Gesigtoehouprotea

Gesigtoehouprotea
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. recondita
Binomiale naam
Protea recondita
H.Buek ex Meisn., (1856)
Sinonieme
  • Scolymocephalus reconditus Kuntze

Die gesigtoehouprotea (Protea recondita) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Piketberg en Sederberg tot by die Groot-Winterhoekberge waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is rond en plat, word tot 3,0 m in deursnee en slegs 1,0 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Julie.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die boonste rotsagtige hellings op hoogtes van 1 000 - 2 000 m.

Dit staan ook bekend as die Skaamroos en in Engels staan dit as die Hidden sugarbush bekend.

Galery

Sien ook

Bronnelys