Braam le Roux

Ds. Braam le Roux
Ds. Braam le Roux
Ds. A.H. le Roux

Naam Abraham Hercules le Roux
Geboorte 10 Julie 1951
Kimberley, Suid-Afrika
Sterfte 18 November 2009 (op 58)
Botswana
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Vanderbijlpark 1981–1982
sendeling Aranos 1982–1991
D'Kar 1992–1994
Gereformeerde Kerk Botswana 1994–2009
Jare aktief 1981–2009
Kweekskool Potchefstroom

Ds. Abraham Hercules (Braam) le Roux (Kimberley, 10 Julie 1951Botswana, 18 November 2009) was ’n predikant en sendeling in die Gereformeerde Kerk en die Reformed Churches in Botswana, 'n kampvegter vir menseregte, veral dié van die San, en ontwikkelingswerker.

Bydrae

Ds. Le Roux het sy lewe gewy aan die stryd om menseregte vir die inheemse volkere van Suider-Afrika, veral die San, onder wie hy 27 jaar lank in Botswana geleef en gewerk het. Ten tyde van sy dood weens ’n hartaanval in die ouderdom van 58 jaar, was hy hoof van die Kuru Family of Organisations, ’n groep nieregeringsorganisasies wat toe met die ongeveer 27 000 San in Botswana en Suid-Afrika gewerk het.

Die Le Roux-egpaar was betrokke by ’n groot verskeidenheid ontwikkelingsprojekte wat daarop gemik was om lewensmiddele, waardigheid en inspraak in hul eie sake aan die Sanmense te bied. Van dié projekte was bevordering van Santale, kultuur en kuns, waaronder die geletterdheidsprogram vir die Naro-taal, waaruit die Bybelvertaling in Naro voortgespruit het, onder beskerming van die Christelik Gereformeerde Kerke in Nederland (CGKN), en by name drr. Hessel en Coby Visser. Die Le Rouxs het hulle veral toegespits op die reg op moedertaalonderrig vir die talle minderheidsgroepe in Botswana, sowel as die beskerming van grondregte vir die Naro-mense, maar ook die San as geheel. Inkomste vir die verarmde volk is aangemoedig deur bestaansboerdery en toeristeprojekte te bevorder, waaronder opleiding om hul tradisionele kennis bekend te stel deur middel van begeleide toere in die Kalahari sowel as die Okavangodelta. Verskeie erfenis- en kunsvlytsentrums is deur hulle begin en die Naro-kunsprojek op D'Kar het aan ’n aantal San wêreldroem besorg. So het British Airways byvoorbeeld in 1998 die kopiereg op ’n skildery deur die Kuru-kunstenaar C’goise gekoop om op die stertvin van ’n Boeing 747 te gebruik en is meer as 20 uitstallings wêreldwyd al deur die Kuru-kunsprojek gehou.

Herkoms en gemeentebediening

Ds. Braam le Roux en twee kerkraadslede van D'Kar.
Ds. Le Roux en lidmate met die eerste suksesvolle oes aan die Okavangorivier, 2008.

Le Roux is in die Diamantstad gebore as die tweede van ’n konvensionele Afrikaanssprekende gesin se vier kinders. Sy vader was ’n lewendehaweagent en sy moeder ’n sekretaresse by die Reddingsdaadbond. Hy het skoolgegaan in Bloemfontein en daarna aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom sy teologiese studie in 1979 voltooi. Aan die Potchefstroomse Universiteit het die werklikheid van apartheid hom in die gesig gestaar toe hy verbied is om geletterdheidsklasse op die kampus aan te bied vir swart werkers van die plaaslike township. Die organisasie wat hy begin het om ander studente daarby te betrek, PROMPU, is deur die universiteit verbied, ’n keerpunt in sy lewe wat daartoe gelei het dat hy as predikant van die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark van 1981 tot 1982 betrokke geraak het by die stryd om ’n regverdiger politieke bedeling. In dié tyd het hy ook 'n gemeente in Sebokeng ('n township by Vanderbijlpark) bedien en lidmate van sy gemeente aangespoor om gesprek te voer met lidmate van die township en ook Bybelstudie gelei oor die onskriftuurlikheid van apartheid as beleid.

In 1982 het hy sendeling geword van die Gereformeerde kerk Aranos in Namibië en met behulp van die Dekar Sendingkommissie (wat 'n aantal Gereformeerde gemeentes betrek het by die sending in Botswana) en ook die Dekar-stigting in Potchefstroom. Hy het dié pos beklee tot die Gereformeerde kerk Aranos die sendingwerk in Botswana in 1990 gestaak het. Le Roux het hierna bande met die CGKN versoek, en is gedurende die oorgangstyd ondersteun deur die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Noord, wat ook betrokke was by die samesmelting van die vyf klein San-gemeentes wat ontstaan het uit die sendingwerk van die Gereformeerde sowel as die Nederduits Gereformeerde Kerke in Afrika. Met behulp van 'n kommissie gelei deur dr. Koos Vorster en dr. Ben de Klerk asook ds. Jan Wessels van die CGKN, is al die plaaslike sendelinge en kerkrade betrek by die stigting van die Reformed Churches in Botswana in 1994, 'n historiese kerklike deurbraak – en die begin van 'n eie, selfstandige Gereformeerde struktuur in Botswana, met kerkorde, plaaslike registrasie en eie sinode.

Kennismaking met die San

Ds. Le Roux, Hans-Petter Hergum van Norwegian Churchaid, ’n verteenwoordiger van die inheems Saami in Noorweë (naam onbekend) en ds. Mario Mahongo, NG predikant van die Khwe en !Xun San-nedersetting Platfontein naby Kimberley.
Willemien le Roux en kleuterskoolonderwyseresse op D'Kar.

In Potchefstroom het Le Roux kennis gemaak – en is later getroud – met ’n medestudent, Willemien Jerling (geb. 23 Augustus 1952), wie se pa, Dirk, die boerdery op die sendingplaas D'Kar vir die Aranosgemeente bestuur het. Dirk Jerling, wat in 1967 uit die RSA na Botswana verhuis het, het ook as lekeprediker die sendingaksie vir die Aranosgemeente aan die gang gehou nadat die eerste sendeling, ds. Andries Rampa, in 1969 teruggekeer het na Suid-Afrika. Tydens sy besoeke aan Willemien se familie het Braam die San bevriend en ook as teologiese student drie periodes van praktiese werk onder toesig van die Dekargemeente gedoen. Hy was aangegryp deur die mense wie se nomadiese jagtersbestaan algaande uitgewis is deur nedersetting van die Kalahari deur verskeie groepe veeboere wat oor 'n tydperk van 100 jaar die San tot 'n byna feodale arbeidersklas op die beesplase gereduseer het.

Die Gereformeerde kerk Aranos, wat die plaas besit het wat deur Dirk Jerling bestuur is, het in 1978 die klein Gereformeerde gemeente Dekar onafhanklik verklaar, met 'n splinternuwe kerkgebou en die grond as bruidskat. Die Gereformeerde kerk Ghanzi, vir wit lidmate het reeds in 1973 ontbind en as verspreidwonende lidmate van Gobabis gefungeer. Dirk Jerling, met tydelike hulp van prof. Demps van der Merwe en Prof.Sarel van der Merwe wat die Dekar Sendingkommissie bestuur het, het die gemeente geassisteer en onderneem om 'n sendeling vanuit die Gereformeerde Kerke in RSA na die gemeente te stuur om veral te help met sendingwerk en kerkraadsopleiding. Na ongeveer 6 mislukte beroepe het die plaaslike gemeentelede spesifiek gevra dat Le Roux beroep moes word en het die egpaar in 1982 na D’Kar verhuis, met spesiale vergunning van die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark, waar hulle maar pas 18 maande werksaam was. Dit het gou vir die Le Rouxs duidelik geword dat gewone herderlike werk nie genoeg sou wees om die mense se armoede te verlig en die vooroordeel en diskriminasie te beëindig waaraan hulle onderwerp is nie. Hulle het toe voortgebou op die eerste inkomsteskeppende projekte reeds begin deur Dirk en Pollie Jerling, en dit in samewerking met van die plaaslike San-kerkraad groepeer onder die naam Kuru Projects, die eerste ondersteuningsorganisasie vir dié mense in Botswana. Hierdie projekte is later ondersteun deur die D'kar-stigting onder beskerming van verskeie Potchefstroomse gemeentes, maar toe die werk en administrasie daarvan te veel word vir die plaaslike kerkraad om te beheer, is 'n nieregeringsorganisasie, Kuru Development Trust, in 1986 onafhanklik van die kerk geregistreer.

Werk onder die San

'n Leerlooiery op D'Kar.
Pres. Ian Khama, Selina Magu, voorsitter van die Kuru-ontwikkelingstrust se raad, en ds. Le Roux in Shakawe

,

Ds. Le Roux (agter naasregs) by San-kunstenaars en -woordvoerders in Londen in 2004 op die Great Wheel, vergesel van Hugh Brody (links) en Sally (regs) van Open Channels, 'n donateur en grondregtevennoot.

Dit was uitdagend vir die Le Roux-egpaar om met dié mense te werk wie se selfbeeld verpletter is deur eeue lange onderdrukking. Toe dit duidelik word dat gewone inkomste en ekonomiese opheffing nie die nodige selfstandigheid teweeg bring nie, het hulle besef dat 'n kommunale wanhoop onder die mense bestaan, en begin werk daaraan om trots in hul herkoms en hul uniekheid voor God te herstel. Hierdie werk aan taalerkenning (byvoorbeeld die stigting van 'n Naro-koor om inheemse kerkmusiek te ontwikkel en bevorder), tradisionele handwerk en dans, opteken van tradisionele verhale en speletjies, het gelei tot die oprigting van ’n kultuursentrum waar die jonger geslag, wat op plase grootgeword het of weggestuur is na kosskole ver verwyderd van hul eie mense, hul tradisies en oorlewingsvaardighede kon leer waardeer. Om die mense beter te verstaan, het die egpaar en hulle twee kleuters ’n paar maande lank in een van die San-nedersettings, Hanahai, gaan woon in 'n grashut en hul daaglikse roetine en selfs jag- en versameltogte meegemaak.

Die negentigerjare was die aanvang van die Verenigde Nasies se Dekade van Inheemse Volke, wat baie aandag (en ook heelwat finansiering) na die San gebring het. 'n Opleidingsentrum, museum, opleidingsprojek vir kleuterskoolonderwysers, leerwerkswinkel, kunsprojek en ook 'n toerismeprojek (die Dqae Qare San-plaas) het uit hierdie tydperk gevloei. Kuru het teen 'n onvoorsiene tempo gegroei tot daar meer as 100 werknemers in die organisasie was. Om die politieke druk op Kuru te verlig, het Le Roux gehelp om 'n San-regtegroep, First People of the Kalahari, en 'n streekswye Working Group of Indigenous Minorities (Wimsa) tot stand te bring. Hoewel hy uit beginsel nooit self by die politieke proses betrokke geraak het nie, en probeer het om Kuru by sy ontwikkelingsvisie te hou, was die skielike emansipasie van die San-mense vir die regering van Botswana te suspisieus en te sensitief. So het Botswana se owerheid, wat oorheers word deur Batswana, sy verblyfpermit summier in 1993 teruggetrek. Sy uitsetting uit die land het ’n wêreldwye oproer veroorsaak wat onverwagte aandag op die San se lot gevestig en in plaas van die beweging te stuit, aanleiding gegee het tot selfs groter steun vir hulle. In die plaaslike pers is destyds bespiegel Le Roux se groot “sonde” was om ’n afvaardiging van die Kuru-trust na ’n konferensie oor die regte van inheemse mense in Kopenhagen te vergesel. Die destydse president, sir Ketumile Masire, het twee maande later egter toegelaat dat die Le Rouxs met hul werk kon aangaan en eindelik het hy in 2002 burgerskap van Botswana gekry.[1]

Le Roux was bekend daarvoor dat hy die San se lot ter harte geneem het, en het hom dikwels gekwel dat die pyn van ’n volk in oorgang vererger is deur sy betrokkenheid omdat hy hulle sou aanspoor om te vinnig te beweeg of dalk in die verkeerde rigting. Terselfdertyd het hy in 'n tentmakerrol as predikant van die D'Kar gemeente bly werk, omdat hy bly glo het dat die gelowiges onder die San die ware en beginselvaste leiding sou kon gee wat hulle volk nodig het. Ten spyte van die groot erns wat hy in hom saamgedra het oor die invloed van hom en sy gesin op hierdie proses, was hy tog bekend vir sy sin vir pret en drama en besoekers aan die Le Roux-egpaar se onkonvensionele woonplek kon altyd avontuur te wagte wees.

Laaste jare

Ds. Braam en Willemien le Roux en Pieter Brown, 'n Gereformeerde lidmaat uit Suid-Afrika wat die kunsprojek reeds langer as 20 jaar saam met sy vrou, Maude, bestuur, by lede van die Kuru Development Trust se raad en kerkraadslede van die Gereformeerde kerk D'Kar, Botswana.
Ds. Le Roux as permakultuurboer, 2008.
Ds. Le Roux in sy laaste jare.

Om plaaslike leierskap op D'Kar te bevorder, en omdat die administrasie van die Kuru Development Trust meer geword het as waarvoor die Le Rouxs hulleself aanvanklik ingelaat het, het Le Roux en sy vrou besluit om terug te keer na hulle pioniersrol en onbereikte San in ander dele van Botswana te gaan dien. In 1998 het hulle hul aan die rand van die Okavango-delta gevestig en ook daar drie nieregeringsorganisasies begin om die nood van die Khwe en ||Anikhwe mense in die gebied aan te spreek. Terselfdertyd het hulle die nuwe ervaringe geniet, bv. om die waterweë in hul motorbootjie te verken. In hierdie tyd het hy 'n Afrikaanssprekende huisgemeente bedien, maar ook betrokke gebly by die werk op D'Kar deur te help om die Kuru Development Trust te omvorm tot die Kuru Family of Organisations, wat regionaal gewerk het en tema-gebaseerde ontwikkelingshulp gebied het tussen hul eie mense en areas. Ter wille van oudag-inkomste het hy vanaf 2005 ook betrokke geraak by ’n krokodilboerdery. In 2008 het die egpaar besluit om die leierskap van die Kuru-organisasies prys te gee ter wille van 'n lokale opleidingsprogram vir 'n groep San jeug wat geoormerk was om sekere sleutelposisies in die verskillende organisasies oor te neem. Hy het hierna begin om 'n opleidingsprogram vir ontwikkelingswerkers en sendelinge te ontwikkel, in samewerking met die D'Kar kerkraadslede en ander verteenwoordigers van Sangroepe wat insette gelewer het in die San se lewensperspektief en waardes, en hoe dit geïntegreer kon word in moderne organisasie strukture. Terseldertyd het hy hom ingegrawe in hoe om groente organies te kweek, maar die lappie grond van sy skoonmoeder, Pollie Jerling, waarop hulle saamgewoon het, is so geteister deur ape, olifante, seekoeie, ystervarke en bosbokke, dat daar maar min van enige oeste gekom het.

Voordat sy beplande kursusse en die boek waaraan hy gewerk het, egter afgehandel kon word, is Braam le Roux oorlede. Tydens ’n welkome eerste reënbui van die seisoen in die Kalahari, het 'n hartstilstand hom oorval terwyl hy sy boot probeer vasmaak het. Hy is oorleef deur sy vrou, hul kinders Laurika, Eben en Hettie, en (ten tyde van sy dood) twee van sy latere tien kleinkinders.

Bronne

  • (en) Sy doodsberig in The Guardian, 11 Januarie 2010. URL besoek op 19 Julie 2016.
  • (af) Vogel, ds. Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Verwysings

  1. (en) Botswana, March 2005[dooie skakel]. URL besoek op 28 Julie 2016.

Eksterne skakels

Read other articles:

Alexander Stephan Alexander Stephan 2007Informasi pribadiTanggal lahir 15 September 1986 (umur 37)Tempat lahir Erlangen, Jerman BaratTinggi 1,89 m (6 ft 2+1⁄2 in)Posisi bermain Penjaga gawangInformasi klubKlub saat ini 1. FC NürnbergNomor 30Karier junior0000–1996 ASV Niederndorf1996–2005 1. FC NürnbergKarier senior*Tahun Tim Tampil (Gol)2005– 1. FC Nürnberg II 96 (0)2006– 1. FC Nürnberg 14 (0)Total 110 (0)Tim nasional2004 Jerman U-19 1 (0) * Penampilan d...

 

 

Robotic spacecraft sent to Mars in 1969 Mariner 6Mariner 6Mission typeFlyby MarsOperatorNASA / JPLCOSPAR ID1969-014ASATCAT no.3759Mission duration1 year, 9 months and 27 days Spacecraft propertiesManufacturerJet Propulsion LaboratoryLaunch mass381 kg[1]Power449 W Start of missionLaunch dateFebruary 25, 1969, 01:29:02 (1969-02-25UTC01:29:02Z) UTC[2]RocketAtlas SLV-3D Centaur-D1ALaunch siteCape Canaveral LC-36B End of missionDisposalDecommissionedDeactiv...

 

 

Satyalancana Penegak Sumber: www.setneg.ri.go.id Satyalancana Penegak Diberikan kepada anggota Angkatan Bersenjata Republik Indonesia (ABRI) yang secara aktif sedikit-dikitnya 30 hari sejak 1 Oktober 1965 sampai tanggal yang ditentukan oleh Menteri Utama Bidang Pertahanan Keamanan dalam gerakan pembersihan dan pemberantasan G-30-S PKI. Penerima Satyalancana Penegak Jenderal Besar TNI (Purn.) Abdul Haris Nasution Jenderal Besar TNI (Purn.) H. M. Soeharto Jenderal TNI (HOR) G.P.H. Djatikoesoemo...

هذه المقالة تحتاج للمزيد من الوصلات للمقالات الأخرى للمساعدة في ترابط مقالات الموسوعة. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة وصلات إلى المقالات المتعلقة بها الموجودة في النص الحالي. (يناير 2016) كأس سين هون (كمبوديا) الجهة المنظمة اتحاد كمبوديا لكرة القدم  تاريخ الإنشاء 20...

 

 

Election 1992 United States Senate election in Florida ← 1986 November 3, 1992 1998 →   Nominee Bob Graham Bill Grant Party Democratic Republican Popular vote 3,245,585 1,716,511 Percentage 65.40% 34.59% County resultsCongressional district results Precinct resultsGraham:      50–60%      60–70%      70–80%      80–90%      >90...

 

 

Questa voce sull'argomento Stati Uniti d'America è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Dipartimento di guerra degli Stati Uniti State, War, & Navy Building di Washington DC, sede del dipartimento dal 1871 fino alla sua soppressione. Stato Stati Uniti Istituito1789 daGeorge Washington Soppresso1947 daHarry Truman SuccessoreUnited States Department of the ArmyUnited States Department o...

ألفية: ألفية 3 قرون: القرن 20 – القرن 21 – القرن 22 عقود: عقد 1970  عقد 1980  عقد 1990  – عقد 2000 –  عقد 2010  عقد 2020  عقد 2030 سنين: 2005 2006 2007 – 2008 – 2009 2010 2011 2008 في التقاويم الأخرىتقويم ميلادي2008MMVIIIتقويم هجري1428–1430تقويم هجري شمسي1386–1387تقويم أمازيغي2958من بداية روما2761ت...

 

 

Ongoing COVID-19 viral pandemic in the Democratic Republic of the Congo You can help expand this article with text translated from the corresponding article in French. (January 2021) Click [show] for important translation instructions. View a machine-translated version of the French article. Machine translation, like DeepL or Google Translate, is a useful starting point for translations, but translators must revise errors as necessary and confirm that the translation is accurate, rather ...

 

 

1893 disaster in Portland, Oregon, U.S. Madison Street Bridge disasterThe streetcar Inez raised after falling into the Willamette RiverDetailsDateNovember 1, 1893 6:45 a.m.LocationPortland, OregonCoordinates45°30′48″N 122°40′16″W / 45.5134°N 122.6712°W / 45.5134; -122.6712LineEast Side RailwayIncident typeStreetcar ran off open drawbridge into riverCauseExcessive speed, poor warning systems, icy trackStatisticsPassengers18-20Crew2Deaths7DamageStreetcar Inez...

Sequencing of amino acid arrangement in a protein Using a Beckman-Spinco Protein-Peptide Sequencer, 1970 Protein sequencing is the practical process of determining the amino acid sequence of all or part of a protein or peptide. This may serve to identify the protein or characterize its post-translational modifications. Typically, partial sequencing of a protein provides sufficient information (one or more sequence tags) to identify it with reference to databases of protein sequences derived f...

 

 

Peta Lokasi Kota Tanjungpinang di Kepulauan Riau Berikut ini adalah daftar kecamatan dan kelurahan/desa di Kota Tanjungpinang, Provinsi Kepulauan Riau, Indonesia. Kota Tanjungpinang memiliki 4 kecamatan dan 18 kelurahan (dari total 70 kecamatan, 141 kelurahan dan 275 desa di seluruh Kepulauan Riau). Pada tahun 2017, jumlah penduduknya sebesar 207.933 jiwa dengan luas wilayahnya 144,56 km² dan sebaran penduduk 1.438 jiwa/km².[1][2] Daftar kecamatan dan kelurahan di Kota Tanju...

 

 

Object-oriented programming language Not to be confused with Java (software platform), JavaScript, Java, or Javanese language. Openframe redirects here. For the ten-pin bowling term, see Open frame. JavaParadigmMulti-paradigm: generic, object-oriented (class-based), functional, imperative, reflective, concurrentDesigned byJames GoslingDeveloperOracle CorporationFirst appearedMay 23, 1995; 29 years ago (1995-05-23)[1]Typing disciplineStatic, strong, safe, n...

Election in Washington Main article: 1944 United States presidential election 1944 United States presidential election in Washington ← 1940 November 7, 1944[1] 1948 → All 8 Washington votes to the Electoral College   Nominee Franklin D. Roosevelt Thomas E. Dewey Party Democratic Republican Home state New York New York Running mate Harry S. Truman John W. Bricker Electoral vote 8 0 Popular vote 486,774 361,689 Percentage 56.84% 42.24% Coun...

 

 

Part of a series on the History of Ireland Chronology Prehistory Protohistory 400–795 795–1169 1169–1536 1536–1691 1691–1800 1801–1923 Timeline of Irish history Peoples and polities Gaelic Ireland Lordship of Ireland Kingdom of Ireland United Kingdom ofGreat Britain and Ireland Irish Republic Irish Free State Republic of Ireland and Northern Ireland Topics Military Conflicts Uprisings Clans Cuisine Kingdoms States Gaelic monarchs Judaism British monarchs Economy Languag...

 

 

Highland Scottish clan Clan MacDougallClann MhicDhùghaillCrest: On a chapeau Gules furred Ermine, a dexter arm in armour embowed fessways couped Proper, holding a cross crosslet fitchée erect Gules.MottoBuaidh no bàs (Victory or Death), also translated as Conquer or Die.ProfileRegionHighlandDistrictArgyllPlant badgeBell Heather[1]AnimalRaven[2]Pipe musicCaisteal DhunollaCumha Chaiptein MacDhughaill, Failte Iain Cheir, Jeanne Rea's Wedding, Latha Dhunabharti, Maid of Lorn, M...

Artikel ini perlu diwikifikasi agar memenuhi standar kualitas Wikipedia. Anda dapat memberikan bantuan berupa penambahan pranala dalam, atau dengan merapikan tata letak dari artikel ini. Untuk keterangan lebih lanjut, klik [tampil] di bagian kanan. Mengganti markah HTML dengan markah wiki bila dimungkinkan. Tambahkan pranala wiki. Bila dirasa perlu, buatlah pautan ke artikel wiki lainnya dengan cara menambahkan [[ dan ]] pada kata yang bersangkutan (lihat WP:LINK untuk keterangan lebih lanjut...

 

 

1951 Luxembourg general election ← 1948 3 June 1951 1954 → 26 of the 52 seats in the Chamber of Deputies27 seats needed for a majority Party Leader % Seats +/– CSV Émile Reuter 40.57 21 −1 LSAP Michel Rasquin 35.48 19 +4 PDG Lucien Dury 20.55 8 −1 KPL 3.40 4 −1 This lists parties that won seats. See the complete results below. Prime Minister before Prime Minister after Pierre DupongCSV Pierre DupongCSV Politics of Luxembourg Constitution Law Monarchy Grand Duke ...

 

 

Canadian technical death metal band ArchspireArchspire at Hellfest 2019Background informationAlso known asDefenestrated (2007-2009)OriginVancouver, CanadaGenresTechnical death metalYears active2007–presentLabelsSeason of Mist, Trendkill, HadeanMembers Spencer Prewett Tobi Morelli Dean Lamb Oli Peters Jared Smith Past members Jaron Evil Clayton Harder Shawn Haché Websitearchspire.bandcamp.com Archspire is a Canadian technical death metal band from Vancouver. They have released four studio a...

鄂圖曼崇高國دولت عليه عثمانیه1299年—1923年 國旗(1844年-1922年) [1] 國徽(1882年-1922年) [2] 格言:دولت ابد مدت Devlet-i Ebed-müddet“永恒之國”国歌: 多首 《马哈茂德进行曲》(1808–1839)Mahmudiye Marşı 《阿卜杜勒-迈吉德进行曲》(1839–1861)Mecidiye Marşı《阿齐兹进行曲》(1861–1876)Aziziye Marşı《哈米德进行曲》(1876–1909)Hamidiye Marşı《雷沙�...

 

 

Taiwanese politician In this Chinese name, the family name is Lin. Lin Yu-chang林右昌Official portrait, 201422nd Secretary-General of the Democratic Progressive PartyIncumbentAssumed office 5 June 2024ChairmanWilliam LaiPreceded byYang Yi-shan (acting)Hsu Li-ming34th Minister of the InteriorIn office31 January 2023 – 20 May 2024Prime MinisterChen Chien-jenDeputy See List Hua Ching-chunWu Jong-huiWu Tang-an Preceded byHua Ching-chun (acting)Succeeded byLiu Shyh-fang10th&#...