Die biskopsuikerbos (Protea caespitosa) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1613 kmĀ² en kom van die Slanghoek- en Du Toitskloofberge tot by die Kogelberg voor asook die westelike Riviersonderendberge.
Dit kom op die Kogelberg voor en die populasie is klein. Die struik word 1,0 m hoog. 'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Min is bekend insake die bestuiwingsproses. Die plant groei op hoogtes van 1 200 - 1 800 m.
In Engels staan dit as die Bishop sugarbush bekend.
Galery
Sien ook
Bronnelys
Eksterne skakels