Bishop Lavis is 'n voorstad van Kaapstad, geleë op die Kaapse Vlakte van die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Misdaad
Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Bishop Lavis ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot op daardie stadium nie onder beheer kon bring nie, te takel.[1]
Sluipmoord in 2020
'n Hoëprofiel-luitenantkolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Charl Kinnear, is op 18 September 2020 voor sy huis in Bishop Lavis vermoor.[2] Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet terwyl hy in die bestuurdersitplek van sy wit Toyota Corolla gesit het, wat tot sy dood gelei het.[3]
Kinnear was die afdelingsbevelvoerder vir die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, en was op daardie stadium besig met verskeie ondersoeke na vuurwapenmisdaad wat moontlik ook hooggeplaasdes in die Polisie kon betrek het. Voormalige pro-rugbyspeler Zane Killian is kort ná die voorval in hegtenis geneem en van Kinnear se moord aangekla.[4][5] Kinnear se selfoon is 2 116 keer onwettig opgespoor deur Killian voor sy moord met behulp van 'n gespesialiseerde selfoonopsporingstoestel en sagteware.[6]
Sien ook
Verwysings