Craig Joubert (gebore op 8 November 1977 in Durban, Suid-Afrika), is 'n voltydse internasionale rugbyskeidsregter.
Biografie
Joubert matrikuleer aan die Maritzburg Kollege en studeer in besigheidsfinansies by die Universiteit van Natal.[1] Hy werk in korporatiewe bankwese, 'n professie wat hy vir vyf jaar beoefen, voordat hy 'n voltydse skeidsregter word.[1]
Loopbaan as skeidsregter
Craig Joubert begin reeds in sy jeugjare as skeidsregter op aandrang van sy pa, Des Joubert. Hy maak sy eerste-divisie debuut in 1991 en word aangestel op Suid-Afrika se nasionale skeidsregterspaneel in 1993.
In 2003 maak hy sy internasionale debuut in 'n wedstryd tussen Namibië en Uganda in Windhoek.
In 2010 beheer hy die Super 14-eindstryd tussen die Bulls en die Stormers.
Hy blaas ook gereeld in die plaaslike Suid-Afrikaanse premiertoernooi, die Curriebeker.
Op 23 Oktober 2011 val sy grootste eer hom te beurt deur te blaas in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2011 tussen die All Blacks en die Franse Hane in Nieu-Seeland.[2]
Kollegas
Verwysings
Eksterne skakels