Hohhot (Mongools: , Chinees: 呼和浩特) is die hoofstad van die Chinese outonome gebied Binne-Mongolië met 'n bevolking van 2 866 615 in 2010. Die stad is geleë in die noorde van China en suid van die grens met Mongolië.
Hohhot is noordwes van Beijing en Tianjin geleë. Dit is die administratiewe, ekonomiese en kulturele sentrum van die outonome gebied.