Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Tagalog (Wikang Tagalog, [tɐˈɡaːloɡ]) is die belangrikste taal van die Filippyne en vorm saam met Engels die de factoamptelike tale van die Filippyne, met Filippyns as die de jure amptelike taal. Die taal word veral op die hoofeiland Luzon rondom die hoofstadManila in die Sentraal-Filippyne gepraat. Daarbenewens word Tagalog deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstateHawaii en Kalifornië.[2] Dit is die grootste nie-Engelse taal van Hawaii, sowat 17,7% van alle huishoudings gebruik Tagalog.[3]
Die naam "Tagalog" is afgelei van die endoniem taga-log ("rivierbewoner"), saamgestel uit tagá- ("inheems" of "van") en ilog ("rivier").
↑"The Non-English Speaking Population in Hawaii"(PDF) (in Engels). State of Hawaii Department of Business, Economic Development & Tourism Research and Economic Analysis Division. p. 4. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 November 2018. Besoek op 13 Januarie 2018.