Johan Bax van Herenthals (14 Maart 1637 – 29 Junie 1678, Kaapstad), ook geskryf as Joan Bax of Van Herentals, was van 1676 die kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop. Hy het die destydse interim goewerneur, IJsbrand Godske opgevolg. Veeteelt het onder sy bewind floreer en hy het twee keer oorlog teen die Hottentotte verklaar.
In 1669 is Joan Bax op 32 jarige ouderdom met Aletta Hinloopen, die dogter van die handelsmagnaat, regter en raadslid Jacob Fransz Hinlopen in Batavia getroud.[2] Ter wille van sy verhoogde status as die eggenoot van 'n Hinlopen, het hy kort na sy huwelik die agtervoegsel 'Van Herenthals' tot sy eie naam gevoeg. Die naam sou hom selfs beter as sy vrou laat klink en het ook sy vader, Maurits vereer, wat hom in Hertogenbosch gevestig het, maar aanvanklik uit Herenthals in Vlaandere afkomstig was, waar die gesin 'n gerespekteerde sosiale stand beklee het.[3]
Bax het in Colombo in Ceylon diens gedoen waar hy en Aletta 'n dogter genaamd Johanna Maria Bax gehad het. Dié dogter is egter na tien maande oorlede.[4]
Bax was 'n aangename, hardwerkende en hooggeagte persoon. Gedurende sy kort termyn as goewerneur het hy die oorlog met die Hottentotte beëindig en persoonlik meegehelp om die bouwerk aan die Kasteel feitlik te voltooi. Kort voor sy dood het hy die sekunde, Hendrik Crudop, as waarnemende kommandeur aangestel. 'n Amp wat laasgenoemde tot in Oktober 1679 beklee het.
Van Heerentals is op 29 Junie 1678 in die Kaap oorlede en is op 4 Julie daar begrawe.[3] Daar was destyds 'n groot tekort aan slawe in die Kaapkolonie. Sy weduwee het voor haar vertrek na Batavia enkele slawe, wat van Malabar afkomstig was, verkoop.[5]
Sien ook
Bronnelys
Verwysings
|
---|
| Kommandeurs 1652–1691 | | |
---|
Kommandeurs 1691–1795 |
Die kursiewe was waarnemende goewerneurs
|
---|