Droezjnoje (Russies: Дружное) is 'n klein dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die gelyknamige Droezjnoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog een groter nedersetting, Wesioloje, insluit. Dit lê 25 kilometer noordoos van die rajon se setel, Gorodowikofsk.
Die dorpie is deur Duitse setlaars gestig en het oorspronklik die naam Freudental gekry. Sy huidige naam kom van die Russiese woord vir "vriendelik".[1]
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Droezjnoje 105 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]