Britse wêreldryk

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Britse Ryk.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Die grondslag vir die Britse wêreldryk is in die loop van die 18e eeu gelê toe Brittanje geleidelik beheer oor die wêreld se handelsroetes verkry het. Die skok van die Amerikaanse onafhanklikwording in die laat 18e eeu, het die koloniale geesdrif in die moederland laat afneem. Gedurende die 19e eeu het die Britse kolonies meer vryhede verkry. Aan die einde van die 19e eeu was die Britse ryk op sy hoogtepunt.

Handelsroetes en militêre basisse was nou nie meer so belangrik soos die blote besit van kolonies nie. Die Eerste Wêreldoorlog het egter 'n groot verandering teweeggebring. Die Blanke kolonies wat Brittanje daadwerklik in die oorlog bygestaan het, het nou op groter outonomiteit begin aandring en die status van dominiums verkry. Die Tweede Wêreldoorlog het grootskaalse en vinnige dekolonisasie tot gevolg gehad. Vandag is die Britse Gemenebes 'n organisasie met weinig betekenis.

Algemene aspekte

In die loop van die 18e eeu het die destydse eerste minister William Pitt (1708-1778), in belang van die Britse handelaars die grondslag vir die Britse wêreldryk gelê. Brittanje se grootste vyand op handelsgebied was Frankryk. Buite Europa was hierdie twee moondhede voortdurend in botsing met mekaar ten einde beheer oor die wêreldsee te verkry. Die Sewejarige Oorlog (1756-1763) het die stryd eens en vir altyd in Brittanje se guns beëindig.

In Noord-Amerika het hulle Kanada en die Mississippi-vallei Van Frankryk afgeneem. Die Franse is ook uit Indië verdryf en in die Wes-Indiese eilande het die Franse se florerende suikerhandel ook in Britse hande geval. Pitt en sy opvolgers het kolonies beskou as leweransiers van die handelsroetes. Die idee van ʼn wêreldryk het toe nog nie bestaan nie. Hoewel Brittanje toe die nuwe kolonies bygekry het, het hy egter die Noord-Amerikaanse kolonies verloor. Na die Sewejarige Oorlog het die dertien kolonies aan die ooskus van Noord-Amerika in opstand gekom teen die Britse merkantiele beleid.

Hulle was voorstanders van vryhandel en was ontevrede oor die streng beheer wat daar uitgeoefen is oor hul handel met mekaar en met nie-Britse lande. Boonop moes hulle belasting betaal sonder dat hulle verteenwoordiging in die Britse Parlement geniet het en sonder dat hulle beheer kon uitoefen oor die besteding van die belasting. Hulle het gevoel dat Brittanje nie hulle belange op die hart dra nie. Brittanje het hom nie aan die Amerikaners se politieke en ekonomiese eise gesteur nie en daar het 'n lang onafhanklikheidstryd (1776-1783) ontstaan, wat geëindig het met die totstandkoming van 'n onafhanklike VSA. Die verlies van die Amerikaanse kolonies het Brittanje 'n tyd lank skepties laat voel oor die verwerwing van nuwe kolonies. Sommige radikale groepe was heeltemal teen koloniale besit gekant en was voorstanders van 'n wêreldwye vryhandelstelsel.

19e eeu

Die kolonies was wei van groot waarde as afsetgebiede vir nywerheidsprodukte en as militêre basisse, maar tot in die helfte van die 19e eeu was hulle weinig of glad nie winsgewend nie. In die eerste helfte van die eeu is Brittanje se verhoudings met lande buite Europa grootliks beïnvloed deur die anti-slawernybeweging, wat deur William Wilberforce (1759-1833) van stapel laat loop is.

Veral na 1815 was Brittanje se internasionale politiek aktief teen slawehandel gekant. Vir 'n aansienlike vergoeding was slawehandelende lande soos Spanje, Portugal en Nederland bereid om van slawehandel af te sien. Frankryk en Amerika het egter geweier om enige ooreenkoms oor die afskaffing van slawerny met Brittanje aan te gaan. In 1833 het die Britse parlement wetgewing aangeneem waarvolgens slawerny in die volgende vyf jaar in al die Britse kolonies afgeskaf moes word. Die wet is in 1834 in die Kaapkolonie ten uitvoer gebring.

Die Durham-verslag

Terwyl daar nog in sekere groepe gewik en geweeg is oor die wenslikheid van kolonies, al dan nie, het die Durham-verslag in 1839 die grondslag gelê vir ʼn nuwe verhouding tussen die moederland en die kolonies. John George Lambton, die graaf van Durham (1792 – 1840), is in 1839 as Britse hoë kommissaris en as goewerneur-generaal na Kanada gestuur. Hy moes aanbevelings doen oor ʼn nuwe en doeltreffender bestuursvorm. Kanada het uit twee provinsies – Ontario en Quebec – bestaan, elk met ʼn goewerneur wat aan die Britse parlement verantwoording moes doen.

Hoewel Quebec onder Britse bestuur was, was die inwoners oorwegend Frans en wrywing het dikwels voorgekom. Durham se “Report on the Affairs of British North America” het twee belangrike aanbevelings bevat wat die grondslag vir ʼn nuwe koloniale bestuur sou vorm.

Ten eerste het hy aanbeveel dat die twee Kanadese provinsies onder een sentrale bestuur verenig moes word. Dan sou die Franse in die groter geheel ʼn minderheidsgroep vorm en dit sou dus makliker wees om hulle te verengels.

Ten tweede moes die koloniste toegelaat word om hul eie parlement te behartig. Die moederland moes slegs internasionale aangeleenthede – ekonomies sowel as polities – hanteer. In die volgende twee dekades het Britanje Durham se aanbevelings in die meeste van sy kolonies deurgevoer. Die Kaapkolonie, sowel as die kolonies in Australië en Nieu-Seeland, het teen 1855 almal oor selfbestuur beskik. In 1841 is die tweede Kanadese provinsies met mekaar verenig. Daar was egter nog ander Britse kolonies in die Kanadese gebied buite die federasie. ʼn Federasie van al die kolonies onder een sentrale regering het eers in 1867 tot stand gekom.

Indië

Indië vorm ʼn afsonderlike hoofstuk in die geskiedenis van die Britse Ryk. Nadat Pitt die Britse belange daar beveilig het, is die land deur die Engelse Oos-Indiese Kompanjie beheer. In 1833 is die handelsaktiwiteite van die Kompanjie deur die India Act beëindig. Anders as in die ander kolonies, was die meerderheid Blankes in Indië in diens van òf die Kroon òf die Kompanjie.

Nogtans het Brittanje die land as ʼn blywende besitting beskou en die Indiese bevolking militêr onder beheer gehou. In 1857 het ʼn grootskaalse muitery uitgebreek onder die Indiese soldate in die Britse leërs. Talle Blankes is om die lewe gebring en die Britte het die toestand eers ná sewe maande onder beheer gekry. Die onluste en die roekelose onderdrukking daarvan het die verhoudings tussen die Britte en die Indiese bevolking permanent geskaad. In 1858 is die Kompanjie se bestuur beëindig en die Britse goewerneur-generaal het die onderkoning van Indië geword.

Gemenebes

Met die uitsondering van Indië en Nieu-Seeland het Brittanje in die eerste helfte van die 19e eeu nie veel gedoen om sy wêreldryk uit te brei nie. Dis was eers na 1870 dat Imperialisme sy kop uitgesteek het. Begeesterde patriotte was gevul met ʼn drang om die Britse vlag oral ter wêreld te plant. Hierdie gees van jingoïsme het ʼn verskeidenheid van oorsake gehad. Ten eerste was daar nog steeds die behoefte aan afsetgebiede vir produkte van die Britse industrieë en die begeerte om die Britse handel oral in die wêreld te beveilig deur, die oprigting van militêre basisse in Britse kolonies. Kolonies is gesien as die ideale oplossing vir die probleem van oorbevolking in die moederland. Die skeepvaart het sodanig verbeter dat die tydsafstand tussen die moederland en die kolonies aansienlik verminder het.

Daar is ook vooruitgang gemaak met die genesing van tropiese siektes wat Blanke koloniste voorheen afgeskrik het. Imperialisme het goed te pas gekom om die aandag van binnelandse probleme af te lei. Ontevredenes in die moederland is ʼn goue bestaan in een van die oorsese kolonies in die vooruitsig gestel. Die Britse bevolking sou meer geredelik binnelandse tekortkominge oor die hoof sien solank as wat die glorie van Brittanje na buite uitgebou word. Dan was daar ook nog die sogenaamde “white man’s burden” , ʼn godsdienstige en etiese regverdediging vir die onderwerping van inboorlingbevolkings aan Blanke gesag en kultuur. In die uitvoering van die selfopgelegde taak kon die kerstening van die inboorlinge en die bestryding van slawerny hand aan hand gaan met die ontwikkeling van ekonomiese belange vir die moederland.

In Brittanje self het imperialisme ontwikkel tot ʼn romantiese kultus waarvan koningin Victoria as regina emperatrix (koningin en keiserin) die middelpunt gevorm het. Brittanje en die ander Europese moondhede was spoedig gewikkel in ʼn wedloop om oorsese besittings, veral in Afrika – die sogenaamde “scramble for Africa” (wedloop om Afrika). Benjamin Disreali was een van die eerste Britse staatsmanne wat die groot nut van ʼn Britse ryk ingesien het. Hy het aan koningin Victoria die titel van “keiserin van Indië” gegee en gesorg dat Egipte en die Suezkanaal nie in die Franse se hande val nie.

In Suider-Afrika het Cecil John Rhodes (1853 – 1902) hom onvermoeid beywer vir die uitbreiding van die Britse Ryk en onder andere gedroom van ʼn pad oor Britse gebied van die Kaap tot in Kaïro. Tydgenote van Rhodes en ewe imperialisties, was Joseph Chamberlain, minister van kolonies (1895-1903), en Alfred Milner. Tussen hulle drie het hulle onder andere ook die onderwerping van die twee Boererepublieke aan Britse gesag bewerkstellig. Ander groot imperialiste was G.N. Curzon, onderkoning van Indië, en E.B. Cromer, goewerneur-generaal van Egipte.

Ontstaan van dominiums

In die Blanke kolonies het die bande met die moederland al hoe losser geword omdat die bewindhebbers meestal self koloniste was. Tydens die sogenaamde "colonial conferences" wat van tyd tot tyd in Londen gehou is, het die premiers van die onderskeie kolonies steeds aangedring op 'n groter mate van onafhanklikheid van die moederland.

Die groot Blanke kolonies het nou as "dominiums" bekend gestaan. Aan die begin van die 20e eeu was die dominiums nog net aan die Britse kroon gebonde en nie aan die Britse parlement nie. Die samestelling van die Britse ryk het nou soos volg daar uitgesien: Die middelpunt is gevorm deur die Verenigde Koninkryk (Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland); daarna volg die dominiums: Kanada, Australië, Nieu-Seeland en die Unie van Suid-Afrika, gevolg deur egte kolonies soos Wes-Indië, Maleisië, Singapoer, Hongkong en die kolonies in Afrika.

Indië, die pêrel van die Britse kroon, was nog steeds apart, 'n ryk binne 'n ryk. Die opbou van die ryk het Brittanje in botsing gebring met ander Europese moondhede, veral met Frankryk in Noord-Afrika en Rusland in Sentraal-Asie. Imperialisme het ook teweeggebring dat Brittanje hom nie meer afsydig kon hou van die Europese politiek nie. Al die Europese groot moondhede, insluitende Duitsland, het een ding gemeen gehad: koloniale besittings.

Daar was nie meer te onderskei tussen belange binne en buite Europa nie. In sy soektog na 'n bondgenoot wat hom kon help om sy Ryk te beskerm, het Brittanje eers met Japan 'n verdrag gesluit (1902) en toe met Frankryk in 1904 (die Entente Cordiale). In 1907 het Rusland hom ook by die Entente Cordiale aangesluit. In 1914 het die twee magsblokke in Europa in die Eerste Wêreldoorlog gewikkel geraak. Hierdie oorlog het die einde van imperialisme beteken.

Ontstaan van die Gemenebes

Met die Vrede van Versailles (1919) het dit duidelik geword dat die eens trotse Britse Ryk tekens van ontbinding begin toon het. Kanada het sonder Britse medewete 'n verdrag met die VSA aangegaan, lerland het dieselfde status as Kanada (dominium) geëis, en in Suid-Afrika het ʼn groot deel van die bevolking aangedring op die verbreking van die imperiale bande. By 'n imperiale konferensie van 1926 is die dominiums outonome status binne die ryk verleen.

Brittanje sou nog die brand punt van die buitelandse politiek bly, maar die dominiums kon voortaan 'n eie buitelandse beleid voer en was nie meer gebonde aan Britse verpligtinge in Europa nie. In die praktyk het dit daarop neergekom dat die dominiums onafhanklik van Brittanje was en dat hulle nog net trou aan die Britse kroon verskuldig was.

Die nuwe status van die dominiums is in die Statuut van Westminster (1931) vasgelê. Hierdie statuut kon ook beskou word as die grondwet van die Britse Gemenebes (British Commonwealth of Nations) en het die amptelike verbrokkeling van die Ryk ingelui. Indie en die ander kolonies was nog nie deel van die Gemenebes nie, maar dit was ʼn kwessie van tyd voordat hulle ook op 'n groter mate van onafhanklikheid sou aandring.

Read other articles:

Aquificae Aquificae Pewarnaan GramGram-negatif TaksonomiSuperdomainBiotaDomainBacteriaSubkerajaanNegibacteriaFilumAquificae Tipe taksonomiAquificales Tata namaSinonim takson Aquificaeota Oren et al. 2015 Ordo dan famili Aquificales Aquificaceae Hydrogenothermaceae Desulfurobacteriales Desulfurobacteriaceae Thermosulfidibacter lbs Aquificae adalah filum bakteri yang tinggal di lingkungan ekstrem. Mereka dapat ditemukan di hot spring, kolam belerang, dan thermal ocean vents. Anggota genus Aquif...

 

Ekonomi BarbadosBank Sentral BarbadosMata uangDolar Barbados (BBD)Tahun fiskal1 April – 31 MaretOrganisasi perdaganganWTOStatistikPDB $5.087 miliar (nominal, 2018)[1] $5.344 miliar (PPP, 2018)[1] Pertumbuhan PDB 2.5% (2016) 0.5% (2017) −0.6% (2018) −0.1% (2019) -7.6% (2020)[1] PDB per kapita $17,758 (nominal, 2018)[1] $18,655 (PPP, 2018)[1] PDB per sektor Agrikultur: 1.5% Industri: 9.8% Servis: 88.7% (perkiraan 2017)[2] Inflasi (IHK)3...

 

American basketball player and coach Jennifer RizzottiConnecticut SunPositionPresidentLeagueWNBAPersonal informationBorn (1974-05-15) May 15, 1974 (age 49)White Plains, New York, U.S.Listed height5 ft 6 in (1.68 m)Listed weight146 lb (66 kg)Career informationHigh schoolNew Fairfield(New Fairfield, Connecticut)CollegeUConn (1992–1996)WNBA draft1999: 4th round, 48th overall pickSelected by the Houston CometsPlaying career1996–2003PositionPoint guardNumber21Coac...

Peta yang menunjukkan letak Libacao. Libacao adalah munisipalitas di provinsi Aklan, Filipina. Pada tahun 2011, wilayah ini memiliki penduduk sebanyak 26.958 jiwa atau 5.595 rumah tangga.[1] Pembagian wilayah Secara administratif Libacao terbagi atas 24 barangay, yaitu: Agmailig Alfonso XII Batobato Bonza Calacabian Calamcan Can-Awan Casit-an Dalagsa-an Guadalupe Janlud Julita Luctoga Magugba Manika Ogsip Ortega Oyang Pampango Pinonoy Poblacion Rivera Rosal Sibalew Referensi ^ Local G...

 

British evolutionary biologist, philosopher, author (1887–1975) For the Australian rugby union footballer, see Julian Huxley (rugby union). SirJulian HuxleyFRSHuxley in 19221st Director-General of the UNESCOIn office1946–1948Succeeded byJaime Torres Bodet Personal detailsBornJulian Sorell Huxley(1887-06-22)22 June 1887London, England, U.K.Died14 February 1975(1975-02-14) (aged 87)London, England, U.K.Spouse Juliette Baillot ​(m. 1919)​ChildrenAnthony ...

 

Bendera Francophonie Bagian dari sebuah seri tentangBahasa Prancis Langues d'oïl Dialek Creoles Francophonie Sejarah Sejarah fonologi Piagam dari Strasbourg Peraturan dari Villers-Cotterêts Anglo-Norma Tata bahasa Kata keterangan Articles and determiners Pronouns (personal) Kata benda (konjugasimorfologipassé composépassé simple) Ortografi Alfabet Reformasi Sirkumfleks Braille Fonologi Elision Liaison Aspirated h Help:IPA/French lbs Francophonie (secara resmi bernama Organisation interna...

МифологияРитуально-мифологическийкомплекс Система ценностей Сакральное Миф Мономиф Теория основного мифа Ритуал Обряд Праздник Жречество Мифологическое сознание Магическое мышление Низшая мифология Модель мира Цикличность Сотворение мира Мировое яйцо Мифическое �...

 

There are a number of Unix-like operating systems based on or descended from the Berkeley Software Distribution (BSD) series of Unix variant options. The three most notable descendants in current use are FreeBSD, OpenBSD, and NetBSD, which are all derived from 386BSD and 4.4BSD-Lite, by various routes. Both NetBSD and FreeBSD started life in 1993, initially derived from 386BSD, but in 1994 migrated to a 4.4BSD-Lite code base. OpenBSD was forked from NetBSD in 1995. Other notable derivatives ...

 

1908 novel by William Somerset Maugham The Magician First US editionAuthorW. Somerset MaughamCountryUnited KingdomLanguageEnglishGenreFantasy novelPublisherHeinemann (UK)Duffield and Company (US)Publication date1908 (UK), 1909 (US)Media typePrint (hardcover)Pages224 The Magician is a novel by British author W. Somerset Maugham, originally published in 1908. In this tale, the magician Oliver Haddo, a caricature of Aleister Crowley, attempts to create life. Crowley wrote a critique of this...

Species of amphibian Natalobatrachus bonebergi Conservation status Endangered  (IUCN 3.1)[1] Scientific classification Domain: Eukaryota Kingdom: Animalia Phylum: Chordata Class: Amphibia Order: Anura Family: Pyxicephalidae Subfamily: Cacosterninae Genus: NatalobatrachusMethuen & Hewitt, 1912 Species: N. bonebergi Binomial name Natalobatrachus bonebergiMethuen & Hewitt, 1912 Natal diving frog (Natalobatrachus bonebergi), also known as the Natal diving frog, Boneberg'...

 

1204–61 post-Byzantine Empire rump state Empire of NicaeaΒασιλεία ῬωμαίωνΕλλάς (Greek)[1]1204–1261The Empire of Nicea in 1204, shortly after the Fourth CrusadeStatusRump state of the Byzantine EmpireCapitalNicaea (İznik) (de jure)Nymphaion (Kemalpaşa) (de facto)Common languagesByzantine GreekReligion Greek Orthodoxy (official)[2]Demonym(s)Romioi later Hellines[3]GovernmentMonarchyEmperor • 1204–1222 Theodore I Laskaris...

 

1994 film The Butterfly's DreamFilm posterDirected byMarco BellocchioWritten byMassimo FagioliProduced byPier Giorgio BellocchioStarringThierry BlancCinematographyGiorgos ArvanitisEdited byFrancesca CalvelliMusic byCarlo CrivelliRelease date 11 May 1994 (1994-05-11) Running time111 minutesCountryItalyLanguageItalian The Butterfly's Dream (Italian: Il sogno della farfalla) is a 1994 Italian drama film directed by Marco Bellocchio. It was screened in the Un Certain Regard section...

Pour les articles homonymes, voir Crosne. Crosne L’hôtel de ville. Blason Logo Administration Pays France Région Île-de-France Département Essonne Arrondissement Évry Intercommunalité Communauté d'agglomération Val d'Yerres Val de Seine Maire Mandat Michaël Damiati 2020-2026 Code postal 91560 Code commune 91191 Démographie Gentilé Crosnois Populationmunicipale 9 532 hab. (2021 ) Densité 3 844 hab./km2 Géographie Coordonnées 48° 42′ 59″ ...

 

El principio de Premack, también llamado principio de probabilidad diferencial, es una teoría del condicionamiento operante propuesta por el psicólogo estadounidense David Premack, que indica que cuando dos estímulos se vinculan, el que tiene mayor probabilidad de ocurrir refuerza positivamente a otro menos probable. Premack señaló que el reforzador puede ser cualquier situación o actividad que el sujeto valore.[1]​ Por lo tanto, un comportamiento agradable y frecuente aumentará...

 

Questa voce sull'argomento calciatori italiani è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Daniele PasaPasa (a sinistra) capitano della Salernitana nella stagione 1991-1992Nazionalità Italia Altezza177 cm Peso72 kg Calcio RuoloAllenatore (ex centrocampista) Termine carriera2005 - giocatore CarrieraGiovanili 19??-19?? Montebelluna Squadre di club1 1982-1984 Montebelluna32 (2)1984-198...

Alfredo BifulcoBifulco con la primavera del NapoliNazionalità Italia Altezza173 cm Peso63 kg Calcio RuoloAla Squadra Trapani CarrieraGiovanili 2003-2010 Polisportiva Saint Joseph2010-2015 Napoli Squadre di club1 2015-2016→  Rimini18 (1)[1]2016-2017→  Carpi20 (3)2017-2018→  Pro Vercelli29 (1)2018-2019→  Ternana33 (3)2019-2020→  Juve Stabia26 (2)2020-2023 Padova49 (9)[2]2023-2024 Taranto41 (9)[3]2024- Trap...

 

Fußball-Bundesliga 2005-2006 (Austria) Competizione Fußball-Bundesliga Sport Calcio Edizione 95ª Organizzatore ÖFB Luogo  Austria Partecipanti 10 Risultati Vincitore  Austria Vienna(23º titolo) Statistiche Miglior marcatore Sanel Kuljić,Roland Linz 15 gol Cronologia della competizione 2004-05 2006-07 Manuale L'edizione 2005-06 del campionato di calcio della Bundesliga vide la vittoria finale dell'Austria Vienna. Capocannoniere del torneo furono Sanel Kuljić (Ried) e Rol...

 

Geometry problem on tiling by hypercubes For Keller's conjecture about polynomial maps, see Jacobian conjecture. In this tiling of the plane by congruent squares, the green and violet squares meet edge-to-edge as do the blue and orange squares. In geometry, Keller's conjecture is the conjecture that in any tiling of n-dimensional Euclidean space by identical hypercubes, there are two hypercubes that share an entire (n − 1)-dimensional face with each other. For instance, in any tiling of...

Pour l’article homonyme, voir Hoggar (ferry). Hoggar Hoggar Localisation du Hoggar en Algérie. Géographie Altitude 2 918 m, Tahat Superficie 50 000 km2 Administration Pays Algérie Wilaya Tamanrasset Géologie Âge Protérozoïque Roches Gneiss, granite, roches volcaniques modifier  Le Hoggar (en tamazight touareg Idurar Uhaggar ou Tassili Wan Ahaggar, ⵜⴰⵙⵙⵉⵍⵉ ⵏ ⵡⴰⵏ ⴰⵀⴰⴳⴰⵔ, en arabe جبال هقار) est un massif montagneux qui...

 

This article may require cleanup to meet Wikipedia's quality standards. The specific problem is: Bad English, bad red links. Please help improve this article if you can. (June 2016) (Learn how and when to remove this message) Count of DioisCreation dateFirst: 1350 - Cedes to House of Borgia: 1498Created byHouse of ValoisPeerageFrench nobility - VaticanFirst holderPhilip VI of FrancePresent holderHouse of Borgia Count of Die, Diois or Dyois (French: Comte de Die or Diois; Vivaro-Alpine Occitan...