Brian May |
---|
May in 1979 |
Agtergrondinligting |
---|
Geboortenaam | Brian Harold May |
---|
Gebore | 19 Julie 1947 (1947-07-19) (77 jaar oud) Hampton Londen, Engeland |
---|
Genres | Rock, hard rock, heavy metal, pop rock, progressive rock |
---|
Beroep(e) | Musikant, Liedjieskrywer, Vervaardiger |
---|
Instrumente | Kitaar, baskitaar, stem |
---|
Jare aktief | 1963–tans |
---|
Etikette | Hollywood, Parlophone |
---|
Assosiasies | Queen, Smile |
---|
Webwerf | http://www.brianmay.com |
---|
Brian Harold May (* 19 Julie 1947, Londen, Engeland), is 'n kitaarspeler, sanger en musiekkomponis. Hy is bekend as die kitaarspeler van Queen. Hy gebruik 'n tuisgemaakte elektriese kitaar met die naam Red Special.[1]
Vroeë lewe
Brian Harold May is op 19 Julie 1947 in Hampton, Middlesex, gebore as die enigste kind van Ruth Irving (Fletcher) en Harold May.[2] Sy ma was 'n Skot en sy pa 'n Engelsman.[3] Op hoërskool het hy sy eerste orkes gevorm, naamlik 1984 na George Orwell se roman met dieselfde naam met sanger en baskitaarspeler Tim Staffell.[4]
Queen
May was die medestigter van Queen met Freddie Mercury en Roger Taylor. Queen het een van die grootse rockmusiekgroepe geword met hul sukses met die album A Night at the Opera.
Mei is in 2005 as ridder geslaan deur koningin Elizabeth II vir sy bydrae tot die musiekbedryf en vir liefdadigheidswerk.[5] May het sy PhD in Astrofisika gekry in 2007. May is ook 'n diereregte-aktivis, wat gekant is teen jakkalsjag en die uitdunning van ratels in die Verenigde Koninkryk.[6]
In 2018 het hy as konsultant vir die rolprent Bohemian Rhapsody opgetree, wat met vier Oscars vereer is tydens die 2019 91ste Oscar-toekenningsaand.
Persoonlik lewe
May was met Christine Mullen getroud van 1974 tot 1988, hulle het drie kinders gehad. Hulle is in 1988 geskei. May het die aktrise Anita Dobson ontmoet in 1986, wat hom geïnspireer om die enkelsnit "I Want It All" te skryf. Die twee is op 18 November 2000 getroud.[7]
Verwysings
Eksterne skakels
|
Wikiquote het aanhalings in verband met Brian May |
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met Brian May. |