Greylingstad is 'n dorpie wes van Standerton, in Mpumalanga, Suid-Afrika. Greylingstad is 20 km oos van Balfour.
Geskiedenis
In 1909 het die NG Kerk 'n nuwe gemeente sowat 5 km suid van die huidige dorp gestig en dit Greyingstad genoem na PJ Greyling, stiefseun van die Voortrekkerleier Piet Retief. Vier jaar later is nog 'n dorp op die plaas Willemsdal by die spoorweghalte uitgelê en Willemsdal genoem ter ere van die eienaar Willem Bezuidenhout. In 1914 is die oorspronklike Greylingstad ontruim en na Willemsdal verskuif wat ook tot Greylingstad herdoop is. 'n Nuwe spoorwegstasie is in 1960 gebou.
Distrik
Mielie- en suiwelboerdery is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit.
Sien ook
Verwysings