Henricus Gregorius Jozeph (Henk) (gebore op 23 Julie 1952 in Hengelo) is 'n Nederlandse voormalige politikus vir die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD), 'n regs-liberale party. Hy was minister in die kabinette Balkenende I, Balkenende II, Balkenende III, Rutte I, Rutte II en Rutte III gewees.
Biografie
Henk Kamp studeer aan die Sentrum vir Fiskale Studies (onderdeel van die Nederlandse Belastingdiens) en gaan werk as fiskale speurder. Hieronder volg 'n oorsig van sy verdere beroepe:
- lid van die stadsraad van Borculo, van 5 September 1978 tot 12 April 1994
- wethouer van Borculo, van 29 April 1986 tot 12 April 1994
- lid van die Provinsiale State van Gelderland, van Julie 1986 tot Mei 1994
- lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal, van 17 Mei 1994 tot 22 Julie 2002
- lid van die Tweede Kamer der Staten-Generaal, van 30 Januarie 2003 tot 27 Mei 2003
- lid van die Tweede Kamer der Staten-Generaal, van 30 November 2006 tot 18 Desember 2008
- Kommissaris vir Bonaire, Sint Eustatius en Saba, van 1 Januarie 2009 tot 10 Oktober 2010
Opmerking: Kamp is as wethouer van Borculo belas met openbare werke, ruimtelike ordening, behuising, sport, ekonomiese aangeleenthede en omgewing.
Bronne