George Ballot
|
[[Lêer:|220px|Vyfster se promosie-plakaat.]]
|
Vyfster se promosie-plakaat.
|
|
Geboorte
|
3 September 1946
|
Sterfte
|
30 September 2023 (77)[1]
|
Nasionaliteit
|
Suid-Afrika
|
Beroep(e)
|
Akteur
|
Rolprente
|
Vyfster: die slot Skollie
|
Toekennings
|
Star Tonight Award (1983) SABC Artes Award vir beste akteur
|
Internet-rolprentdatabasis-profiel
|
George Ballot (3 September 1946 - 30 September 2023) was 'n Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Skollie in die TV-drama Vyfster en die rolprent Vyfster: die slot.[2]
Lewe
Ballot het aan die Universiteit van Pretoria studeer en in 1968 by Truk aangesluit.[3] Teaterproduksies van dié geselskap waarin hy verskyn het, sluit in Professor Poffel en Professor Moffel (1968), Sirkusavontuur (1969), Kinkels in die Kabel (1970), Mattewis en Meraai (1970), Siener in die Suburbs (1971), Die Seemeeu (1972), Toiings (1973), Die Rebellie van Lafras Verwey (1975), 'n Seder val in Waterkloof (1975), Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat (1975) en Brothers (1984).
Vir Kruik het hy verskyn in Vrede (1983), Kermis op Koekenmoer (1983), En Dit Was Môre (1985) en Die Park (1990).
Hy het later ook radio-, TV-, rolprent- en verhoogwerk gedoen en landwyd bekendheid verwerf vir sy rol as die beminlike maar komplekse misdadiger Skollie in die gewilde TV-reeks Vyfster en sy opvolgfliek. Hy was ook op TV te sien in TJ7 (1978).
Sy rolle in vroeë Afrikaanse flieks sluit in Bitter Lied van die Somer (1970), Die Sersant en die Tiger Moth (1974), Geluksdal (1974), Tant Ralie se Losieshuis (1974), Vergeet My Nie (1975), Blink Stefaans (1981), Die groen faktor (1984), Skollie (1984) en Vyfster: Die Slot (1985).
In die 1990's het hy in Kaapstad afgetree, waar hy ’n kunsgalery bedryf het en nog by vermaak betrokke was. Hy is op 2 Oktober 2023, dood in sy huis op Riebeek-Kasteel gevind. Hy is vermoedelik reeds Saterdagoggend (30 September 2023) oorlede.[4]
Filmografie
- Styx (video), 2001 as Ferguson
- Sarahsarà, 1994 as Dr. Durer
- Vyfster: Die Slot, 1985 as Skollie
- Die Groen Faktor, 1984 as Hannes Jooste
- Skollie, 1984
- Kooperasiestories, 1984 as Nerfie in Hermientjie, Hermientjie
- Vyfster (TV-reeks), 1984 as Skollie
- Blink Stefaans, 1981
- Vergeet My Nie, 1975
- Die Sersant en die Tiger Moth, 1974
- Geluksdal, 1974
- Siener in die suburbs, 1973 as Albertus
Verwysings