* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).
George Best (* 22 Mei1946 in Belfast; † 25 November2005 in Londen) was 'n Noord-Ierse professionele sokkerspeler wat as buitespeler vir die Engelse sokkerklub Manchester United en die nasionale sokkerspan van Noord-Ierland gespeel het. In 1968 het hy die UEFA Champions League met Manchester United gewen en is as die Europese Sokkerspeler van die Jaar en FWA-sokkerspeler van die Jaar aangewys. Die Irish Football Association het na Best verwys as die "grootste speler wat ooit die groen trui van Noord-Ierland gedra het".[1]
Best, wat in die Cregagh Estate in die suidooste van Belfast as seun van 'n skeepswerfarbeider gebore en ook daar grootgemaak is, het sy klubloopbaan met Manchester United in Engeland begin nadat hy op vyftienjarige leeftyd die aandag van 'n talentsoeker getrek het. Dié het 'n telegram aan die sokkerklub se bestuurder, Matt Busby, gestuur met die woorde: "I think I've found you a genius."
Nadat hy sy debuut vir United op sewentienjarige leeftyd gemaak het, het Best oor 'n tydperk van elf jaar 179 doele in 470 wedstryde aangeteken wat van hom die klub se beste ligaspeler in vyf opeenvolgende seisoene gemaak het.[2]
Ná sy ontydige afsterwe in 2005 – George Best het 'n lang stryd teen alkoholisme gevoer – is Belfast City Airport ter geleentheid van sy 60ste verjaardag hernoem na George Best Belfast City Airport. Die voormalige Scottish Mutual-gebou in Donegall Square South in Belfast se middestad is as 'n luukse hotel herontwikkel wat die naam The George Best Hotel dra.[3] Die hotel is op 22 Oktober 2018 geopen.