Giorgio Vasari |
---|
|
Gebore |
(1511-07-30)30 Julie 1511 Arezzo, Italië |
---|
Sterf |
27 Junie 1574 (op 62) Florence, Italië |
---|
Nasionaliteit |
Italiaans |
---|
Veld |
Skildery, argitektuur |
---|
Opleiding |
Andrea del Sarto |
---|
Beweging |
Renaissance |
---|
Werke |
Biografieë van Italiaanse kunstenaars |
Giorgio Vasari (30 Julie 1511 - 27 Junie 1574) was 'n Italiaanse skilder, argitek en een van die eerste kunsgeskiedkundiges.
In sy eie tyd was Vasari bekend vir sy kunswerke wat hy vir die kerke in Florence geskep het, alhoewel hy vandag veral bekend is vir sy Vite, wat naas Karel van Mander se Schilderboek steeds as een van die belangrikste biografiese bronne van kunstenaars uit Renaissance beskou word. Die boek se volledige titel is Vite de' più eccellenti architetti, pittori, et scultori italiani, da Cimabue insino a' tempi nostri ("Lewens van die uitmuntendste Italiaanse argitekte, skilders en beeldhouers, van Cimabue tot ons tyd).