Johannes Rudolph Albertyn

Johannes Rudolph Albertyn
Ds. Johannes Rudolph Albertyn
Ds. J.R. Albertyn

Naam Johannes Rudolph Albertyn
Geboorte 8 Maart 1847
Paarl, Kaapkolonie
Sterfte 17 Junie 1920
Wellington, Kaapland
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) St. Stephen's, Middelburg, Kaap, Riversdal, Wellington
Jare aktief 1872–1910
Kweekskool Kweekskool, Universiteit Stellenbosch

Ds. Johannes Rudolph Albertyn (vroeër "Albertijn" geskryf, Paarl, 8 Maart 1847Wellington, 17 Junie 1920) was een van die talentvolste predikante en een van die mees gevierde kanselredenaars in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.

Opleiding en gesinslewe

Albertyn was die seun van ds. P.K. Albertyn, van 2 Maart 1845 eerste vaste predikant van die NG gemeente Swartberg (Prins Albert) en van 1851 tot 1870 leraar van die NG gemeente op Caledon. J.R. Albertyn ontvang sy skoolopleiding aan die Paarl Gimnasium en sy naskoolse opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch. Hy trou op 15 November 1871 met Margaretha (Maggie) Louw, een van sewe dogters van Adriaan Louw en Charlotte Herold van die Paarl wat met 'n predikant getrou het. Die sewe Louw-dogters was: 1. Maria Magdalena (Miemie) met prof. Nicolaas Hofmeyr; 2. Louisa Adriana (Wiesie) met ds. Arend Hermanus Hofmeyr van Hanover; 3. Margaretha Johanna (Maggie) met ds. Johannes Rudolph Albertyn; 4. Catharina Johanna (Kitty) met ds. George Murray; 5. Johanna Hendrina met prof. C.F.J. Muller; 6. Charlotte met ds. J.C. Truter; 7. Susanna Maria met ds. P.G.J. Meiring. Ds. Albertyn se seun Adriaan Louw Albertyn was 'n skrywer.

St. Stephen's

Hy dien van 1872 tot 1874 as leraar van die NG gemeente St. Stephen's in Kaapstad, ná die oordrag van die NG gemeente Stockenström aan die destydse Sendingkerk die enigste bruin gemeente in die NG Kerk. Hierna besoek hy die V.S.A. waar hy onder die invloed kom van die evangelis Moody. Met sy terugkeer belê hy 'n predikante-konferensie en hieruit word gemeentelike konferensies belê wat uitloop op spesiale evangelie-prediking. Ná sy ernstige siekte en herstel word hy ook aan die einde van sy lewe een van die eerste evangelie-predikers.

Middelburg, Kaap

Sy eerste voltydse aanstelling is in die NG gemeente Middelburg, Kaap, waar hy bly tot hy in 1883 'n beroep aanneem na die NG gemeente op Riversdal. Hier het hy 'n omwenteling veroorsaak in die manier waarop NG gemeentes Nagmaal gebruik het. In die eerste sowat 250 jaar van die Hollandse Kerke se bestaan in Suid-Afrika, soos trouens in alle Gereformeerde Kerke, was dit die gebruik om die brood en wyn by aparte Nagmaalstafels voor die kansel uit te deel. Die Nagmaalgangers, mans en vroue afsonderlik, het uit die banke opgestaan, plek ingeneem aan die tafel en nadat hulle bedien is, het hulle weer in die banke gaan sit om gevolg te word deur ander aan die tafel. So is met verskillende tafels aangegaan totdat almal bedien is. Die heen en weer lopery was nie juis stigtelik nie en as daarby in gedagte gehou word dat by elke tafelbediening 'n aparte "tafeltoespraak" deur die predikant gelewer is, spreek dit vanself dat so 'n Nagmaaldiens maklik drie ure kon aanhou.

Algaande is daar toe weggedoen met die ou gebruik en oorgegaan tot die gesamentlike en gelyktydige bediening van almal aan een gemeenskaplike "dis", naamlik die banke. Die heel eerste gemeente in die NG Kerk wat hierdie nuwe gebruik ingevoer het, was Riversdal waar ds. Albertyn dit in Januarie 1888 ingevoer het. Hy is van verskillende kante af hieroor aangeval en baie het beweer dat dit "onbybels en ongereformeerd" sou wees. Op die Kaapse Sinode van 1890 was dit 'n warm strydvraag en met meerderheid van stemme besluit die sinode: "Elke gemeente sal hul manier van die bediening van die Avondmaal behou soos hulle oordeel tot die meeste stigting sal dien, mits die uitwendige seremonies, voorgeskrewe in Gods Woord, nie verander nie en alle bygeloof vermy word."

Wellington

Toe dit in 1892 vir die kerkraad van die NG gemeente Wellington blyk dat dr Andrew Murray weens verswakte kragte en veelvuldige arbeid nie langer die gemeente na wens en soos dit behoort kon bearbei nie, beroep hulle ds. Albertyn. So word hy as tweede leraar van die gemeente bevestig op 1 Desember 1892. In groot liefde en harmonie het dié twee predikante 14 jaar lank saamgewerk. Deur sy getroue arbeid en ernstige prediking, skryf eerw. Andries Dreyer[1] sewe jaar ná sy dood, het ds. Albertyn die hart van die gemeente gewen. Sy bediening het in 'n besonder mate die kenmerk van evangelisasiewerksaamheid gedra. Intussen het hy tydens die Anglo-Boereoorlog die krygsgevangenis op St. Helena en Bermuda besoek.

Ds. J.R. Albertyn omstreeks 1880.

Aftrede

Hy het in 1910, vier jaar ná dr. Murray, afgetree. Die Wellingtonse kerkraad het 'n resolusie aangeneem wat lui: "Die kerkraad spreek hiermee sy diepe leedwese uit dat ds. Albertyn deur swak gesondheid genoodsaak is om die herderstaf neer te lê ná 'n vrugbare dienstyd van byna 40 jaar in die evangeliebediening, waarvan 18 jaar in die midde van dié gemeente deurgebring is. Ons dank die Here vir wat sy dienskneg onder ons was en gedoen het; vir sy geseënde prediking van die Woord en vir sy Godsalige wandel. Ons gee God die eer vir wat ds. Albertyn vir die Kerk in die algemeen kon doen, veral op die gebied van die evangelieprediking en die sending. Ons sou hom graag langer wou behou, dog ons berus in God se alwyse weg met hom en met die gemeente. Ons verheug ons dat hy in ons midde gaan bly woon, en bid hom 'n geseënde en nuttige rustyd toe (Kerkraadsnotule van 4 Oktober 1910, uit die Hollands vertaal)."

Dood

Die grafskrif op ds. Albertijn se graf in die kerkhof naasaan die moederkerk op Wellington.

Op 17 Junie 1920 is ds. Albertyn in die ouderdom van 74 op Wellington oorlede. Dreyer skryf: "In al die gemeentes wat hy bedien het, het hy homself bewys 'n ywerige sielsoeker te wees en vele siele is deur sy besielende prediking en troue herderlike arbeid tot lig en tot saligheid gekom."

In De Kerkbode van 8 Julie 1920 skryf prof. John du Plessis: "Ds. Albertyn was 'n man van buitengewone gawes. Hy het 'n voorkoms en 'n houding gehad wat eerbied afgedwing het. Hy het 'n pragtige stem gehad, wat sonder die minste inspanning die grootste kerkgeboue en vergadersale kon vul. Hy het in 'n ryke mate die gawe van oorspronklikheid besit en geweet hoe om gewone dinge op ongewone en indrukmakende wyse te sê. Sy gebare was min, maar sierlik; sy blik was deurdringend; sy voordrag en toon was salwend (in die beste sin van dié dikwels misbruikte woord). En hy het van die Here die besondere gawe ontvang om stigtelik en sielsverheffend te bid sodat baie, wat die inhoud van sy preek dalk sou vergeet, nooit sou kon vergeet hoe hy met sy skoon en kragtige gebed hulle in die siel aangegryp en met hom na die genadetroon gevoer het. Johannes Albertyn was by uitstek vir evangelieprediking aangelê; hy het geweet dat sy krag hierin lê en wy hom dan ook heelhartig aan dié besondere taak (uit die Hollands vertaal)."

Die dorpie Albertinia is in 1900 op die plaas Grootfontein uitgelê en na hom genoem.

Bronne

  • Dreyer, eerw. Andries. 1924. Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika 1824–1924. Kaapstad: Publikatie-kommissie van de Z.A. Bijbelvereniging.
  • Dreyer, eerw. Andries. 1927. Kruisgesante in Suid-Afrika. Jubileum-Gedenkboek van die Sendinginstituut op Wellington 1877–1927. Kaapstad: Nasionale Pers, Beperk.
  • Smit, ds. A.P. 1945. Gedenkboek van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Beaufort-Wes (1820–1945). Beaufort-Wes: N.G. Kerkraad.
  • Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.

Verwysings

  1. Dreyer, eerw. Andries. 1927. Kruisgesante in Suid-Afrika. Jubileum-Gedenkboek van die Sendinginstituut op Wellington 1877–1927. Kaapstad: Nasionale Pers, Beperk.

Sien ook

Read other articles:

Ralph Richardson pada tahun 1949 Sir Ralph David Richardson (19 Desember 1902 – 10 Oktober 1983) adalah seorang pemeran asal Inggris yang, bersama dengan John Gielgud dan Laurence Olivier, menjadi salah satu dari tiga pemeran laki-laki yang mendominasi sandiwara Inggris pada abad ke-20. Ia berkarya dalam perfilman sepanjang sebagian besar masa karirnya, dan memainkan lebih dari enam puluh peran sinema. Sumber Agate, James (1934). First Nights. London: Nicholson and Watson. OCL...

 

Max EuweMax Euwe pada 1963Nama lengkapMachgielis EuweAsal negaraBelandaGelarGrandmasterJuara Dunia1935–37Rating tertinggi2530 (Mei 1974) Machgielis Max Euwe, PhD (Belanda: [ˈøːwə];[1] 20 Mei 1901 – 26 November 1981) adalah seorang Grandmaster catur, matematikawan, dan penulis Belanda. Dia adalah pemain kelima yang menjadi Juara Catur Dunia (1935–37). Euwe juga menjabat sebagai Presiden FIDE, Federasi Catur Dunia, dari 1970 sampai 1978. Catata...

 

Ida Fiyo Mntwana (1903–Maret 1960) adalah seorang aktivis antiapartheid dan hak perempuan. Biografi Ida MntwanaLahir1903MeninggalMaret 1960KebangsaanAfrika SelatanPekerjaanAktivisDikenal atasPresiden pertama dari FEDSAW Mntwana bekerja sebagai penjahit pakaian dan aktif dalam kegiatan politik pada dekade 1950an.[1]Setelah Madie Hall Xuma mengundurkan diri sebagai Presiden nasional dari Liga Wanita Kongres Nasional Afrika (ANCWL) pada tahun 1949, Mntwana adalah penerusnya. Mntwana le...

1961 American spaceflight of the Mercury program Mercury-Atlas 5An Atlas rocket launches the Mercury-Atlas 5 into orbit, November 29, 1961Mission typeTest flightOperatorNASAHarvard designation1961 Alpha Iota 1COSPAR ID1961-033A SATCAT no.208Mission duration3 hours, 20 minutes, 59 secondsDistance travelled81,902 kilometers (50,892 mi)Orbits completed2 Spacecraft propertiesSpacecraftMercury No.9ManufacturerMcDonnell AircraftLaunch mass1,331 kilograms (2,934 lb) CrewCrew...

 

1914 United Kingdom law providing Ireland with home rule United Kingdom legislationGovernment of Ireland Act 1914Act of ParliamentParliament of the United KingdomLong titleAn Act to provide for the better Government of Ireland.Citation4 & 5 Geo. 5. c. 90Territorial extent IrelandDatesRoyal assent18 September 1914CommencementPostponed by Suspensory Act 1914Repealed23 December 1920Other legislationAmended bySuspensory Act 1914Repealed byGovernment of Ireland Act 1920Relates toGovernmen...

 

The History of Medicine Museum, Stockholm Exhibition in the History Museum of Medicine of the Tehran University. A skeleton in the Iranian National Museum of Medical Sciences, Tehran A medical museum is an institution that stores and exhibits objects of historical, scientific, artistic, or cultural interest that have a link to medicine or health. Displays often include models, instruments, books and manuscripts, as well as medical images and the technologies used to capture them (such as X-ra...

Kite festival Shakrain FestivalFire work during the festivalAlso calledPoush SangkrantiTypeTraditionalDateJanuary 14 or 15 Shakrain Festival (Bengali: সাকরাইন; also known as Kite Festival and Ghuri Utsob) is an annual Bengali celebration in Dhaka, Bangladesh, observed with the flying of kites.[1] The celebration is uniquely celebrated by the Bengali Muslim Dhakaiya community based on Old Dhaka.[2] It occurs at the end of Poush, the ninth month of the Bengali cale...

 

МифологияРитуально-мифологическийкомплекс Система ценностей Сакральное Миф Мономиф Теория основного мифа Ритуал Обряд Праздник Жречество Мифологическое сознание Магическое мышление Низшая мифология Модель мира Цикличность Сотворение мира Мировое яйцо Мифическое �...

 

Koordinat: 4°55′56″S 119°31′32″E / 4.9320849°S 119.5255162°E / -4.9320849; 119.5255162 PajukukangᨄᨍᨘᨀᨘᨀDesaPemandangan muara sungai di Dusun Panaikang, Desa PajukukangNegara IndonesiaProvinsiSulawesi SelatanKabupatenMarosKecamatanBontoaKode pos90554[1]Kode Kemendagri73.09.05.2002 Luas15,11 km²Jumlah penduduk3.980 jiwa tahun 2019Kepadatan263,40 jiwa/km² tahun 2019Jumlah RT22Jumlah RW3Jumlah KK829 tahun 2019 Untuk pengertian lain, l...

Babesia Babesia dalam sel darah merahPenyakitBabesiosis TaksonomiSuperdomainBiotaSuperkerajaanEukaryotaKerajaanChromistaSubkerajaanHarosaInfrakerajaanHalvariaSuperfilumAlveolataFilumApicomplexaKelasAconoidasidaOrdoPiroplasmidaFamiliBabesiidaeGenusBabesia Tipe taksonomiBabesia bovis SpesiesLihat klasifikasilbs Babesia adalah genus protozoa dalam famili Babesiidae dan ordo Piroplasmida yang bertindak sebagai parasit yang menginfeksi sel darah merah vertebrata.[1] Penyakit yang disebabka...

 

Villeneuve-sur-VerberieVilleneuve-sur-Verberie Lokasi di Region Hauts-de-France Villeneuve-sur-Verberie Koordinat: 49°16′35″N 2°41′25″E / 49.2763888889°N 2.69027777778°E / 49.2763888889; 2.69027777778NegaraPrancisRegionHauts-de-FranceDepartemenOiseArondisemenSenlisKantonPont-Sainte-MaxenceAntarkomuneCommunauté de communes des Pays d’Oise et d’HalattePemerintahan • Wali kota (2001–2008) Marie-Laurence LobinLuas • Land18,16 ...

 

Cricket terminology The Lord's honours board commemorating English five- or ten-wicket hauls at Lord's. Scoreboard summarising Samit Patel's 5-wicket haul. The bar chart shows the runs conceded (white rectangles) and wickets taken (red dots) in each over. In cricket, a five-wicket haul (also known as a five–for or fifer)[1][2] occurs when a bowler takes five or more wickets in a single innings. This is regarded by critics as a notable achievement,[3] equivalent to a ...

1642 battle during the First English Civil War 51°29′N 0°16′W / 51.49°N 0.26°W / 51.49; -0.26 Battle of Turnham GreenPart of the First English Civil WarModern-day reenactment of the battleDate13 November 1642LocationTurnham Green, MiddlesexResult Strategic Parliamentarian victory Tactically indecisiveBelligerents Royalists ParliamentariansCommanders and leaders Charles IEarl of Forth Earl of EssexPhilip SkipponStrength 13,000[1] 24,000[2]Casualt...

 

This article is about the town in the North-East Region of Singapore. For the island located in Punggol called Pulau Serangoon, see Coney Island, Singapore. For the river, see Sungei Serangoon. For the strait, see Serangoon Harbour. For the TV drama, see Serangoon Road. This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Serangoon – ne...

 

Celebrated demonstration of gravity Comparison of the antiquated view and the outcome of the experiment (size of the spheres represent their masses, not their volumes) Between 1589 and 1592,[1] the Italian scientist Galileo Galilei (then professor of mathematics at the University of Pisa) is said to have dropped unequal weights of the same material from the Leaning Tower of Pisa to demonstrate that their time of descent was independent of their mass, according to a biography by Galile...

Multi-layered sheet of microorganisms The cyanobacterial algal mat, salty lake on the White Sea seaside A microbial mat is a multi-layered sheet of microorganisms, mainly bacteria and archaea, or bacteria alone. Microbial mats grow at interfaces between different types of material, mostly on submerged or moist surfaces, but a few survive in deserts.[1] A few are found as endosymbionts of animals. Although only a few centimetres thick at most, microbial mats create a wide range of inte...

 

Newspaper in Portland, Oregon Catholic SentinelTypeTwice-monthly newspaperOwner(s)Oregon Catholic PressFounder(s)Henry Herman and J. F. AtkinsonFounded1869; 155 years ago (1869)LanguageEnglishCeased publicationOctober 1, 2022 (2022-10-01)CityPortland, OregonCountryUnited StatesSister newspapersEl CentinelaWebsitecatholicsentinel.orgMedia of the United StatesList of newspapers The Catholic Sentinel was the newspaper of the Archdiocese of Portland. It was publis...

 

Ilaria D'Amico Ilaria D'Amico (Roma, 30 agosto 1973) è una conduttrice televisiva, giornalista e attivista italiana. Specializzata nel ramo sportivo, ha anche seguito la cronaca politica italiana e internazionale; sulla piattaforma in chiaro ha lavorato per Rai e LA7, mentre sulla Pay TV ha lavorato dal 2003 al 2020 per Sky Sport, testata di Sky Italia, come anchorwoman delle trasmissioni dedicate al campionato di serie A e, negli ultimi due anni di permanenza nella rete, della UEFA Champion...

Pour un article plus général, voir Records du monde d'athlétisme. Record du monde dusaut à la perche Armand Duplantis détient le record du monde masculin du saut à la perche avec 6,26 m. Caractéristiques du record Discipline Saut à la percheathlétisme Instancehomologatrice World Athletics Genre Hommes / Femmes Portée Monde Record actuel masculin Valeur 6,26 m Titulaire(s) Armand Duplantis Suède Date du record 25 août 2024 Circonstance Mémorial Kamila Skolimowska Site S...

 

Voce principale: Campionato mondiale di Formula 1 1983.  Gran Premio del Brasile 1983 374º GP del Mondiale di Formula 1Gara 1 di 15 del Campionato 1983 Data 13 marzo 1983 Nome ufficiale XII Grande Premio do Brasil Luogo Circuito di Jacarepaguá Percorso 5,031 km / 3,126 US mi Distanza 63 giri, km Clima Soleggiato Risultati Pole position Giro più veloce Keke Rosberg Nelson Piquet Williams-Ford in 1'34526 Brabham-BMW in 1'39829 (nel giro 36) Podio 1. Nelson PiquetBrabham-BMW 2. non asse...