Ede Reményi

Ede Reményi
Reményi en Brahms
Agtergrondinligting
GeboortenaamEduard Hoffmann
Gebore(1828-01-17)17 Januarie 1828
Miskole, Noordoos-Hongarye
OorsprongHongarye
Sterf15 Mei 1898 (op 70)
San Francisco, Verenigde State
GenresKlassiek
InstrumenteViool

Ede Reményi (17 Januarie 1828 in Miskole, Hongarye15 Mei 1898 in San Francisco, Verenigde State), ook bekend as Eduard Reményi of Reményi Ede in die Hongaarse naamorde, was ’n Hongaarse violis en komponis.

Vroeë lewe

Reményi is op 17 Januarie 1828 gebore as die seun van Johann Reményi en sy vrou Rosalie Hoffmann. Hy het behoort tot die briljantste negentiende vioolvirtuose uit die Weense skool van Joseph Böhm, onder wie ander groot violiste soos Heinrich Wilhelm Ernst en Joseph Joachim gestudeer het. Hy het sy vioolstudie by J. Bartmann in Eger, Hongarye, begin en van 1842 tot 1845 opleiding aan die Weense konservatorium onder Böhm ontvang. In 1846 het hy sy buiging as uitvoerende kunstenaar in Pest gemaak waarmee hy sy loopbaan as internasionale konsertviolis, wat bykans ’n halwe eeu sou duur, begin het. In 1847 het hy in Parys gespeel en die volgende jaar as eerste violis van Her Majesty’s Theatre in Londen opgetree. In dieselfde jaar het sy geboorteland in ’n vryheidstryd teen die Oostenrykse Habsburgers gewikkeld geraak waarna Reményi na Hongarye terugkeer het om aan die opstand teen die vreemde oorheerser deel te neem.

Reise

In 1849 moes hy vir sy lewe vlug om ’n nomadiese bestaan as vermaaklikheidskunstenaar in die VSA te begin. Die volgende jaar was hy weer terug in Europa waar hy tydens sy optrede in Duitsland met die pianis en componist Johannes Brahms in Hamburg kennis gemaak het. Saam het hulle in 1853 ’n konsertreis deur Duitsland onderneem en Franz Liszt in Weimar besoek. In die volgende jaar is R. tot soloviolis van koningin Victoria benoem, ’n betrekking wat hy vyf jaar lank beklee het. Hy het in 1859 amnestie van die Oostenrykse keiser, Frans Joseph ontvang en na sy vaderland terugkeer waar hy sy eerste konsert op 30 Januarie 1860 in die Nasionale Skouburg van Pest gehou het. Met Liszt het hy die opvatting dat die musiek van die Hongaarse sigeuners in werklikheid ook die volksmusiek van die Hongare is, gedeeld en by sy konserte verwerkinge daarvan ingesluit, asook sy eie verwerkinge van Hongaarse volksliederen.

Reményi is op 10 Februarie 1872 met Gisella Fáy getroud. Vir dié geleentheid het Franz Liszt ’n Epithalamium (bruidskoor) geskryf.

Na verskeie konsertreise het Reményi hom ’n tyd lank in Pest gevestig waar hy as konsertmeester van die orkes van die Nasionale Skouburg opgetree het. In 1885 het hy hom egter losgemaak van alle vaste verbindinge en ’n uitgebreide konsertreis onderneem deur Europa, die VSA en verskeie wêrelddele, onder meer Indonesië, Voor- en Agter-Indië, Ceylon, die Filippyne, China en Japan. Met sy terugreis het hy ook die suidpunt van Afrika aangedoen waar hy in Junie 1887 in Kaapstad aangekom het terwyl die stad in ’n feestelijke stemming verkeer het weens die vijftigjarige bewindsherdenking van koningin Victoria. Sy aankomen het saamgeval met die optrede van die gewilde English and Australian Comic Opera Company van Luscombe Searelle. Laasgenoemde het onmiddellik as impresario vir Reményi opgetree en ’n reeks uitvoerings vir hom gereël. Die optrede van dié bezoekende virtuoos het ’n unieke gebeurtenis in die Kaapse musieklewe geword.

Nalatenskap

Reményi het bykans drie jaar lank deur Suid-Afrika gereis, want naas sy eerste liefde, die vioolspel, het y ook intens belanggestel in die versameling van Africana. Hy het nie net meer as een keer in groot stede soos Kaapstad, Johannesburg en Durban opgetree nie, maar ook uitvoerings in Pietermaritzburg, Grahamstad, King William’s Town en op talle kleiner dorpe gegee. Hy het dikwels plaaslike orkeste gedirigeer, as leier by kooruitvoerings opgetree en actief bygedra tot die ontwikkeling van belowende Suid-Afrikaanse musici met wie hy saam opgetree het. Onder diegene wat deur dié kontak met hom gebaat het is Gertrude Wynne, W.C. Carmichael, Virginie Cheron, Henry Clements en James Hyde. Sy belangstelling in jong vooruitstrevende komponiste het as aanmoediging gedien vir veral J.D. MacColl en J.H.M. Beck. Ter geleentheid van die Queen’s Jubilee South African Exhibition in Grahamstad in Desember 1887 het Reményi die musiek geskryf vir die woorde van Elize Pauline Orpen se Hymn of liberty. Verder het hy ook sy eie uitvoerings gekomponeer soos die Symphonic march vir sy vijftigste optrede in Suid-Afrika.

Laaste jare

Teen die einde van Februarie 1890 het hy Suid-Afrika verlaat. In 1892 het Reményi by ’n uitstalling in Chicago om 120 vierkante meter ruimte aansoek gedoen om sy versameling Africana te vertoon. Reményi is in 1898 gedurende ’n konsert oorlede.[1]

Bronne

  1. Grove’s Dictionary of Music and Musicians, 5th ed., 1954, Vol. VII, bl. 122-123
  • Leverton, B.J.T. Beyers, C.J. (red.). Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Pretoria: Chris van Rensburg nms. die RGN. p. 962. ISBN 0796904197.

Read other articles:

Air Ceylon IATA ICAO Kode panggil AE Didirikan1947Berhenti beroperasi1978PenghubungBandar Udara Ratmalana (1947-1967)Bandar Udara Internasional Bandaranaike (1967-1978)Kantor pusatKolombo, Sailan Air Ceylon adalah nama maskapai penerbangan nasional di Sri Lanka (dikenal sebagai Ceylon hingga tahun 1972) yang didirikan pada tahun 1947 sebagai perusahaan milik negara. Sampai tahun 1978, Air Ceylon ditutup oleh pemerintah Sri Lanka karena kebangkrutan, dan maskapai ini digantikan oleh Air Lanka ...

 

Fall, Once AgainSampul album Fall, Once AgainAlbum mini karya KyuhyunDirilis15 Oktober 2015 (2015-10-15) (Lihat Riwayat perilisan)Direkam2015 at SM Studios, Seoul, Korea SelatanGenrePopR&BBaladaDurasi30:05BahasaKoreaLabelS.M. EntertainmentKT MusicProduserLee Soo-man (eksekutif)Kronologi Kyuhyun At Gwanghwamun(2014)At Gwanghwamun2014 Fall, Once Again(2015) Singel dalam album Fall, Once Again A Million PiecesDirilis: 15 Oktober 2015 (2015-10-15) Video musikA Million Pieces (Vi...

 

Strada statale 169di GenzanoLocalizzazioneStato Italia Regioni Basilicata Puglia DatiClassificazioneStrada statale InizioSS 658-ex SS 93 presso San Nicola di Pietragalla Fineex SS 168 presso stazione di Spinazzola Lunghezza58,316[1][2][3] km Provvedimento di istituzioneD.P.R. 27 maggio 1953, n. 782[4] GestoreTratte ANAS: dal km 0,000 (San Nicola d'Avigliano) al km 28,890 (innesto SS 96 bis)dal 2001 la gestione del restante tratto è passata alla ...

Bagian dari seriPendidikan di Indonesia Kementerian Pendidikan, Kebudayaan, Riset, dan Teknologi Republik Indonesia Pendidikan anak usia dini TK RA KB Pendidikan dasar (kelas 1–6) SD MI Paket A Pendidikan dasar (kelas 7–9) SMP MTs Paket B Pendidikan menengah (kelas 10–12) SMA MA SMK MAK SMA SMTK SMAK Utama Widya Pasraman Paket C Pendidikan tinggi Perguruan tinggi Akademi Akademi komunitas Institut Politeknik Sekolah tinggi Universitas Lain-lain Madrasah Pesantren Sekolah alam Sekolah ru...

 

St. GallenNama lengkapFussballclub St. Gallen 1879JulukanEspenBerdiri1879StadionAFG Arena, St. Gallen(Kapasitas: 19,694)KetuaDölf FrühManajerJeff SaibeneLigaSwiss Super League2012–133rd Kostum kandang Kostum tandang Football Club St. Gallen 1879 adalah sebuah tim Sepak bola profesional asal Swiss yang kini bermain di Liga Super Swiss. Tim berbasis di St. Gallen. Tim biasa memainkan laga kandang mereka di AFG Arena yang berkapasitas 19,694 penonton. Sejarah Logo lama FC St. Gallen FC St. G...

 

Cette page concerne l'année 1927 (MCMXXVII en chiffres romains) du calendrier grégorien. Chronologies Données clés 1924 1925 1926  1927  1928 1929 1930Décennies :1890 1900 1910  1920  1930 1940 1950Siècles :XVIIIe XIXe  XXe  XXIe XXIIeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies géographiques Afrique Afrique du Sud, Algérie, Angola, Bénin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cameroun, Cap-Vert, République centrafricaine, Comores...

artikel ini perlu dirapikan agar memenuhi standar Wikipedia. Tidak ada alasan yang diberikan. Silakan kembangkan artikel ini semampu Anda. Merapikan artikel dapat dilakukan dengan wikifikasi atau membagi artikel ke paragraf-paragraf. Jika sudah dirapikan, silakan hapus templat ini. (Pelajari cara dan kapan saatnya untuk menghapus pesan templat ini) Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menamba...

 

Соединённые Штаты Америкиангл. United States of America Печать Почтового департамента США История почты Почта существует начиная с 1692 Член ВПС с 1 июля 1875 Этапы истории колониальная почта (1692—1775), независимая государственная почта (с 1775) Почтовая служба США Офис почты 475 Л'Энфант...

 

Questa voce sull'argomento calciatori bulgari è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Plamen Krumov Nazionalità  Bulgaria Altezza 180 cm Calcio Ruolo Difensore Squadra  Rilski Sportist CarrieraGiovanili  Lokomotiv SofiaSquadre di club1 2003-2008 Lokomotiv Sofia17 (2)2006→  Zagorets8 (0)2007→  Rilski Sportist14 (1)2008→  Banants9 (1)2009-2010 Minjor...

2020年夏季奥林匹克运动会波兰代表團波兰国旗IOC編碼POLNOC波蘭奧林匹克委員會網站olimpijski.pl(英文)(波兰文)2020年夏季奥林匹克运动会(東京)2021年7月23日至8月8日(受2019冠状病毒病疫情影响推迟,但仍保留原定名称)運動員206參賽項目24个大项旗手开幕式:帕维尔·科热尼奥夫斯基(游泳)和马娅·沃什乔夫斯卡(自行车)[1]闭幕式:卡罗利娜·纳亚(皮划艇)&#...

 

2020年夏季奥林匹克运动会波兰代表團波兰国旗IOC編碼POLNOC波蘭奧林匹克委員會網站olimpijski.pl(英文)(波兰文)2020年夏季奥林匹克运动会(東京)2021年7月23日至8月8日(受2019冠状病毒病疫情影响推迟,但仍保留原定名称)運動員206參賽項目24个大项旗手开幕式:帕维尔·科热尼奥夫斯基(游泳)和马娅·沃什乔夫斯卡(自行车)[1]闭幕式:卡罗利娜·纳亚(皮划艇)&#...

 

United States Navy landing ship tank This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (April 2023) (Learn how and when to remove this message) BAP Callao (DT-143) History United States NameUSS Washoe County NamesakeWashoe County in Nevada BuilderIngalls Shipbuilding Corporation, Pascagoula, Mississippi Laid down1 December 1952 Launched14 July 1953 Commissioned3...

Kleine ScheideggKleine Scheidegg (kanan) dibayang-bayangi oleh gunung Eiger, Mönch dan JungfrauKetinggian2.061 m (6.762 ft)[1]Dilalui olehJalur kereta apiLokasiKanton Bern, SwissPegununganPegunungan Alpen BernKoordinat46°35′06″N 7°57′40″E / 46.58500°N 7.96111°E / 46.58500; 7.96111Koordinat: 46°35′06″N 7°57′40″E / 46.58500°N 7.96111°E / 46.58500; 7.96111Peta topoSwisstopo Kleine Scheidegg (bahasa Indonesia: Scheid...

 

Лигноцериновая кислота Общие Хим. формула C24H48O2 Физические свойства Молярная масса 368,65 г/моль Термические свойства Температура  • плавления 84 °C Классификация Рег. номер CAS 557-59-5 PubChem 11197 Рег. номер EINECS 209-180-7 SMILES   CCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCC(=O)O InChI   InChI=1S/C24H48O2/c1-2-3-4-5-6-7-8-...

 

Battaglia di Camolliaparte della guerra della Lega di CognacL'Immacolata Concezione protegge Siena durante la Battaglia di Camollia, dipinto di Giovanni di Lorenzo Cini, 1528Data25 luglio 1526 LuogoPorta Camollia, alle Mura di Siena CausaInvasione fiorentino-pontificia EsitoVittoria senese completa Schieramenti Repubblica di Siena Ducato di Firenze Stato Pontificio ComandantiGiulio ColonnaGiovanni PalmieriGiovanni Maria PiniVirginio degli AnguillaraRoberto Pucci Effettivi150 cavalieri500 fant...

Sant'ArsenioKomuneComune di Sant'ArsenioLokasi Sant'Arsenio di Provinsi SalernoNegaraItaliaWilayah CampaniaProvinsiSalerno (SA)Luas[1] • Total20,14 km2 (7,78 sq mi)Ketinggian[2]448 m (1,470 ft)Populasi (2016)[3] • Total2.747 • Kepadatan140/km2 (350/sq mi)Zona waktuUTC+1 (CET) • Musim panas (DST)UTC+2 (CEST)Kode pos84037Kode area telepon0975Situs webhttp://www.comune.santarsenio.sa.it San...

 

حملة الأنفال رفات إنسان عثر عليه في مقبرة جماعية في كردستان العراق، بتاريخ 15 يوليو 2005 جزء من النزاع العراقي الكردستاني وحرب الخليج الأولى المعلومات البلد اقليم كردستان العراق الموقع العراق  الإحداثيات 33°N 43°E / 33°N 43°E / 33; 43   التاريخ 23 فبراير 1986 - 6 سبتمبر 198...

 

1976 British-German science-fiction TV series This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Star Maidens – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2021) (Learn how and when to remove this message) Star MaidensChristiane Krüger (centre) and Lisa Harrow (right) in Star MaidensAlso known asLes...

Harlem Désir im Februar 2014 Harlem Jean-Philippe Désir[1] (* 29. November 1959 in Paris) ist ein französischer Politiker der Parti socialiste (PS) und seit 2017 OSZE-Beauftragter für die Freiheit der Medien.[2][3] Er ist ehemaliger Staatssekretär für Europafragen im französischen Außenministerium und war von 2012 bis 2014 Parteivorsitzender (französisch Premier secrétaire) des PS. Inhaltsverzeichnis 1 Lebenslauf 2 Schriften 3 Literatur 4 Weblinks 5 Einzelnac...

 

GE Dash 8 カホン峠を越えるユニオン・パシフィック鉄道のDash 8-40C、#9214。基本情報製造所 GEトランスポーテーション製造年 1984年 - 1994年主要諸元軸配置 B-B (4動軸)C-C (6動軸)軌間 1,435 mm長さ 20.2 m (4動軸)21.5 m (6動軸)動力伝達方式 電気式機関 GE 7FDL-16型(V型12気筒、16気筒)出力 3,200馬力 - 4,400馬力テンプレートを表示 Dash 8(ダッシュ 8)は、GEトランスポーテーシ...