Charles Friedel
|
|
Gebore
|
(1832-03-12)12 Maart 1832 Straatsburg, Frankryk
|
Oorlede
|
20 April 1899 (op 67) Montauban, Frankryk
|
Nasionaliteit
|
Frankryk
|
Vakgebied
|
Mineralogie, chemie
|
Alma mater
|
Universiteit van Straatsburg Sorbonne
|
Ander bekende student(e)
|
André-Louis Debierne
|
Bekend vir
|
Friedel–Crafts–reaksie
|
Toekennings
|
Davy-medalje (1880)
|
Handtekening
|
|
Charles Friedel (12 Maart 1832, Straatsburg – 20 April 1899, Montauban) was 'n Franse chemikus. Saam met sy vriend James Mason Crafts het hy in 1877 die Friedel-Crafts alkileringsreaksie en die Friedel-Crafts asileringsreaksie ontdek.
Lewe
Friedel het in 1850 in Straatsburg begin om natuurwetenskap te bestudeer en het na 'n onderbreking in 1852 sy studies aan die Sorbonne voortgesit. Van 1856 tot 1870 het hy gewerk as 'n kurator van die mineraalversameling van die École des Mines. In hierdie tyd het hy sy chemiese kennis onder Charles Adolphe Wurtz in die laboratorium van die École de médecine uitgebrei. In 1860 het hy hier vir James Mason Crafts ontmoet. Na sy doktorsgraad in 1869, het hy in 1871 'n posisie as 'n dosent by die École normale supérieure aanvaar. In 1876 is hy as Professor van Mineralogie by die Sorbonne aangestel. In 1884, na Charles Adolphe Wurtz se dood, het hy sy leerstoel vir organiese chemie oorgeneem.
Vanaf 1889 was hy ook die voorsitter van 'n kommissie vir die hervorming van die nomenklatuur van organiese Verbindings.
In 1878 is hy verkies as 'n lid van die Académie des sciences. In 1883 is hy as 'n korresponderende lid van die Beierse Akademie van Wetenskappe opgeneem.[1] Vanaf 1894 was hy ook 'n korresponderende lid van die Russiese Akademie van Wetenskappe in Sint Petersburg.[2]
Hy was getroud met Emilie Koechlin (1837-1871)[3] en hulle enigste seun, Georges Friedel (1865-1933) en het 'n bekende mineraloog en kristallograaf geword. Die dierkundige Georges Louis Duvernoy was Charles Friedel se oupa aan sy moeder se kant.[4]
Behalings
- 1857-1866 struktuur verklaring van die Ketone. (Verhandeling)
- Ontdekking van die sekondêre en tersiêre alkohole, parallel met werk deur Aleksander Mikhailovich Butlerov
- 1863-1870 Werk op die chemiese valensie en atoommassa van silikon. In die volgende jaar, die produksie van suurstof-vrye silikonverbindings.
- 1872 sintese van gliserol met isopropanol as die uitgangsmateriaal
- In 1877, ontdek Friedel en Crafts die katalitiese uitwerking van anorganiese halogeenverbindings vir die voorbereiding van gealkileerde en geasetileerde aromatiese koolwaterstowwe (Friedel-Crafts reaksie).
- Struktuurtoeligting van melksuur en die pinakolone
- Die eerste beskrywings van die minerale Wurtziet (1861), Adamien (1866) en Delafossiet (1873)[5]
Verwysings
Literatuur
- W.Pötsch, A.Fischer, W.Müller: Lexikon bedeutender Chemiker, Leipzig 1988, bl. 157.
Eksterne skakels