Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewitsj en die van is Romanof.

Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj

Geboortedatum (1827-09-21)21 September 1827,
Winterpaleis, Sint Petersburg, Russiese Ryk
Sterfdatum 25 Januarie 1892 (op 64),
Pawlofsk-paleis, Pawlofsk, Russiese Ryk
Gade Prinses Alexandra van Sakse-Altenburg
Kinders O.a. Olga, koningin van Griekeland
Vader Nikolaas I van Rusland
Moeder Charlotte van Pruise
Huis Holstein-Gottorp-Romanof

Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland (Russies: Константи́н Никола́евич Рома́нов; 21 September 1827 – 25 Januarie 1892) was die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland en die oupagrootjie van prins Philip van die Verenigde Koninkryk.

Tydens die bewind van sy broer Aleksander II was Konstantyn admiraal van die Russiese vloot en het hy dit hervorm. Hy was ook ’n belangrike figuur in die bevryding van die lyfeienes. Hy was minder suksesvol as onderkoning van Pole en hy is teruggeroep na Rusland, waar hy aangeval is oor sy liberalisme.

Ná die sluipmoord op sy broer het Konstantyn in onguns verval. Die nuwe tsaar, Aleksander III, sy broerskind, was teen Konstantyn se liberale idees gekant en het hom geleidelik van al sy regeringsposisies ontneem. Sy aftrede is gekenmerk deur ’n persoonlike stryd en familieterugslae. Ná ’n beroerte het hy sy laaste jare as ’n invalide deurgebring. Sy dogter Olga het getrou met George I van Griekeland en hul seun prins Andrew was die pa van prins Philip en die oupa van prins Charles.

Opvoeding

Toe hy vyf jaar oud was, was hy te eiewillig om deur ’n goewernante hanteer te word en sy pa het ’n manlike onderwyser vir hom aangestel.[1] Fjodor Litke, wat op 20-jarige ouderdom om die wêreld geseil het, het ’n sterk karakter gehad en was vir niks bang nie, en het dié eienskappe aan sy jong student oorgedra. Konstantyn het Russies, Engels, Frans en Duits geleer[2] en later wiskunde, wetenskap, statistiek en regeringsadministrasie. Daar was ook militêre lesse. Hy het van teken gehou en ’n waardering vir kuns gehad. Verder het hy musiek geniet en die klavier en tjello leer speel.

Toe hy agt jaar oud was, het hy ’n klein seiljag van sy ouers present gekry. Hy sou tussen Peterhof en Kronstadt seil en sy dae op see deurbring, en dan snags huis toe terugkeer. Tydens sy vlootopleiding is Konstantyn tot kaptein bevorder toe hy net 16 jaar oud was.

Loopbaan

Konstantyn en sy oudste seun, Nikolai.

Op 11 September 1848 is Konstantyn met prinses Alexandra van Sakse-Altenburg getroud, waarna sy die naam groothertogin Aleksandra Iosifowna aangeneem het. In die begin was hulle baie gelukkig en hulle het ses kinders gehad.

In 1853 het Konstantyn se pa, Nikolaas I, hom admiraal van die Russiese vloot gemaak en hy was in beheer van die hervorming daarvan. Ná sy pa se dood het sy broer, Aleksander II, tsaar geword. As ’n groot hervormer was Aleksander gelief én gehaat. Sy grootste hervorming was die bevryding van lyfeienes, ’n stap wat by baie van die adel ongewild was. Konstantyn het hom daarmee gehelp en het hom groot vyandigheid op die hals gehaal. Sy vyande het hom onder meer getart: Konstantyn was waansinnig, die gevolg van te veel masturbasie."[3] Eindelik het die twee broers se vasberadenheid vrugte afgewerp[4] en ná ’n stryd van vyf jaar is die lyfeienes eindelik in 1861 bevry.

In 1861 was die Russiese sektor van Pole, wat sedert die vorige eeu verdeel was, vol onrus en onder krygswet.[5] Aleksander het Konstantyn as onderkoning van Pole aangestel. Op 4 Julie 1862, op sy tweede dag daar, is hy deur ’n vakleerling en Poolse nasionalis, Jaroszyński, geskiet. Die koeël het sy skouer skrams getref, maar andersins was hy ongedeerd.[6]

Hy het verkies om in Pole te bly. In Julie 1862 het sy vrou aan hul sesde en laaste kind die lewe geskenk. Konstantyn het met die Pole gesimpatiseer en ondanks die advies van sy broer het hy die krygswet beëindig en met ’n bevrydingsprogram begin.[7] Sy hervormings was egter nie goed genoeg vir die Pole nie; hulle wou vryheid hê, al was dit deur middel van geweld.

Op Nuwejaar 1863 het stappe om ’n paar radikale Poolse nasionaliste aan te keer, geboemerang en die sogenaamde Januarie-opstand tot gevolg gehad. Dit het gelei tot ’n rebellie. Intense gevegte, stakings en selfs politieke sluipmoorde het gedreig om Konstantyn se vooruitgang te kniehalter. Hy moes weer krygswet afkondig en die opstand onderdruk. Hoewel hy bedrewe was in vlootsake, het politieke gevegte hom nie aangestaan nie en in Augustus 1863 het hy die tsaar gevra om hom van sy amp as onderkoning te onthef. Sy broer het sy bedanking aanvaar. Die Poolse opstand is eindelik in Mei 1864 deur die meer konserwatiewe graaf Frederik Vilhelm Rembert von Berg onderdruk.

Terug in Rusland het Konstantyn al sy energie aan die vloot gewy en voortgegaan met sy hervormings. Uit waardering vir sy werk het Aleksander hom in 1865 aangestel as voorsitter van die ministersraad, ’n amp wat hy 16 jaar beklee het. Hy het ’n belangrike invloed op sy broer gehad om Alaska in 1867 aan die VSA te verkoop omdat hy dit as ’n las vir Rusland beskou het.

Familiekrisis

Konstantyn en sy familie, van links: Dmitri; ’n helper, op die grond Konstantyn Konstantinowitsj; sittende Alexandra en Konstantyn Nikolajewitsj met Wjatsjeslaf; staande agter: Olga en Nikolai.

In 1867 het Konstantyn se oudste dogter, Olga, met koning George I van Griekeland getrou. Sy was net 16 en Konstantyn was aanvanklik gekant teen die huwelik. In Julie 1868 is Olga se eerste kind gebore en hy is Konstantyn gedoop, na sy oupa. Die begin van Olga se familie het saamgeval met die verbrokkeling van Konstantyn s’n.

Hy was net 40 jaar, maar oud voor sy tyd weens sy stryd met die bevryding van die lyfeienes en die vloothervormings. Toe Aleksander II ophou met die hervormings wat sy eerste dekade aan die bewind gekenmerk het, het Konstantyn se invloed begin afneem en het hy op sy persoonlike lewe begin fokus. Ná 20 jaar van getroude lewe het hy begin wegdryf van sy vrou; sy was so konserwatief as wat hy verlig was en is besig gehou deur haar eie dinge: haar skoonheid en mistisisme. Konstantyn het gou begin rondkyk.[8]

Hy het sy eerste buite-egtelike kind in die 1860's gehad; daarna was hy betrokke by ’n jong danseres wat 20 jaar jonger as hy was. Hy het eindelik vyf kinders by haar gehad.[9] Weer eens het hy sy vyande skietgoed gegee, want hulle het sy verveemde vrou se kant gekies.

In 1874 het nog ’n skandaal die familie getref: Konstantyn se oudste seun, groothertog Nikolai Konstantinowitsj, en sy minnares het drie waardevolle diamante van ’n ikoon in sy ma se slaapkamer gesteel. Op 24 jaar oud is hy skuldig bevind, waansinnig verklaar en vir die res van sy lewe na Sentraal-Asië verban. In 1879 is Konstantyn se jongste wettige kind, Wjatsjeslaf, skielik weens breinbloeding dood.

Aftrede en laaste jare

Nadat Aleksander II in ’n sluipmoordaanval dood is, het sy seun hom opgevolg as Aleksander III en die liberale idees van Aleksander II het tot ’n einde gekom. Aleksander III het Konstantyn van sy ampte onthef en hy was nie meer welkom aan die hof nie.

Konstantyn het al hoe meer tyd met sy tweede familie deurgebring en sy wettige vrou so verder verneder. In April 1885 is sy twee oorlewende buite-egtelike seuns dae uitmekaar aan skarlakenkoors dood.[10]

Aan die begin van Augustus 1889 het Konstantyn ’n beroerte gehad; sy bene was verlam en hy kon nie praat nie. Die feit dat hy ’n invalide was, het hom swaar getref.[11] Sy vrou het hom versorg en op haar manier wraak geneem; sy het nie sy minnares uit die huis gesit wat hy vir hulle verskaf het nie, maar het gesorg dat sy helpers hom nooit daarheen neem nie,[12] ondanks sy versoeke.

Konstantyn is op 25 Januarie 1892 in Pawlofsk oorlede.[13]

Sien ook

Verwysings

  1. David Chavchavadze, The Grand Dukes, 55.
  2. Chavchavadze, 56.
  3. King en Wilson, 34.
  4. Van der Kiste, 27.
  5. Zeepvat, 69.
  6. King en Wilson, 35.
  7. Zeepvat, 70.
  8. King en Wilson, 39.
  9. Zeepvat, 71.
  10. King en Wilson, 87.
  11. King en Wilson, 89.
  12. Zeepvat, 75.
  13. King en Wilson, 91.

Bronne

  • Chavchavadze, David. The Grand Dukes. Atlantic, 1989. ISBN 0-938311-11-5
  • Ferrand, Jacques, Descendances naturelles des souverains et grands-ducs de Russie, de 1762 à 1910 : répertoire généalogique,1995.
  • King, Greg, en Wilson, Penny. Gilded Prism. Eurohistory, 2006. ISBN 0-9771961-4-3
  • Van der Kiste, John. The Romanovs 1818–1959. Sutton Publishing, 1999. ISBN 0-7509-2275-3.
  • Zeepvat, Charlotte. Romanov Autumn. Sutton Publishing, 2000. ISBN 0-7509-2739-9

Skakels

Read other articles:

R4

R4 Vektor R4 Jenis Senapan serbu Negara asal Afrika Selatan Sejarah pemakaian Masa penggunaan 1982–sekarang[1][2] Pada perang South African Border War, Haitian Civil War Sejarah produksi Perancang Yisrael Galili dari Israel Military Industries[2][Notes 1] Tahun Akhir 1960an sampai awal 1970an[2] Produsen Lyttleton Engineering Works, sekarang Denel Land Systems Varian R5, R6, LM4, LM5, LM6 Spesifikasi Berat R4: 43 kg (94,80 po...

 

Television series Soup Dragon redirects here. For the Scottish alternative rock band, see The Soup Dragons. ClangersCreated byOliver PostgateNarrated by Oliver Postgate (1969–1972, 1974) Michael Palin (2015–present) William Shatner (American version, 2015–present) Country of originUnited KingdomNo. of series2 (original)3 (revival)No. of episodesOriginal series26 (plus 1 special)Revival series104 (plus 2 specials)ProductionRunning time 10 minutes per episode (1969–1972, 1974) 11 minute...

 

2020年夏季奥林匹克运动会波兰代表團波兰国旗IOC編碼POLNOC波蘭奧林匹克委員會網站olimpijski.pl(英文)(波兰文)2020年夏季奥林匹克运动会(東京)2021年7月23日至8月8日(受2019冠状病毒病疫情影响推迟,但仍保留原定名称)運動員206參賽項目24个大项旗手开幕式:帕维尔·科热尼奥夫斯基(游泳)和马娅·沃什乔夫斯卡(自行车)[1]闭幕式:卡罗利娜·纳亚(皮划艇)&#...

2000 American filmSongcatcherTheatrical release posterDirected byMaggie GreenwaldWritten byMaggie GreenwaldProduced byRichard MillerStarringJanet McTeerAidan QuinnMichael DavisMichael GoodwinJane AdamsE. Katherine KerrEmmy RossumPat CarrollCinematographyEnrique ChediakEdited byKeith ReamerMusic byDavid MansfieldDistributed by Lions Gate Films (North America) United Artists Films (International)[1] Release dates January 25, 2000 (2000-01-25) (Sundance) June 15,&...

 

Партизанское движение в Крыму во время Великой Отечественной войны Государство  СССР Местонахождение Крым Дата начала 1941 Дата прекращения существования 1944 Враг Вермахт, Вооружённые силы Румынии, Вооружённые силы Словакии, Крымские татары во время Второй миро...

 

Disambiguazione – Se stai cercando altri significati, vedi Ladri di biciclette (disambigua). Ladri di bicicletteEnzo Staiola in una scena del filmLingua originaleitaliano Paese di produzioneItalia Anno1948 Durata93 min Dati tecniciB/Nrapporto: 1,37:1 Generedrammatico RegiaVittorio De Sica SoggettoCesare Zavattini SceneggiaturaCesare Zavattini, Vittorio De Sica, Suso Cecchi d'Amico, Oreste Biancoli, Adolfo Franci, Gerardo Guerrieri e Gherardo Gherardi Produttore esecutivoVittorio De Sica Ca...

Commune in Valparaíso, ChileAlgarroboCommune Coat of arms AlgarroboLocation in ChileCoordinates (city): 33°23′28″S 71°41′34″W / 33.39111°S 71.69278°W / -33.39111; -71.69278CountryChileRegionValparaísoProvinceSan AntonioGovernment[1] • TypeMunicipality • AlcaldeJorge Luis Pizarro RomeroArea[2] • Total175.6 km2 (67.8 sq mi)Elevation13 m (43 ft)Population (2012 Census)[...

 

Early system for organizing the IPv4 address space Map of the prototype Internet in 1982, showing 8-bit-numbered networks (ovals) only, interconnected by routers (rectangles). A classful network is an obsolete network addressing architecture used in the Internet from 1981 until the introduction of Classless Inter-Domain Routing (CIDR) in 1993. The method divides the IP address space for Internet Protocol version 4 (IPv4) into five address classes based on the leading four address bits. Classe...

 

List of events ← 2017 2016 2015 2018 in Ukraine → 2019 2020 2021 Decades: 1990s 2000s 2010s 2020s See also: History of Ukraine List of years in Ukraine Events in the year 2018 in Ukraine. Incumbents President: Petro Poroshenko Prime Minister: Volodymyr Groysman Events June C14 (Ukrainian group) gained international notoriety after reports it was being involved in violent attacks on Romany camps.[1][2] November 2018 Kerch Strait incident December The Ukrainian Ortho...

American religious organization National Association of EvangelicalsFoundedApril 1942; 82 years ago (1942-04)TypeEvangelical organizationHeadquartersWashington, D.C., U.S.Area served North AmericaMembership 39 Christian denominations (45,000 churches)AffiliationsWorld Evangelical AllianceWebsitewww.nae.org The National Association of Evangelicals (NAE) is an American association of Evangelical Christian denominations, organizations, schools, churches, and individuals, m...

 

ステルス Stealth 監督 ロブ・コーエン脚本 W・D・リクター製作 マイク・メダヴォイニール・H・モリッツローラ・ジスキン製作総指揮 アーノルド・メッサーE・ベネット・ウォルシュ出演者 ジョシュ・ルーカスジェシカ・ビールジェイミー・フォックス音楽 BTランディ・エデルマン撮影 ディーン・セムラー編集 スティーヴン・リフキン製作会社 コロンビア ピクチャーズ ...

 

Legislative Assembly constituency in Karnataka State, India Shimoga RuralConstituency No. 111 for the Karnataka Legislative AssemblyConstituency detailsCountryIndiaRegionSouth IndiaStateKarnatakaDivisionBangaloreDistrictShimogaLS constituencyShimogaTotal electors212,458[1]ReservationSCMember of Legislative Assembly16th Karnataka Legislative AssemblyIncumbent Sharada Puryanaik Party  JD(S)Alliance  NDAElected year2023Preceded byK. B. Ashok Naik Shimoga Rural Assembl...

Church at Stanford University in California, US North façade of the Stanford Memorial Church from the Main Quad A wedding ceremony in the chancel Stanford Memorial Church (also referred to informally as MemChu)[1] is located on the Main Quad at the center of the Stanford University campus in Stanford, California, United States. It was built during the American Renaissance[2] by Jane Stanford as a memorial to her husband Leland. Designed by architect Charles A. Coolidge, a stu...

 

Domenico SedinoNazionalità Italia Calcio RuoloCentrocampista CarrieraSquadre di club1 1911-1912 Libertas Genova? (?)1913-1914 Raffaele Rubattino? (?)1914-1916 Genoa1 (0)[1]1919-1920 Corniglianese? (?)1920-1921 Genoa1 (0)1921-1922 Sampierdarenese18 (1)1924-1925 Corniglianese? (?)1926-1927 Corniglianese? (?) 1 I due numeri indicano le presenze e le reti segnate, per le sole partite di campionato.Il simbolo → indica un trasferimento in pres...

 

Voce principale: Ballspielverein Borussia 09 Dortmund. Ballspielverein Borussia 09 DortmundStagione 2018-2019Sport calcio Squadra Borussia Dortmund Allenatore Lucien Favre All. in seconda Manfred Stefes Edin Terzić Presidente Reinhard Rauball Bundesliga2º posto DFB-PokalOttavi di finale Champions LeagueOttavi di finale Maggiori presenzeCampionato: Sancho (34)Totale: Witsel, Sancho (43) Miglior marcatoreCampionato: Paco Alcácer (18)Totale: Reus (21) StadioSignal Iduna Park Maggior num...

2001 studio album by John AndersonNobody's Got It AllStudio album by John AndersonReleasedMarch 27, 2001GenreCountryLabelColumbia NashvilleProducerBlake Chancey, Paul WorleyJohn Anderson chronology The Essential John Anderson(1998) Nobody's Got It All(2001) Anthology(2002) Professional ratingsReview scoresSourceRatingAllmusic [1] Nobody's Got It All is the eighteenth studio album by country music artist John Anderson released under the Columbia Records label on March 27, 2001....

 

Clarinete bajoCaracterísticasClasificación Instrumento de viento maderaInstrumentos relacionados Clarinete Clarinete alto Clarinete contrabajoTesitura Escrito: Sonante: [editar datos en Wikidata] El clarinete bajo es un clarinete afinado en Si♭ (bemol) que emite sonidos una octava por debajo del clarinete soprano. El origen del clarinete bajo se remonta al siglo XVIII. La versión moderna se debe al trabajo de Adolphe Sax en la década de 1830. 2 clarinetes bajos moder...

 

Rosario Di VincenzoNazionalità Italia Calcio RuoloAllenatore (ex portiere) SquadraVoltrese Termine carriera1980 - giocatore2007 - allenatore CarrieraGiovanili 1955-1961 Genoa Squadre di club1 1961-1962 Entella33 (-23)1962-1963 Inter0 (0)1963-1964→  Triestina18 (-16)1964-1965 Inter3 (-3)1965 Varese5 (-14)1965-1966 Genoa18 (-15)1966-1967 Potenza38 (-38)1967-1972 Lazio84 (-73)1972-1975 Brindisi87 (-69)1975-1978 Sampdoria10 (-13)1978-...

English singer (1924–1963) Not to be confused with Michael Halliday. Michael HollidayBackground informationBirth nameNorman Alexander MilneBorn(1924-11-26)26 November 1924Liverpool, Lancashire, EnglandDied29 October 1963(1963-10-29) (aged 38)Croydon, Surrey, EnglandGenresTraditional popular musicOccupationSingerYears active1951–1963LabelsColumbia (EMI)Musical artist Norman Alexander Milne (26 November 1924 – 29 October 1963),[1] known professionally as Michael Holliday, was...

 

この項目では、企業について説明しています。この会社が運営する鉄道路線については「伊豆急行線」をご覧ください。 東急 > 伊豆急ホールディングス > 伊豆急行 伊豆急行株式会社IZUKYU CORPORATION 伊豆急行本社種類 株式会社市場情報 非上場 東証2部 90191972年11月1日 - 2004年9月27日 略称 伊豆急本社所在地 日本〒413-0232静岡県伊東市八幡野1151[1]設立 1959年...