een of meer stemme met instrumentale begeleiding wat uit die barok dateer, bestaande uit 'n opeenvolging van resitatiewe, arias, duette en kore.[1][2] Dit mag of sekulêr of gewyd van aard en funksie wees, en kan daarby ook 'n liriese, allegoriese of dramatiese inslag hê.[3] Verder kan kantates op 'n verskeidenheid van maniere gekonseptualiseer word; vanaf intieme kleinskaalse werke met min sangers en beperkte begeleiding (soms kamer-kantates genoem) tot en met grootskaalse werke met kore en orkestrale begeleiding, wat gekomponeer is om spesifieke gebeurtenisse te herdenk.[4]

Die kantate vind sy oorsprong in die 17de eeu in Italië, waar die term oorspronklik gebruik is om onderskeid te tref tussen 'n stuk musiek wat gesing word (kantate) teenoor 'n stuk musiek wat op instrumente gespeel word (sonate).[5] Die heel eerste gebruik van die term "kantate" was waarskynlik in 'n 1589-publikasie, genoem Cantata pastorale fatta per Calen di Maggio in Siena, wat die 1586 huwelik van Cesare d'Este en Virginia de' Medici herdenk.[6]

Aan die begin van die 17de eeu in Italië was die kantate vir eers 'n nederige kunsvorm, bestaande uit 'n opeenvolging van kontrasterende afdelings, wat dan teen die 18de eeu ontwikkel het in aparte bewegings (gewoonlik twee arias, elkeen voorafgegaan met 'n resitatief).[7] Alhoelwel sommige kantates van hierdie era vir twee of drie stemme gekomponeer was, is die meeste van hulle vir 'n solo-stem gekomponeer.[8] Tot en met die einde van die 17de eeu was die kantate hoofsaaklik 'n sekulêre kunsvorm. Dit is eers later, gedurende die 18de eeu in Duitsland, wat die sogenaamde kerkkantate 'n belangrike deel van Lutherse kerkmusiek en musiek in die breë geword het.[9]

Die begeleidings van kantates het gedurende die baroktydperk meer kompleks geword. Waar dit eers uitsluitlik deur kontinuo-instrumente begelei was, het die begeleidings mettertyd orkestraal geword, insluitende obbligaatinstrumente.[10]

Behalwe vir opera en oratorium verteenwoordig die kantate die algemeenste en belangrikste tipe vokale musiek van die baroktydperk.[11] Hoofsaaklik sekulêre kantates het gevolglik ook versprei na Frankryk, Spanje en Engeland gedurende die 18de eeu. Nietemin het hierdie musikale genre gedurende die middel van daardie eeu afgeneem, sodat dit teen die begin van die 19e eeu 'n baie minder belangrike genre geword het.[12] In die laaste honderd jaar is daar relatief min werke wat kantates genoem is, en dan werklik net omdat hulle werke vir koor en orkes is.[13]

Die belangrikste kantates wat vandag nog uitgevoer word, is die kantates deur J.S. Bach, wat oorwegend gewyde werke met Duitse tekste is, bedoel om tydens Lutherse kerkdienste gesing te word.[14]

Italiaanse kantates tot en met 1800

Die kantate was die vernaamste genre van Italiaanse vokale kamermusiek gedurende die 17de en 18de eeu.[15] Dit was ook hoofsaaklik 'n sekulêre genre in hierdie tydperk, bedoel om by private sosiale geleenthede uitgevoer te word.[16] Met die loop van tyd het die kantate ontwikkel vanaf 'n intieme kort stuk musiek, wat slegs deur kontinuo-instrumente begelei is, tot en met 'n uitgebreide stuk musiek, met verskeie bewegings wat opera-musiek nageboots het, en dan juis ook met orkestrale begeleiding.[17] In hierdie lig was die gebruik van opera seria se da capo arias 'n belangrike toevoeging tot die kantate.

Die ontstaan van die kantate word gekoppel aan 'n vernuwing en verandering in Italiaanse digkuns in die laaste deel van die 16de eeu; digsoorte soos die settenari en endecasillabi (lyne van sewe en elf lettergrepe) wat gedurende die Renaissance-tydperk as madrigale getoonset is.[18] Hierdie komposisionele praktyk is voortgesit gedurende die baroktydperk met die toonsetting van die begeleide madrigaal en die resitatief, wat saam met die strofiese aria ontwikkel het om die kantate as genre te vestig. Aldus is werke wat genoem is 'musiche', 'arie', 'madrigali' en 'scherzi' almal vroeë voorbeelde van die soort musiek wat uiteindelik met standardisering slegs as kantates beskou sou word.[19] Die tersaaklike komponiste van hierdie vroeë verskeidenheid musiek sluit onder andere Giulio Caccini, Sigismondo d'India, Stefano Landi, Alessandro Grandi, Claudio Monteverdi, Francesco Turini, Giovanni Rovetta, Domenico Crivellati en Lazaro Valvasensi in.[20][21]

Vanaf ongeveer 1620 en gedurende die res van die 17de eeu was Rome die vernaamste sentrum waar die kantates gekomponeer is.[22][23] Hierdie is grootliks daaraan toe te skryf dat baie prominente families in Rome woonagtig was, en dat musiek 'n belangrike deel van hulle sosialisering uitgemaak het. Musikante is deur hierdie kompeterende families aangestel om kantates as vermaak op die planke te bring.[24] Verder was opera meer gewild as genre in sentrums soos Venesië, sodat komponiste daar minder geneig was om kantates te komponeer.[25] Daar bestaan vandag nog duisende manuskripte wat vanuit hierdie tydperk dateer; alhoewel die spesifieke naam "kantate" eers baie laat in die 17de eeu met gereeldheid op hierdie manuskripte verskyn.[26] Die ariette corte (kort ariette) was die mees prominente vormsoort wat komponiste van die vroeë Roomse kantates gebruik het, en kantates het dikwels slegs een van hierdie ariette corte tesame met 'n resitatief, bevat.[27] Andersins is arie di più parti (arias in verskeie afdelings) gebruik, waarvolgens kantates uit 'n verskeidenheid kort dele bestaan het, na gelang van hoe die toonsetting van die teks resitatief-, arioso- en aria-style verlang het.[28] Van die belangrikste komponiste van hierdie kantates is Luigi Rossi, Marco Marazzoli, Giacomo Carissimi, Antonio Cesti, Barbara Strozzi, Alessandro Stradella, Agostino Steffani, Orazio Michi en Mario Savioni.[29][30]

Vanaf ongeveer die middel van die 17de eeu het die da capo aria 'n oorweldigend gewilde vormsoort in die komposisie van kantates geword, sodat twee of drie da capo arias (elk met 'n resitatief voorafgegaan) in 'n kantate voorgekom het.[31] Daar is 'n groter kompleksiteit in harmonie en toonsoort verwantskappe teenoor hierdie vernouing van musikale vormsoort waarneembaar. Alhoewel kantates nogsteeds in hierdie tydvak hoofsaaklik vir solostemme geskryf is en nie ook kore bevat het nie, het die orkestrale begeleidings van hierdie werke al hoe meer ingewikkeld geword, omdat al hoe meer orkeste tot stand gekom het.[32]

Napels het in die 18de eeu 'n prominente sentrum vir die komposisie van kantates geword.[33] Die musikale styl van die Neapolitaanse kantates was moeilik onderskeibaar van operas uit dieselfde tydvak. Dit blyk dus inderdaad of kantates komponeer en uitvoer vir al die betrokkenes 'n kleinskaalse leerskool vir die volwaardige produksie van operas was.[34] Belangrike komponiste wat vanaf die 18de eeu kantates in Italië gekomponeer het, sluit in Alessandro Scarlatti, Giovanni Bononcini, Georg Friedrich Händel, Benedetto Marcello, Francesco Mancini, Domenico Sarro, Giovanni Battista Pergolesi, Nicola Porpora, Niccolò Jommelli en Johann Adolf Hasse.[35] Verder was Pietro Metastasio waarskynlik die belangrikste digter van kantate-tekste.[36]

Bach se kantates

Teen die tyd wat Bach in Leipzig gewoon en gewerk het, het komponiste Lutherse kerkmusiek tot die stilistiese konvensies van teatermusiek soos opera seria begin akkommodeer.[37] Alhoewel Bach nooit 'n opera gekomponeer het nie, het hy nietemin groot vaardigheid in die tegniese aspekte van operamusiek ontwikkel en het hy dit in van sy musiek gedemonstreer; veral in sy oratoriums (passies) en kantates.[38]

Die ontwikkeling van Lutherse kantates is moontlik gemaak deur die werk van 'n digter en teoloog soos Erdmann Neumeister, wat gedurende die eerste dekades van die 18de eeu Lutherse gewyde tekste aangepas het vir toonsetting, waarvoor hy die Italiaanse terminologie "cantata" geleen het.[39][40] Soos wat Neumeister hierdie tekste gestruktureer het, moes komponiste opera-tipe resitatiewe en da capo arias komponeer, tesame met die meer konvensionele korale wat in die Lutherse liturgie figureer.[41] Bach het honderde sulke tekste, enkeles deur Neumeister en vele deur ander digters, getoonset vir 'n verskeidenheid van feesdae in die kerk se kalender. [42][43] Bach het egter besluit om hierdie werke "concertos" eerder as "kantates" te noem, as deel van 'n tradisie van soortgelyke benaming van komposisies deur Heinrich Schütz.[44] Daar is ongeveer 200 van Bach se kantates waarvan die tekste en musiek vandag nog bestaan en wat dus nog gereeld uitgevoer word.[45][46]

Bach se kantates is bedoel as reflektiewe en peinsende komposisies, eerder as om dramaties van aard te wees, met sangers van arias in die rolle van liggaamlose personas geplaas wat uiting moes gee aan die geidealiseerde denke van 'n gemeente, na gelang van watter religieuse geleentheid tematies in die betrokke kantate van toepassing was.[47] Binne die Lutherse kerkdiens het die uitvoering van kantates gevolglik as 'n musikale preek voor die werklike preek van die dag gedien.[48][49]

Bronne

  • Randel, D.M. (red.) 1986. The New Harvard Dictionary of Music. Cambridge & Londen: The Belknap Press of Harvard University Press.
  • Taruskin, R. 2005. The Oxford History of Western Music: Music in the Seventeenth and Eighteenth Centuries. New York: Oxford University Press.
  • Timms, C.; Fortune, N.; Boyd, M.; Krummacher, F.; Tunley, D.; Goodall, J.R. & Carreras, J.J. 2001. Cantata. In The New Grove Dictionary of Music and Musicians, volume 5. Geredigeer deur Stanley Sadie. Londen: Macmillan.

Verwysings

  1. Randel, bl. 131.
  2. Timms et. al., bl. 8.
  3. Randel, bl. 131
  4. Randel, bl. 131.
  5. Randel, bl. 131.
  6. Timms et. al., bl. 9.
  7. Timms et. al., bl. 8.
  8. Timms et. al., bl. 8.
  9. Timms et. al., bl. 8.
  10. Timms et. al., bl. 8.
  11. Timms et. al., bl.8.
  12. Timms et. al., bl. 8.
  13. Timms et. al., bl.8.
  14. Randel, bl. 131.
  15. Timms et. al., bl. 8.
  16. Randel, bl. 131.
  17. Timms et. al., bl. 8.
  18. Timms et. al., bl. 9.
  19. Timms et. al., bl. 9.
  20. Randel, bl. 132.
  21. Timms et. al., bl. 9.
  22. Randel, bl. 132.
  23. Timms et. al., bl. 9.
  24. Timms et. al. bl. 9.
  25. Timms et. al., bl. 16.
  26. Randel, bl. 132.
  27. Timms et. al., bl.10
  28. Timms et. al., bl. 10.
  29. Randel, bl. 132.
  30. Timms et. al., bl. 9 & 16.
  31. Randel, bl.132.
  32. Randel, bl.132.
  33. Timms et. al., bl. 17
  34. Timms et. al., bl. 17.
  35. Randel, bl.132.
  36. Timms et. al., bl. 17.
  37. Taruskin, bl. 341.
  38. Taruskin, bl. 341.
  39. Randel, bl. 132.
  40. Taruskin, bl. 341.
  41. Taruskin, bl. 342.
  42. Randel, bl. 132.
  43. Taruskin, bl. 341.
  44. Taruskin, bl. 341.
  45. Randel, bl. 132.
  46. Taruskin, bl. 342.
  47. Taruskin, bl. 342.
  48. Randel, bl. 132.
  49. Taruskin, bl. 342.

Read other articles:

Artikel atau bagian mungkin perlu ditulis ulang agar sesuai dengan standar kualitas Wikipedia. Anda dapat membantu memperbaikinya. Halaman pembicaraan dari artikel ini mungkin berisi beberapa saran. Logo BAPERTARUM-PNS Badan Pertimbangan Tabungan Perumahan Pegawai Negeri Sipil disingkat BAPERTARUM-PNS (sering disebut TAPERUM) adalah salah satu lembaga pemerintah non kementerian khusus untuk melayani bantuan Tabungan Perumahanan bagi Pegawai Negeri Sipil.. Sejarah[1] BAPERTARUM-PNS did...

 

 

SMA Negeri 8 Tangerang SelatanInformasiDidirikan26 April 2006JenisNegeriAkreditasiAJurusan atau peminatanIPA dan IPSRentang kelasX, XI, XII IPA dan X, XI, XII IPSKurikulumKurikulum Tingkat Satuan PendidikanAlamatLokasiJl. Cireundeu Raya No. 5, Cirendeu, Ciputat Timur, Tangerang Selatan, Banten, IndonesiaSitus webwww.sman8tangsel.sch.idMoto SMA Negeri 8 Tangerang Selatan, merupakan salah satu Sekolah Menengah Atas Negeri yang ada di Provinsi Banten, Indonesia. Sama dengan SMA pada umumnya...

 

 

Daily newspaper for Hobart and southern Tasmania For the California newspaper, see The Mercury News. For the Pennsylvania newspaper, see The Mercury (Pennsylvania). The MercuryFront page of The Mercury on 9 December 2006TypeDaily newspaperFormatTabloidOwner(s)Davies Brothers (News Corp Australia)EditorCraig HerbertFounded1854; 170 years ago (1854)LanguageEnglishHeadquartersGround floor, 2 Salamanca Square, Hobart, Tasmania, Australia, 7000Circulation44,317 (Weekdays)61,020 (...

Part of a series onBritish law Acts of Parliament of the United Kingdom Year      1801 1802 1803 1804 1805 1806 1807 1808 1809 1810 1811 1812 1813 1814 1815 1816 1817 1818 1819 1820 1821 1822 1823 1824 1825 1826 1827 1828 1829 1830 1831 1832 1833 1834 1835 1836 1837 1838 1839 1840 1841 1842 1843 1844 1845 1846 1847 1848 1849 1850 1851 1852 1853 1854 1855 1856 1857 1858 1859 1860 1861 1862 1863 1864 1865 1866 1867 1868 1869 1870 1871 1872 1873 1874 1875 1876 1877 1878 ...

 

 

ميثيمنا  خريطة الموقع تقسيم إداري البلد اليونان  [1] خصائص جغرافية إحداثيات 39°22′07″N 26°10′50″E / 39.36861°N 26.18056°E / 39.36861; 26.18056   المساحة 50.166 كيلومتر مربع  الارتفاع 51 متر  السكان التعداد السكاني 1497 (إحصاء السكان) (2001)1195 (resident population of Greece) (2021)1474 (resident populatio...

 

 

Defunct supermarket chain This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Delchamps – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2019) (Learn how and when to remove this template message) DelchampsCompany typePublicTraded asNasdaq: DLCHIndustrySupermarketFounded1921; 103 years ago...

General Surveillance Gap Filler Radar station Elliston Ridge Air Station Part of Pinetree LineNewfoundland, Canada Emblem of the 642d Aircraft Control and Warning SquadronCoordinates48°37′33″N 053°03′31″W / 48.62583°N 53.05861°W / 48.62583; -53.05861 (Elliston Ridge AS N-22B)TypeRadar StationCodeN-22BSite informationControlled byAerospace Defense CommandSite historyBuilt1957Built by United States Air ForceIn use1957–1961 Ellist...

 

 

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (نوفمبر 2019) كأس الاتحاد الإنجليزي 1887–88 تفاصيل الموسم كأس الاتحاد الإنجليزي  النسخة 17  البلد المملكة المتحدة ...

 

 

В Википедии есть статьи о других людях с такой фамилией, см. Ксидиас. Перикл Спиридонович Ксидиас Дата рождения 13 (25) июля 1872(1872-07-25) Место рождения остров Кефалиния, Греция Дата смерти 1942[1] Место смерти Ленинград Страна  Греция Российская империя СССР Жанр ж�...

[Superseded in Glottolog: Coropo removed, Puri split] PurianPuri-CoroadoGeographicdistributionEast BrazilLinguistic classificationMacro-Gê?PurianGlottologpuri1261 Purian (also Purían) is a pair of extinct languages of eastern Brazil: Purí Coroado Puri (also known as Colorado) Coropó (Koropó), once spoken in Minas Gerais and Rio de Janeiro, was added by Campbell (1997), but removed again by Ramirez et al. (2015).[1] Purian is part of the Macro-Jê proposal. However, when C...

 

 

Peter Facinelli nel 2015 Peter Facinelli (New York, 26 novembre 1973) è un attore statunitense con cittadinanza italiana. Indice 1 Biografia 2 Vita privata 3 Filmografia 3.1 Attore 3.1.1 Cinema 3.1.2 Televisione 3.2 Regista 4 Doppiatori italiani 5 Note 6 Altri progetti 7 Collegamenti esterni Biografia Peter Facinelli nasce ad Ozone Park, un quartiere del Queens (New York), il 26 novembre del 1973, figlio di immigrati italiani originari della Val di Non, Pierino Facinelli - di professione ins...

 

 

Siam Malaysiaชาวมาเลเซียเชื้อสายไทย Orang Siam MalaysiaDaerah dengan populasi signifikanSemenanjung Malaysia (terutama negara-negara bagian di wilayah utara) Perak: 2,000 (2008)[1] Perlis: 6,000 (2008)[2] Kedah: 30,000 (2007)[3] Kelantan: 13,000 (2008)[4]BahasaThai Selatan, dialek Takbai, Thai standar, Melayu Kelantan, Melayu standar[5]AgamaUmumnya Buddha Theravada dengan minoritas Islam Su...

Division-sized component of US Army Special Operations Command 1st Special Forces Command (Airborne)1st Special Forces Command Shoulder Sleeve Insignia: The arrowhead alludes to the American Indian's basic skills in which Special Forces personnel are trained to a high degree. The dagger represents the unconventional nature of Special Forces operations, and the three lightning flashes, their ability to strike rapidly by air, water or land.[1][2]Active1989–present[2]Co...

 

 

Tim Duncan of the San Antonio Spurs, the team with the best all-time regular season win–loss record percentage in the NBA. The National Basketball Association (NBA) was founded in 1946 and began operations as the Basketball Association of America (BAA). Following the BAA's merger with the National Basketball League (NBL), the BAA rebranded as the NBA. The 1949–50 NBA season marked the first season following the merger. The NBA has kept a record of its win–loss statistics since its ince...

 

 

American football player (born 1983) This article is about the American football player. For the bodybuilder, see Jay Cutler (bodybuilder). American football player Jay CutlerCutler with the Bears in 2015No. 6Position:QuarterbackPersonal informationBorn: (1983-04-29) April 29, 1983 (age 41)Santa Claus, Indiana, U.S.Height:6 ft 3 in (1.91 m)Weight:231 lb (105 kg)Career informationHigh school:Heritage Hills (Lincoln City, Indiana)College:Vanderbilt (2001–2005)NFL...

越南中部(越南語:Miền Trung Việt Nam)是越南传统的三个地理大区之一,指的是越南的中部地区,中部高原地区(西原)也包括在内。 法属时期,称清化省至平順省之間的省份为中圻。保大帝建立越南帝国后,改称为中部(Trung Bộ),以去除法国殖民统治的色彩。后来越南民主共和国(北越)称之为“中部”,越南国称之为“中越”,越南共和国政权则称之为“中分”。...

 

 

Grumman F3F-1 Un Grumman F3F en vol. Constructeur Grumman Rôle Avion de chasse embarqué Statut Retiré du service Mise en service 1936 Date de retrait 1943 Dérivé de Grumman F2F Équipage 1 pilote Motorisation Moteur Pratt & Whitney Twin Wasp Jr Nombre 1 Type 14 cylindres en étoile refroidi par air Puissance unitaire 700 ch Dimensions Envergure 9,75 m Longueur 7,06 m Hauteur 2,84 m Masses Maximale 1 867 kg Performances Vitesse maximale 372 km/h Pla...

 

 

Thermococcus gammatolerans Thermococcus gammatolerans Klasifikasi ilmiah Domain: Archaea Filum: Euryarchaeota Kelas: Thermococci Ordo: Thermococcales Famili: Thermococcaceae Genus: Thermococcus Spesies: T. gammatolerans Nama binomial Thermococcus gammatoleransJolivet , 2003 Thermococcus gammatolerans adalah arkea yang bersifat ekstremofil dan hingga kini dikenal sebagai organisme yang paling tahan terhadap radiasi. Ditemukan pada tahun 2003 di sebuah lubang hidrotermal di Guaymas Basin ...

جزء من سلسلة مقالات حولالنحو والتصريف في العربية الإعراب أقسام الكلام اسم فعل حرف أقسام الجُمَل اسمية فعلية شبه جملة أنواع الكلام من حيث البناء والإعراب مُعرب لفظي تقديري محلي مبني حالات الإعراب رفع نصب جر جزم علامات الإعراب حركات حروف إعراب الجُمل جُمل معربة جُمَل لا محل...

 

 

Le terme de « social-impérialisme » est une expression utilisée par les mouvements politiques d'inspiration marxiste pour dénoncer, de manière péjorative, les organisations ou les États qui sont « socialistes dans les mots, impérialistes dans les actions » [1]. La phrase a été utilisée pour la première fois dans les cercles marxistes au cours des discussions du début du XXe siècle sur la position de l’Internationale ouvrière concernant l’imminenc...