Die Hui-Chinese (Chinees: 回族, Pinyin: Huízú, Xiao'erjing: خُوِذُو/حواري, Dungan: Хуэйзў/Huejzw) is een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") in die Volksrepubliek China. Hulle is etnies en taalkundig nou verwant aan die Han-Chinese, met die uitsondering dat die Hui-Chinese oorwegend aanhangers van die SoennitieseIslam is, en hul jong seuns word besny. Kleiner Islamitiese etniese groepe wat nie deur die Chinese regering as eie nasionaliteite erken word nie, word by die Hui-Chinese ingereken.
Hui-Chinese is naas Han-Chinese en Zhuang die derde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Volgens die sensus van 2011 leef in die Volksrepubliek China 10 586 087 Hui-Chinese, veral in die streke Noordwes-China en die sentrale Zhongyuan. Groot bevolkings van Hui-Chinese leef in die provinsies Ningxia (2 173 820 of 20,52%), Gansu (1 258 641 of 11,88%), in die outonome gewes Xinjiang (983 015 of 9,28%) en Henan (957 964 of 9,04%). Nes Oeigoere is Hui-Chinese een van die grootste groep Moslems in die Volksrepubliek China.
↑(zh) 《中国2010年人口普查资料(上中下)》 (the Data of 2010 China Population Census). China Statistics Press. 2012. ISBN9787503765070. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)