Die Kaapse flap (Euplectes capensis) is 'n voël wat voorkom in die Weskus, suidkus, ooskus tot by KwaZulu-Natal, Lesotho, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, die kus van Mosambiek en sentraal Zimbabwe. Die broeiende mannetjie is swart en geel. Die voël leef in grasagtige gebiede en heideveld. In Engels staan die voël bekend as die Yellow Bishop.