Mongools word in in verskeie skryfstelsels geskryf: In Mongolië word die Cyrilliese alfabet gebruik, terwyl in die Volksrepubliek van China die tradisionele Mongoolse skrif gebruik word.[4] Die voormalige Volksrepubliek van Mongolië het in die 20ste eeu die Cyrilliese alfabet van sy bondgenoot, die destydse Sowjetunie, oorgeneem en aangepas. Dit word nog steeds in Mongolië asook vir ander Mongoolse tale in Rusland soos Boerjaties en Kalmikies gebruik.
↑"Mongγul kele bičig-ün aǰil-un ǰöblel". Sien Sečenbaγatur et al. 2005: 204.
↑(en) Minglang Zhou: Multilingualism in China: The Politics of Writing Reforms for Minority Languages 1949–2002, bl. 294, Walter de Gruyter, Google Books