J.A.S. Oberholster

Dr. J.A.S. Oberholster was die tweede argivaris van die Kaapse Kerk.

Dr. Jan Andries Stefanus Oberholster (distrik Strydenburg, 10 Julie 1899 - Kaapstad, 4 Mei 1959) was die tweede argivaris van die Kaapse Kerk, van Julie 1939 tot sy dood.

As opvolger van eerw. Andries Dreyer in dié amp was Oberholster die tweede groot Afrikaanse gemeentegeskiedskrywer. Saam met ds. A.P. Smit, sy opvolger as argivaris, en ná dié se dood sy opvolger, ds. H.C. Hopkins, het dié vier argivarisse van 1899 met Dreyer se Geschiedenis van de Gemeente Swellendam tot Smit se Goudini: Genade genoeg vir Goudini. Geskiedenis van die Ned. Geref. Gemeente Goudini, 1879-1979 binne 80 jaar die geskiedenis van sowat 70 gemeentes te boek gestel.

Herkoms, opleiding en gemeentebediening

Jan Oberholster was die seun van Pieter Coenraad Oberholster en sy vrou, Cornelia Swiegers. Ná sy primêre en sekondêre onderwys op sy geboortedorp en aan die Paarl, het hy aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria en die Universiteit van Stellenbosch studeer waar hy die B.A.-graad en die ander vereiste vakke vir toelating tot die Kweekskool behaal het. Hy is in 1930 gelegitimeer en op 5 Desember 1931 as leraar van sy eerste en enigste gemeente, Nuwerus, bevestig. Sy geseënde dienstyd van vyf jaar moes hy egter kortknip toe hy sy emeritaat op 10 Oktober 1936 moes aanvaar weens swak gesondheid.

Argivaris en geskiedskrywer

Die grafsteen van dr. en mev. Oberholster op Wellington in die Boland.

Hy het egter in so 'n mate herstel dat hy op 1 Julie 1939 diens kon aanvaar as argivaris van die Kaapse Kerk as die opvolger van eerw. Andries Dreyer, die baanbreker in Suid-Afrika op die gebied van gemeentegeskiedskrywing. Ten spyte van gesondheidsprobleme het hy in die daaropvolgende 20 jaar (1939–'59) in stilte reusewerk in die sentrale argief van die NG Kerk in Kaapstad verrig tot aan sy onverwagte dood in Mei 1959 in die ouderdom van 59 jaar. Toe hy in 1939 diens aanvaar, was die dokumente nog baie onvolledig en inventarisering betreklik onversorg, aldus ds. A.P. Smit in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Smit skryf: "Met kenmerkende deeglikheid, stipte presiesheid en taaie volharding het hy (met) die jare die massa dokumente georden, en die vereiste vindmiddels – inventarisse, sakeregisters, katalogusse en so meer opgestel sodat die bronnemateriaal toeganklik vir die navorser gemaak is. Verder het hy 'n tegniese (afdeling) vir die herstel en inbind van stukke ingestel en die argiefbewaarplek uitgebou deur onder meer die versameling van nuwe en aanvullende stukke en die uitbreiding van die naslaanbiblioteek. Deur die opstel van handleidings en ander inligtingstukke het hy die kerklike besture, kommissies en amptenare ingelig oor die opstel, bewaring en versorging van dokumente en die noodsaaklikheid van die inlewering van argiefmateriaal by die sentrale kerkargief. So het hy hierdie bewaarplek uitgebou tot die grootste en besversorgde kerkargief in Suid-Afrika."

Smit skryf voorts: "As navorser en kerkgeskiedskrywer het hy werk van goeie gehalte gedoen. Sy vermoë om bronne na te speur, vakkundig te interpreteer en sy stof wetenskaplik te orden en lesenswardig op skrif te stel, blyk veral uit sy werk Die Gereformeerde Kerke onder die Kruis in Suid-Afrika; hul ontstaan en ontwikkeling (1958)" Dié onderwerp het hom moontlik na aan die hart gelê omdat die eerste Gereformeerde kerk onder die Kruis, Strydenburg, juis dié op sy geboortedorp was. Op grond van dié werk het die Universiteit van Kaapstad die graad Ph.D. aan hom toegeken. Smit meen "dieselfde histories-wetenskaplike onderlegdheid spreek uit sy artikel 'Die Kerke in die binnekamer' in in die gedenkalbum Ons Ned. Geref. Kerk wat by geleentheid van die van Riebeeckfees in 1952 verskyn het".

Tussen 1941 en 1957 het 12 gemeentegedenkboeke uit sy pen verskyn. Sy vrou, Marguerite Marchand (gebore Le Roux), was verantwoordelik vir die eeufeesgedenkboek van die NG gemeente Alexandria (1954) en Wellington (1940).

Ds. J.H. van Wyk skryf in dr. Oberholster se lewenskets in die 1960-Jaarboek van die NG Kerke: "Twintig jaar lank het hy met toewyding en eer sy werk aan die Kaapse Kerkargief verrig. Sy beskeidenheid, veral waar dit sy eie werk geld, sy minsame omgang met sy medemense, net soos ook sy hulpvaardigheid, het vir hom 'n ruim plek verower in die harte van almal met wie hy in aanraking gekom het."

Dr. Oberholster was jare lank tot 1948 die hoofsamesteller van die Jaarboek en het veel gedoen vir dié amptelike publikasie van die NG Kerk. Sy laaste groot taak was die samestelling van 'n volledige lys van die 1 529 predikant wat in die eerste eeu (1859–1959) hul opleiding aan die Kweekskool voltooi en gelegitimeer is. Dié lys vermeld hul volle name, alfabeties gerangskik, hul geboortedatum, jaartal van legitimasie, standplase, dienstyd en sterfdatum, waar van toepassing. Dit het in 1959 in die Kweekskool se eeufeesboek verskyn. Ook daarin opgeneem, was 'n lys van name van diegene wat vir 'n korter of langer tyd aan die Kweekskool studeer maar nie hul studie voltooi het nie en die name van studente wat in die eeufeesjaar aan die skool geregistreer was.

Gesinslewe

Dr. Oberholster is op 6 Januarie 1932 getroud met Marguerite Marchand le Roux (oorlede op 30 Junie 1973), vroeë lektrise in geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch. Die huwelik was kinderloos. Mev. Oberholster was familie van ds. B.J.P. Marchand, 'n stigter van die arbeidskolonie Kakamas. Uit haar pen het onder meer verskyn die NG gemeente Wellington se gedenkboek (1840–1940) en dié van die NG gemeente Alexandria (1854–1954).

Gemeentegedenkboeke

Ander werke

  • Die Gereformeerde Kerke onder die Kruis in Suid-Afrika: Hul ontstaan en ontwikkeling. 1956. (Geskryf as sy doktorale proefskrif aan die Universiteit van Kaapstad; later deur HAUM uitgegee.)
  • Nie van brood alleen. Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Bybel-Vereniging, 1818 - 1958. 1958.

Bronne

  • (af) Geldenhuys, ds. J.N. 1959. Jaarboek van die Gefedereerde Nederduitse Gereformeerde Kerke, 1960. Kaapstad: N.G. Kerk-Uitgewers.
  • (af) Brown, dr. E. 1973. Gemeentegeskiedskrywing van die Afrikaanse kerke van gereformeerde belydenis - 'n kompilasie en kerk-historiese oorsig. Durban: Die skrywer.

Sien ook

Read other articles:

Disambiguazione – Se stai cercando altri significati, vedi Santuario (disambigua). Il santuario maggiore della Santa Casa e della Madonna di Loreto. Un santuario è un luogo sacro o un edificio ritenuto sacro da una tradizione religiosa per manifestazioni ritenute divine, per la presenza di sepolture o reliquie, o perché connesso a eventi considerati soprannaturali. In particolare, nella religione ebraica era la parte più interna del tempio, cioè il sancta sanctorum mentre, in quella cr...

 

 

فوزي البنزرتي المدرب (يمين) محمد عامر الحيزم مساعد المدرب (يسار) أثناء إشرافهما على مقاليد المنتخب التونسي في كأس الأمم الأفريقية 2010.يعرض هذا المقال قائمة مدربي منتخب تونس لكرة القدم. إذ تمكن 34 مدربًا من تدريب المنتخب التونسي. ويعتبر الفرنسي روجيه لومير صاحب أطول فترة تدريب...

 

 

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Daftar gedung tertinggi di Jawa Tengah – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Daftar gedung tertinggi di Jawa Tengah diurutkan menurut abjad nama kota Batang Peringkat Nama Gedung Jumlah lan...

Novel written as a series of letters Young Werther writes a letter after deciding upon his suicide, the climax of Goethe's Sorrows of Young Werther An epistolary novel is a novel written as a series of letters between the fictional characters of a narrative.[1] The term is often extended to cover novels that intersperse documents of other kinds with the letters, most commonly diary entries and newspaper clippings, and sometimes considered to include novels composed of documents even i...

 

 

Мастер не на все рукиангл. Master of None Жанр комедия-драма Создатели Азиз АнсариАлан Янг В главных ролях Азиз АнсариНоэль УэллсЭрик ВерхеймКельвин ЮЛина УэйтАлессандра Мастронарди Страна  США Язык английский[1] Число сезонов 3 Число серий 25 (список серий[d]) Про�...

 

 

Перуанский анчоус Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеГруппа:Костные рыбыКласс:Лучепёрые рыбыПодкласс:Новопёрые �...

この項目には、一部のコンピュータや閲覧ソフトで表示できない文字が含まれています(詳細)。 数字の大字(だいじ)は、漢数字の一種。通常用いる単純な字形の漢数字(小字)の代わりに同じ音の別の漢字を用いるものである。 概要 壱万円日本銀行券(「壱」が大字) 弐千円日本銀行券(「弐」が大字) 漢数字には「一」「二」「三」と続く小字と、「壱」「�...

 

 

本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此條目需要擴充。 (2013年1月1日)请協助改善这篇條目,更進一步的信息可能會在討論頁或扩充请求中找到。请在擴充條目後將此模板移除。 此條目需要补充更多来源。 (2013年1月1日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条目,无法查证的内容可能會因為异议提出而被移除。致使用者:请搜索一下条目的...

 

 

Town in Sousse Governorate, Tunisia This article possibly contains original research. Please improve it by verifying the claims made and adding inline citations. Statements consisting only of original research should be removed. (September 2018) (Learn how and when to remove this message) Place in Sousse Governorate, TunisiaM'saken مساكنMonument in M'saken city center 2012M'sakenLocation in TunisiaCoordinates: 35°44′0″N 10°35′0″E / 35.73333°N 10.58333°E...

  هذه المقالة عن الجاذبية. لمعانٍ أخرى، طالع جاذبية (توضيح). جاذبيةمعلومات عامةالأسباب spacetime curvature (en) مادة تسبب في سقوطgravitational motion (en) يدرسه قانون الجذب العام لنيوتنالنسبية العامة المكتشف أو المخترع إسحاق نيوتن ممثلة بـ gravitational force (en) spacetime curvature (en) النقيض non-gravitational force (en)...

 

 

1962 film How the West Was WonOriginal film poster by Reynold BrownDirected by Henry Hathaway John Ford George Marshall Written byJames R. WebbStory byLouis L'AmourBased onHow the West Was Wonin LifeProduced byBernard SmithStarring Carroll Baker Lee J. Cobb Henry Fonda Carolyn Jones Karl Malden Gregory Peck George Peppard Robert Preston Debbie Reynolds James Stewart Eli Wallach John Wayne Richard Widmark Narrated bySpencer TracyCinematography William Daniels Milton Krasner Charles Lang Joseph...

 

 

مقاطعة بريبل     الإحداثيات 39°44′N 84°39′W / 39.74°N 84.65°W / 39.74; -84.65   [1] تاريخ التأسيس 15 فبراير 1808  تقسيم إداري  البلد الولايات المتحدة[2][3]  التقسيم الأعلى أوهايو  العاصمة إيتون  التقسيمات الإدارية إيتون  خصائص جغرافية  المساحة 1104 ...

Second-in-command to the governor of South Carolina See also: List of lieutenant governors of South Carolina Lieutenant Governor of South CarolinaIncumbentPamela Evettesince January 9, 2019StyleLieutenant Governor(informal)The Honorable(formal)Term lengthFour years, no limitConstituting instrumentConstitution of South CarolinaInaugural holderThomas Broughton (1730)FormationJanuary 1, 1730(294 years ago) (1730-01-01)SuccessionFirstSalary$46,545 annuallyWebsiteOfficial website Th...

 

 

Views and policies of the 26th US President This article may require copy editing for grammar, style, cohesion, tone, or spelling. You can assist by editing it. (November 2023) (Learn how and when to remove this message) This article is part of a series aboutTheodore Roosevelt Political positions Electoral history Early life Family The Naval War of 1812 Rough Riders Battle of San Juan Hill 1886 New York City mayoral election 33rd Governor of New York Governorship The Strenuous Life 25th Vice ...

 

 

Indian vegetarian dish with cheese This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Palak paneer – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (January 2017) (Learn how and when to remove this message) Palak paneerPalak chhena, Indian cheese in a pureed spinach sauceAlternative namesPalak chhenaCourseMainPlac...

Maison Van GoghInformasi umumAlamatRue du Pavillon, 37033 CuesmesKotaMonsNegaraBelgiaKoordinat50°26′29″N 3°55′31″E / 50.44139°N 3.92528°E / 50.44139; 3.92528Koordinat: 50°26′29″N 3°55′31″E / 50.44139°N 3.92528°E / 50.44139; 3.92528 Maison Van Gogh (atau Rumah Van Gogh) adalah sebuah museum di desa Cuesmes, dekat Mons, Belgia. Vincent Van Gogh tinggal disana dari 1879 sampai 1880. Referensi Sejarah Maison Van Gogh Biografi...

 

 

Jalan Mayor Jenderal Sutoyo atau Jalan Mayjen Sutoyo adalah nama salah satu jalan besar Jakarta. Nama jalan ini diambil dari nama seorang Pahlawan Revolusi Indonesia yaitu Mayor Jenderal TNI Anumerta Sutoyo Siswomiharjo.[1] Jalan ini merupakan salah satu bagian dari ruas Djakarta Bypass (meliputi Jl. Mayjen Sutoyo, Jl. D.I. Panjaitan, Jl. Jend. A. Yani, dan Jl. Yos Sudarso) yang memiliki panjang 18,08 km dari Cililitan sampai Tanjung Priok yang dibangun pada tahun 1960-an.[2&...

 

 

Caulerpa taxifolia Automezzi al lavoro per lo smaltimento delle alghe nell'estate del 2013 a Pinarella di Cervia, Italia Le alghe (dal latino Algae) afferiscono ad un raggruppamento, non appartenente ad un taxon sistematico, rappresentato da organismi di struttura vegetale, autotrofi, unicellulari o pluricellulari,[1] che producono energia chimica per fotosintesi, generando ossigeno e che non presentano una differenziazione in tessuti veri e propri. Nel corso del tempo, e nell'evoluzi...

طارق برويز خان (بالأردوية: طارق پرویز خان)‏  معلومات شخصية الميلاد 15 فبراير 1948   بيشاور  تاريخ الوفاة 18 أبريل 2020 (72 سنة) [1]  مواطنة باكستان  عدد الأولاد 4   الحياة العملية المدرسة الأم جامعة بشاور (التخصص:علوم سياسية) (–1975)  المهنة قاضٍ  اللغات الأردية...

 

 

Het Internationaal Olympisch Comité (IOC) gebruikt drieletterige afkortingen voor de deelnemende landen en teams, de NOC-codes. Vermeld zijn de codes voor de huidige 206 Nationale olympische comité's, alsmede die voor de neutrale en gelegenheidteams en de voormalige landen. Deze codes worden ook gebruikt voor weergave van de resultaten met toenmalige afwijkende codes. Veel van de door het IOC gebruikte codes wijken af van de ISO 3166-1. Deze afkortingen worden ook gebruikt door onder andere...