Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Ilokano (Iloko, Iluko of Pagsasao nga Ilokano; [iːloʊˈkɑːnoʊ]; letterlik: "van die baai") is na Tagalog (as Filippynsamptelike taal) en Cebuano die derde belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die noordelike dele van die Filippyne gepraat, spesifiek op die eiland Luzon. Daarbenewens word Ilokano deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstateHawaii en Kalifornië.[2] Dit is die derde belangrikste nie-Engelse taal van Hawaii na Japannees en Tagalog, sowat 15% van alle huishoudings gebruik Ilokano.[3]
↑(en) "The Non-English Speaking Population in Hawaii"(PDF). State of Hawaii Department of Business, Economic Development & Tourism Research and Economic Analysis Division. p. 4. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 November 2018. Besoek op 13 Januarie 2018.