Die ISM is in alle fases uiters versprei in vergelyking met standaarde op Aarde. In koel, digte gebiede kan die digtheid tot 106 molekules per cm3 wees. In warm, verspreide gebiede is materiaal meestal geïoniseer en kan die digtheid so laag as 10−4 ions per cm3 wees. Vergelyk daarmee die digtheid van rofweg 1022 molekules per cm3 vir vloeibare water. Wat massa betref, is 99% van die interstellêre medium gas en 1% stof.[2] In die gas is 89% van atome waterstof, 9% helium en 2% ander elemente, wat in sterrekundemetale genoem word.
In astrofisika speel die ISM ’n uiters belangrike rol. Sterre vorm in die digste streke van die ISM, molekulêre wolke, en vul die ISM aan met materiaal en energie deur planetêre newels, sterwinde en supernovas. Hierdie interaksie tussen sterre en die ISM help die tempo bepaal waarteen ’n sterrestelsel sy gasinhoud opgebruik, en dus hoe lank hy stervorming kan volhou.
ISM-tabel
Dié tabel wys die komponente van die Melkweg se interstellêre medium.
↑Boulanger, F.; Cox, P.; and Jones, A.P. (2000). "Course 7: Dust in the Interstellar Medium". F. Casoli, J. Lequeux, & F. David Infrared Space Astronomy, Today and Tomorrow: 251.