Ikonografie

Holbein se The Ambassadors is 'n komplekse werk waarvan die ikonografie debatteerbaar bly.

Ikonografie, 'n afdeling van kunsgeskiedenis, bestudeer die identifisering, beskrywing en die interpretasie van die inhoud van kunswerke: die onderwerp wat uitgebeeld word, die spesifieke samestelling en details wat daarvoor gebruik is, en ander elemente wat van kunsstyl onderskei kan word.

Ikonografie as studieveld

Die oorsprong van ikonografie

'n Vroeë Westerse skrywer wat spesifiek aandag aan die inhoud van kuns gegee het, was Giorgio Vasari, wie se Ragionamenti, 'n vertolking van die skilderye in die Palazzo Vecchio in Florence, demonstreer dat hierdie werke moeilik verstaan word, selfs deur goed ingeligte tydgenote. Gian Pietro Bellori, 'n 17de eeuse biograaf van eietydse kunstenaars het baie werke beskryf en ontleed. Lessing se studie (1796) van die klassieke figuur Amor was 'n vroeë poging om 'n studie van 'n spesifieke beeld te gebruik om die kultuur te beskryf waarin dit ontstaan het.[1]

'n Skildery met 'n komplekse ikonografie: Hans Memling se sogenaamde Seven Joys of the Virgin – dit is trouens 'n latere titel vir 'n Life of the Virgin-siklus op 'n enkele paneel. Altesaam 25 tonele word uitgebeeld. 1480, Alte Pinakothek, München.[2]

Ikonografie as 'n akademiese kunshistoriese dissipline het in die negentiende eeu in die werke van kenners soos Adolphe Napoleon Didron (1806–1867), Anton Heinrich Springer (1825–1891) en Émile Mâle[3] ontwikkel, almal spesialiste in Christelike kuns, wat op daardie tydstip vernaamste studieveld was.[1] Hulle het vroeëre pogings om onderwerpe ensiklopedies te klassifiseer en organiseer, soos Cesare Ripa se Iconologia overo Descrittione Dell’imagini Universali cavate dall’Antichità et da altri luoghi, as handleidings ondersoek om kunswerke, godsdienstig sowel as sekulêr, op 'n meer wetenskaplike manier te verstaan en nie bloot esteties te benader nie.[3] Hierdie vroeë bydraes het die weg vir ensiklopedieë, handleidings en ander publikasies gebaan wat vir die identifisering van kunsinhoud gebruik kon word.

Twintigste eeuse ikonografie

In die vroeë twintigste eeuse Duitsland het Aby Warburg (1866–1929) en sy volgelinge Fritz Saxl (1890–1948) en Erwin Panofsky (1892–1968) die identifisering en klassifisering van motiewe in kunswerke verder gevoer en ikonografie as middel begin gebruik om betekenis te verstaan.[3] Panofsky het 'n invloedryke benadering tot ikonografie in sy Studies in Iconology (1939) gepubliseer waarin hy dit as "die afdeling van kunsgeskiedenis [omskryf] wat eerder met die onderwerp of betekenis van kunswerke as met vorm gemoeid is."[3]

In die Verenigde State, waarheen Panofsky in 1931 geïmmigreer het, het studente soos Frederick Hartt en Meyer Schapiro onder sy invloed die dissipline voortgesit.[3] In 'n invloedryke artikel van 1942, Introduction to an "Iconography of Mediaeval Architecture",[4] het Richard Krautheimer argitektoniese strukture by ikonografiese ontledings ingesluit.

In die tydperk ná 1940 was ikonografie besonder prominent in kunsgeskiedenis.[5] Sommige ontledings het 'n veel groter gehoor begin trek, byvoorbeeld Panofsky se teorie (vandag meestal in onguns by spesialiste) dat die teks teen die agterste muur in die Arnolfini Portret deur Jan van Eyck die skildery in 'n verslag van 'n huwelikskontrak verander het. Holbein se The Ambassadors was die onderwerp van boeke vir die algemene leserspubliek met nuwe teorieë wat die skildery se ikonografie betref,[6] en Dan Brown se blitsverkopers bevat teorieë oor die ikonografie van werke deur Leonardo da Vinci - alhoewel dit deur die meeste kunshistorici verwerp word.

Tegnologiese vooruitgang het tot die totstandkoming van groot fotoversamelings gelei wat oor 'n ikonografiese ordening of indeks beskik, onder andere die van die Index of Christian Art by Princeton.[7] Hierdie versamelings word tans gedigitaliseer en aanlyn beskikbaar gestel, gewoonlik op 'n beperkte basis.

Met die koms van rekenaarkunde is die Iconclass-stelsel, met sy 28 000 klassifikasietipes en 14 000 sleutelwoorde, as 'n standaard klassifikasie ontwikkel waarvolgens versamelings saamgestel kan word. Die idee was die samestelling van reuse databasisse wat die opsporing van foto's met spesifieke besonderhede, onderwerpe of ander gemeenskaplike faktore sou moontlik maak. Die Iconclass-kode "71H7131" verwys byvoorbeeld na die onderwerp "Batseba (alleen) met Dawid se brief", waar "71" die hele "Ou Testament" en "71H" die "verhaal van Dawid" is. Hierdie versamelings is gewoon aanlyn of op DVD beskikbaar.[8][9] Die stelsel kan ook onafhanklik van suiwer kunsgeskiedenis, byvoorbeeld op werwe soos Flickr, gebruik word.[10]

'n Kort oorsig van ikonografie

'n 17de eeuse Sentraal-Tibettaanse thanka van Guhyasamaja Akshobhyavajra.

Ikonografie in Indiese godsdienstige kuns

Die kern van die ikonografie en hagiografie van Indiese gelowe word deur mudra of gebare met spesifieke betekenisse gevorm. Ander kenmerke sluit die ligkring en stralekrans in wat ook in Christelike en Islamitiese kuns voorkom, en goddelike eienskappe wat deur asana en rituele instrumente soos die dharmachakra, vajra, dadar, chhatra, sauwastika, phurba en danda verteenwoordig word. Verdere kenmerke is die simboliese gebruik van kleur wat die Klassieke Elemente of Mahabhuta en letters en bija-lettergrepe van heilige alfabetiese geskrifte aandui. Onder die invloed van tantra-kuns het esoteriese betekenisse ontstaan wat slegs aan ingewydes bekend is. Dit is 'n besonder sterk kenmerk van Tibettaanse kuns. Die kuns van Indiese gelowe, veral Hindoes, word deur heilige tekste, naamlik die Aagama, gereguleer wat die verhoudings en proporsie van die ikoon, sowel as die stemming van die hooffiguur binne 'n konteks beskryf.

Alhoewel ikoniese voorstelling van 'n enkele figuur die oorheersende soort Boeddhistiese kunswerk is, word groot rotsreliëf- of fresco-verhale oor die Lewe van die Boeddha of staaltjies oor sy vorige lewens, by plekke soos Sarnath, Ajanta en Borobudor aangetref, veral in vroeër tydperke. Aan die ander kant het narratiewe tonele in Hindoe-kuns die afgelope eeue taamlik algemeen geraak, veral in miniatuurskilderye van die lewens van Krisjna en Rama.

Christelike ikonografie

Ná 'n vroeë tydperk waarin anikonisme sterk was,[11] het Vroeë Christelike kuns ongeveer twee eeue na Christus begin, met klein uitbeeldings in die Katakombes van Rome van biddende figure, tekeninge van Christus en sekere heiliges en 'n beperkte aantal "verkorte voorstellings" van Bybelse episodes wat verlossing beklemtoon. Uit die Konstantynse tydperk het kuns motiewe uit die Romeinse Keiserlike beeldversameling, klassieke Griekse en Romeinse godsdiens en populêre kuns geleen – die motief van Christus in sy majesteit is iets aan die keiserlike uitbeeldings van Zeus verskuldig. In die Laat Antieke tydperk het ikonografie 'n standaardisering ondergaan en daar het 'n nouer ooreenkoms met Bybelse tekste getoon; heelwat gapings in die kanonieke evangeliese vertellings is egter met staaltjies uit die apokriewe evangelies ingevul. Die kerk sou uiteindelik daarin slaag om met die meeste hiervan weg te doen, maar sommige het oorgebly, soos die os en esel in die geboorte van Christus.

Die Teotokos van Tichwin van ongeveer 1300, 'n voorbeeld van die Hodegetria-tipe Madonna en Kind.

Na die tydperk van Bisantynse ikonoklasme is ikonografiese vernuwing in die Oosterse kerk as ongesond, indien nie ketters nie, beskou. Tog het dit teen 'n slakkepas voortgegaan. In 'n groter mate as in die Weste, is daar geglo dat tradisionele kunswerke 'n bonatuurlike oorsprong het, en dit was die kunstenaar se taak om dit so getrou moontlik te kopieer. Die Oosterse kerk het ook nooit die gebruik van hoë reliëf of vrystaande beelde aangeneem nie, aangesien dit 'n té heidense konnotasie gehad het. Alhoewel die meeste Oosters-Ortodokse ikone amper identies aan dié van 'n duisend jaar gelede is, het daar wel ontwikkeling en sekere betekenisverskuiwings plaasgevind – die ou man in gesprek met sint Josef wat dikwels in Ortodokse Kersverhale gesien word, het skynbaar as een van die skaapwagters of die profeet Jesaja begin, maar word vandag gewoonlik as die "Versoeker" (Satan) beskou.[12]

In die Ooste sowel as die Weste is daar verskeie ikoniese tipes van Christus, Maria, heiliges en ander onderwerpe ontwikkel. Tradisionele modelle is ter wille van narratiewe skilderye aangepas, insluitend groot siklusse wat gebeure in die lewe van Christus, die lewe van die Maagd, gedeeltes van die Ou Testament en, toenemend, die lewens van gewilde heiliges gedek het. Veral in die Weste was daar later 'n stelsel vir die identifisering van individuele heiliges aan 'n standaard voorkoms en simboliese voorwerpe wat deur hulle vashou word; in die Ooste was hulle gewoonlik aan die hand van geskrewe etikette geïdentifiseer.

Vanaf die Romaneske tydperk het beeldhoukuns in kerke toenemend belangrik in Westerse kuns geraak, en dit het, waarskynlik deels as gevolg van die gebrek aan Bisantynse modelle, 'n ruimte vir baie ikonografiese vernuwing geword.

Die teorie van tipologie waarvolgens die betekenis van die meeste Ou Testamentiese gebeure as 'n "tipe" of voorafskaduwing van 'n gebeurtenis in die lewe, of aspek van, Christus of Maria vertolk is, is dikwels in kuns weerspieël, en in die latere Middeleeue het dit die keuse van Ou Testamentiese tonele in Westerse Christelike kuns oorheers.

Robert Campin se Mérode Altarpiece van 1425–28 bevat 'n baie komplekse ikonografie waaroor daar steeds gedebatteer word. Is Josef besig om 'n muisval te maak, geïnspireer deur 'n opmerking van sint Augustinus dat Christus se vleeswording 'n val was om siele te vang?

Terwyl die oorgrote meerderheid van godsdienstige kuns in die Romaneske en Gotiese tydperke daarop gerig was om dikwels komplekse godsdienstige boodskappe so duidelik moontlik oor te dra, het die gebruik van ikonografie met die koms van Vroeë Nederlandse skilderkuns hoogs gesofistikeerd geraak. In baie gevalle blyk kunswerke opsetlik raaiselagtig te wees, selfs vir geletterde tydgenote.

Vanaf die 15de eeu het godsdienstige kuns geleidelik daarvan wegbeweeg om vroeëre komposisionele modelle te volg, en teen die 16de eeu is daar van kunstenaars verwag om met nuwe komposisies vorendag te kom. Die Hervorming het die meeste Protestantse godsdienstige skilderkuns tot Bybelse tonele beperk, en 'n paar dekades later het die Katolieke Konsilie van Trente die vryheid van Katolieke kunstenaars in 'n mate ingeperk.

Sekulêre Westerse kuns

Sedert die Renaissance het sekulêre kuns baie meer algemeen geraak en sy eie tradisies en konvensies rondom ikonografie in historiese skilderkuns ontwikkel, wat mitologie, portrette, genretonele en selfs landskappe insluit, om nie te praat van moderne media en genres soos fotografie, films, politieke spotprente, strokiesprente en anime nie.

Artikels met ikonografiese ontledings van individuele werke

'n Onvolledige lys:

  • Castelseprio frescoes
  • The Flagellation deur Piero della Francesca
  • The Wilton Diptych
  • The Mérode Altarpiece deur Robert Campin
  • Madonna of Chancellor Rolin, Arnolfini Portrait, Annunciation (van Eyck, Washington), almal deur Jan van Eyck
  • The Magdalen Reading deur Rogier van der Weyden
  • St. Jerome in His Study deur Antonello da Messina
  • Two Venetian Ladies deur St. Augustine in His Study deur Vittore Carpaccio
  • Melencolia I deur Albrecht Dürer
  • Marie de' Medici cycle deur Rubens
  • William Hogarth paintings and prints
  • Ivan Rutkovych

Verwysings en bronne

Verwysings
  1. 1,0 1,1 Białostocki:535
  2. Alte Pinakotek, Munich; (Summary Catalogue – various authors), pp. 348-51, 1986, Edition Lipp, ISBN 3-87490-701-5
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 W. Eugene Kleinbauer and Thomas P. Slavens, Research Guide to the History of Western Art, Sources of information in the humanities, no. 2.
  4. Richard Krautheimer,Introduction to an "Iconography of Mediaeval Architecture", Journal of the Warburg and Courtauld Institutes, Vol. 5. (1942), pp. 1-33.
  5. Białostocki:537
  6. Most recently: North, John (September, 2004).
  7. Białostocki:538-39
  8. "Iconclass website".
  9. Illuminated manuscripts from the Dutch royal Library, browsable by ICONCLASS classification Geargiveer 20 Februarie 2008 op Wayback Machine and Ross Publishing – examples of databases for sale ArchivedFebruary 20, 2008, at theWayback Machine.
  10. website Iconclass for Flickr
  11. Kitzinger, Ernst, "The Cult of Images in the Age before Iconoclasm", Dumbarton Oaks Papers, Vol. 8, (1954), pp. 83–150, Dumbarton Oaks, Trustees for Harvard University, JSTOR
  12. Schiller:66
Bronne
  • Alunno, Marco. Iconography and Gesamtkunstwerk in Parsifal’s Two Cinematic Settings in ESM Mediamusic. № 2 (2013). [1]
  • Białostocki, Jan, Iconography, Dictionary of The History of Ideas, Online version, University of Virginia Library, Gale Group, 2003 [2] Geargiveer 14 Maart 2007 op Wayback Machine
  • Cook, Pam and Mieke Bernink, eds. 1999. The Cinema Book. 2nd ed. London: BFI Publishing. ISBN 0-85170-726-2.
  • Schiller, Gunter. Iconography of Christian Art, Vol. I,1971 (English trans from German), Lund Humphries, London, ISBN 0-85331-270-2
  • Lexicon Iconographicum Mythologiae Classicae (LIMC), Artemis Verlag, 1981–2009 [iconography of ancient mythology]

Eksterne skakels

Read other articles:

2008 studio album by Ill BillThe Hour of ReprisalStudio album by Ill BillReleasedSeptember 16, 2008 (2008-09-16)Recorded2006-2008GenreHardcore hip hopLength59:53LabelUncle HowieFat BeatsProducerCynicDarp MaloneDJ LethalDJ MuggsDJ PremierIll BillNecroSicknatureT-RayIll Bill chronology What's Wrong with Bill?(2004) The Hour of Reprisal(2008) Kill Devil Hills(2010) Professional ratingsReview scoresSourceRatingAllMusic[1]Consequence Of SoundC+[2]HipHopDX4/5&...

 

 

Philippe yang BaikPhilippe yang BaikAdipati BourgogneBerkuasa10 September 1419 – 15 Juni 1467PendahuluJean Tanpa TakutPenerusCharles yang BeraniInformasi pribadiKelahiran31 Juli 1396Dijon, BourgogneKematian15 Juni 1467 (umur 70)Brugge, FlandersPemakamanDijon, BourgogneWangsaWangsa Valois-BurgundyAyahJean Tanpa TakutIbuMargaret dari BayernPasanganMichelle dari Valois Bonne dari Artois Isabella dari PortugalAnakCharles yang BeraniDavid dari BourgogneAntoine dari Bourgogne Philippe yang Baik (...

 

 

Bekas reruntuhan Flavian Amphitheatre yang masih ada hingga sekarang dan dikenal sebagai Colosseum. Flavian Amphitheatre (Latin: Amphitheatrum Flaviumcode: la is deprecated ) merupakan pertandingan perdana yang digelar oleh Kaisar Romawi Titus dalam rangka perayaan atas penyelesaian Anno Domini 80 M (81 M dari rujukan-rujukan tertentu)[1] yang kemudian dikenal sebagai Colosseum. Pada 70 M, amfiteater dibangun oleh Vespasianus dan setelah kematian Vespasianus pada 79 M, bangunan terseb...

Artikel atau bagian mungkin perlu ditulis ulang agar sesuai dengan standar kualitas Wikipedia. Anda dapat membantu memperbaikinya. Halaman pembicaraan dari artikel ini mungkin berisi beberapa saran. Bagian dari seriIslam dan ImanIslamImanIhsan Individual Mu'min Muslim Fasik Fajir Kafir Munafik Kelompok Ahli Kitab Ahlul Fatrah Istilah Agama (Din) lbs Ahli Kitab (أهل الكتاب ′Ahl al-Kitāb) adalah sebutan bagi umat Yahudi dan Nasrani di dalam Al-Qur'an. Dinamakan demikian karena Allah...

 

 

هذه المقالة بحاجة لمراجعة خبير مختص في مجالها. يرجى من المختصين في مجالها مراجعتها وتطويرها. المقالة بحاجة لمراجعة فالجهاز ليس مقاومة متغيرة رقمية وقد تم مراجعة المقالة الاصلية بالاضافة إلى مواقع اجنبية واتضح ان الجهاز عبارة عن مقياس لا مقاومة. مقاومة متغيرة رقمية (بالإنج...

 

 

Jewish activist Dan Diker addressing the World Jewish Congress Governing Board meeting in Jerusalem, June 2011 Daniel Diker is the president of the Jerusalem Center for Public Affairs, a public diplomacy and research institute in Jerusalem, Israel. Biography Dan Diker was born in New York. Diker earned a BA cum laude from Harvard University and pursued his MBA at the Harvard Graduate School of Business before receiving an MA in government, counter-terrorism and homeland security studies, summ...

Cet article est une ébauche concernant une femme d'affaires américaine. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Pour les articles homonymes, voir Siebert. Muriel SiebertBiographieNaissance 12 septembre 1928ClevelandDécès 24 août 2013 (à 84 ans)New YorkNationalité américaineFormation Université Case Western ReserveActivités Femme d'affaires, banquièreAutres informationsParti politique Part...

 

 

TNA Digital Media Championship Matt Cardona brandissant la ceinture de champion médias digitaux d'Impact Wrestling. Données générales Autres noms Impact Digital Media Championship Création 30 septembre 2021 Fédération Total Nonstop Action Wrestling Champion(s) actuel(s) Crazzy Steve (1) Champion(s) précédent(s) Tommy Dreamer (1) Statistiques Premier(s) champion(s) Jordynne Grace Règne le plus long Joe Hendry (266 jours) Règne le plus court Rich Swann (35 jours) Plus gran...

 

 

Disambiguazione – Se stai cercando l'omonimo allenatore di calcio ed ex calciatore francese, vedi René Girard (calciatore). René Girard René Girard (Avignone, 25 dicembre 1923 – Stanford, 4 novembre 2015[1]) è stato un antropologo, critico letterario e filosofo francese. Il suo lavoro appartiene al campo dell'antropologia filosofica e ha influssi su critica letteraria, psicologia, storia, sociologia e teologia. È stato professore di letteratura comparata presso la Stanford U...

This article is about the purported secret committee. For other uses, see Majestic 12 (disambiguation). Purported organization that appears in UFO conspiracy theories Majestic 12, also known as Majic-12, and MJ-12 for short, is a purported organization that appears in UFO conspiracy theories. The organization is claimed to be the code name of an alleged secret committee of scientists, military leaders, and government officials, formed in 1947 by an executive order by U.S. President Harry S. T...

 

 

ArepaArepas yang dijual oleh pedagang kaki limaTempat asalKolombia, VenezuelaDaerahKawasan utara Amerika SelatanMasakan nasional terkaitKolombia, VenezuelaDibuat olehSuku Timoto-Cuica[1]Bahan utamaTepung jagungSunting kotak info • L • BBantuan penggunaan templat ini  Media: ArepaArepa (pengucapan bahasa Spanyol: [aˈɾepa]) adalah makanan khas Kolombia dan Venezuela yang terbuat dari adonan jagung yang digiling. Hidangan yang berasal dari Amerika Selat...

 

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2023. Eileen DalyEileen DalyLahirEileen Mary Theresa Barnes01 Juni 1963 (umur 60)Dulwich, London, InggrisPekerjaanAktris, model, sutradara, produser, penulis, dan penyanyi-penulis laguTahun aktif1979–sekarangSitus webeileendaly.net Eileen Mary T...

For related races, see 1896 United States gubernatorial elections. 1896 North Carolina gubernatorial election ← 1892 November 3, 1896 1900 →   Nominee Daniel Lindsay Russell Cyrus B. Watson William A. Guthrie Party Fusion Democratic Populist Popular vote 154,025 145,286 30,943 Percentage 46.5% 43.9% 9.4% Governor before election Elias Carr Democratic Elected Governor Daniel Lindsay Russell Republican Elections in North Carolina Federal government U.S. Presiden...

 

 

У этого термина существуют и другие значения, см. Майами (значения). ГородМайамиангл. Miami Флаг Герб 25°47′ с. ш. 80°13′ з. д.HGЯO Страна  США Штат Флорида Округ Майами-Дейд Мэр Фрэнсис Суарес История и география Основан 28 июля 1896 Первое упоминание 1825 Прежние назва�...

 

 

Gouvernement François Darlan État français (Vichy) Données clés Chef de l'État et Président du Conseil Philippe Pétain Vice-président du Conseil François Darlan Formation 10 février 1941 Fin 18 avril 1942 Durée 1 an, 2 mois et 8 jours Composition initiale Gouvernement Pierre-Étienne Flandin II Gouvernement Pierre Laval VI modifier - modifier le code - voir Wikidata (aide) Le gouvernement François Darlan est le troisième gouvernement du régime de Vichy en France...

 烏克蘭總理Прем'єр-міністр України烏克蘭國徽現任杰尼斯·什米加尔自2020年3月4日任命者烏克蘭總統任期總統任命首任維托爾德·福金设立1991年11月后继职位無网站www.kmu.gov.ua/control/en/(英文) 乌克兰 乌克兰政府与政治系列条目 宪法 政府 总统 弗拉基米尔·泽连斯基 總統辦公室 国家安全与国防事务委员会 总统代表(英语:Representatives of the President of Ukraine) 总...

 

 

Italian writer This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (February 2015) Ardengo Soffici Ardengo Soffici (7 April 1879 – 19 August 1964) was an Italian writer, painter, poet, sculptor and intellectual. Early life Soffici was born in Rignano sull'Arno, near Florence. In 1893 his family moved to the latter city, where he studied at the Ac...

 

 

Upper house of the parliament of Uzbekistan Senate of the Oliy Majlis of the Republic of Uzbekistan Oʻzbekiston Respublikasi Oliy Majlisi Senati (Uzbek)5th Oliy MajlisTypeTypeUpper house of the Oliy Majlis Term limitsNoneHistoryFounded2005LeadershipChairmanTanzila Norbaeva since 21 June 2019 StructureSeats100 (84 directly elected and 16 appointed by the president)Length of term5 yearsMeeting placeSenate Building in TashkentWebsitesenat.uz Politics of Uzbekistan CIS Member State Constitu...

Untuk konstituensi persekutuan yang diwakili dalam Dewan Rakyat, lihat Sarikei (federal constituency). Artikel ini memuat Teks Tionghoa. Tanpa bantuan render yang baik, anda mungkin akan melihat tanda tanya, kotak-kotak, atau simbol lainnya bukannya Karakter Tionghoa. Sarikei泗里街Julukan: Kota Nanas/Kota Burung layang-layangNegara MalaysiaNegara bagian SarawakPemerintahan • Kepala DewanCr. Chan Phan Chan • ResidenMichael DawiLuas • To...

 

 

1871 stamps of Tolima. This is a survey of the postage stamps and postal history of Tolima. Tolima Department is one of the 32 departments of Colombia, located in the Andean region, in the center-west of the country. The department of Tolima was created in 1861 from a part of what had been Cundinamarca. First stamps The first postage stamps of Tolima were issued in 1870.[1] See also Postage stamps and postal history of Colombia References ^ Tolima. Sandafayre Stamp Atlas. Retrieved 2...