Keiser Augustus het vir die beskerming van Anatolië vertrou op kliënt-konings in onder andere Cappadocia. [3] Na die laaste koning Archelaus se dood, vroeg in die bewind van Tiberius, is die koninkryk van Kappadosië formeel by die Romeinse Ryk geannekseer. [4]
In 55 n.C. stuur keiser Nero die generaal Gnaeus Domitius Corbulo na die provinsie vanweë die situasie in Armenia wat 'n soort bufferstaat tussen die Romeinse en die Persiese Ryke is. Corbulo herstel die dissipline in die leër en verslaan die Armeniërs en hulle Persiese bondgenote in 59-60. Armenië word geannekseer en dit stabiliseer Cappadocia se oosgrens.[5]Corbulo het 'n groot leër saamgestel uit die Legioene III Gallica, VI Ferrata, V Macedonica en XV Apollinaris. Ná die oorlog bly die III Gallica nog tot Oktober 65 naby Kharput (die huidige Elazig), maar die ander magte trek na Syria of Judea.[3]
Pontus, aan die kus van die Swartsee, word in 64 geannekseer en eers by Galatia gevoeg. Sy hawens is 'n belangrike skakel in bevoorradigsketting van die Donau, oor die Swartsee na Cappadocia.[3]
Onder Vespasianus is Cappadocia saamgevoeg met die ewe groot provinsie Galatia en die voormalige koninkryk van Klein-Armenië om 'n enkele enorme provinsie te word wat die grootste deel van Sentraal- en Oos-Klein-Asië ingesluit het.[4]
Een van die redes van die saamvoeging van Cappadocia en Galatia was dat Cappadocia van Galatia afhanklik was vir sy bevoorrading en die paaie taamlik sleg was. Onder Vespasianus en, veral Domitianus het dit egter baie verbeter.[5]
Die tweede eeu
Onder Trajanus het Galatia weer 'n aparte provinsie geword, hoewel die oorblywende provinsie Kappadosië nog groot was, aangesien dit nou die oostelike deel van die streek Pontus sowel as Klein-Armenië (en, vir 'n paar jaar, Groter Armenië) ingesluit het. [4] Pontus bly egter deel van Cappadocia onder Hadrianus. Cappadocia se goewerneur Flavius Arrianus (131-137) gebruik sy classis Pontica (die Swartseevloot) om die kus van Colchis (die huidige Georgië) tussen Trapezus (Trabzon) en Sebastopolis (Sukhumi) te inspekteer. Trapezus speel 'n belangrike rol in die bevoorrading van die Romeinse legioene aan die bo-Eufraat.[3]
Onder Trajanus was Cappadocia opnuut die uitvalsbasis vir sy verowerings in die Ooste. Die bevoorrading was nou egter baie eenvoudinger as onder Corbulo.[5]
In 193-194 beleër Septimius Severus sy rivaal Pescennius Niger in Bisansium. Cappadocia se legioene steun egter Septimius, hoewel die classis Pontica dalk Niger gesteun het.[3]
Die derde eeu
Teen die middel van die derde eeu het Pontus 'n aparte provinsie geword. Onder Diocletianus is beide Pontus en Kappadosië, soos baie ander provinsies, "in stukkies gekap," en het dit die nuwe provinsies Diospontus (lat Helenopontus) en Pontus Polemoniacus langs die Swart See, Armenië (Klein) langs die boonste Eufraatrivier geword, met 'n res van Kappadosië in die binneland.
Die vierde eeu
Op 'n stadium gedurende die vierde eeu het die oostelike gedeelte van Kappadosië die provinsie Armenia Secunda geword (en Armenia Minor het Armenia Prima geword). Met Caesarea as hoofstad was die oorblywende provinsie Kappadosië steeds betreklik groot; maar sonder 'n grens aan die Eufraatrivier was dit nie meer 'n grensprovinsie nie. In plaas daarvan het sy paaie sommige van die belangrike verbindingsskakels in die latere ryk gedien, veral na garnisoene op die Eufraat en tussen Konstantinopel en Antiogië.
In 371 het die keiser Valens beveel dat Kappadosië weer in twee kleiner provinsies verdeel moet word, Cappado Prima, steeds met Caesarea as hoofstad, Secunda, met Tyana as sy nuwe hoofstad. Valens het klaarblyklik probeer om administratiewe en fiskale beheer in die streek te verbeter en dit lyk asof die aankondiging van die verdeling die tyd voorafgaan of saamval met die sensus wat voltooi sou word voor die begin van 'n nuwe aanklag op 1 September 372. [4]