Benjamin (Benny) Gantz, Hebreeus: בנימין (בני) גנץ , (gebore 9 Junie 1959) is 'n Israelse politikus en voormalige generaal.
Gantz het geskiedenis aan die Tel Aviv-universiteit, politieke wetenskap aan die Universiteit van Haifa, as ook aan die Nasionale Verdediging Universiteit in die Verenigde State studeer.
Van 1977 tot 2015 het hy in die Israeliese weermag gedien, waarvan van 2011 tot 2015 as die opperbevelvoerder.
In Desember 2018 het hy 'n nuwe party opgerig: Hosen L'Yisrael (Veerkragtigheid Israel).
Hy het met die Yesh Atid-party van Yair Lapid en die nuwe Telem-party van Moshe Ya'alon in Februari 2019 die politieke alliansie Kahol Lavan (Blou en Wit) gesluit.
Gantz het baie kritiek gehad op die eertydse eerste minister Benjamin Netanyahu van die Likoed-party en wou weer onderhandel met die Palestyne oor 'n vredesooreenkoms.
In die verkiesings vir die 21ste Knesset op 9 April 2019 het Kahol Lavan 35 setels gehaal en het daardeur net so groot geword soos die Likoed-party.
Sedert 30 April 2019 is hy 'n lid van die Knesset en het in 2020 enkele maande as die Knesset se voorsitter gefungeer. Ook was hy die leier van die opposisie gewees.
Gantz was sedert Mei 2020 die minister van Verdediging in die Netanyahu-Gantz-kabinet, wat hy het voortsit in die Bennett-Lapid-kabinet. In hierdie kabinet was hy ook vise-premier. Gantz sou in die Netanyahu-Gantz-kabinet die eerste minister word in November 2021 maar die regering was sedert Desember 2020 demissionêr.
In die verkiesings vir die 24ste Knesset op 23 Maart 2021 en die 25ste Knesset op 1 November 2022 het Kahol Lavan, wat nog slegs uit die Hosen L'Yisrael-party bestaan, 8 setels behaal.
Sien ook
Bronne
- Benny Gantz, Haaretz
- United Gantz-Lapid party to be called ‘Blue and White’; no women in top 6, The Times of Israel, 21 Februarie 2019
- A brief biography of Benny Gantz, The Jerusalem Post, 10 April 2019
- After impasse of over a year, Netanyahu and Gantz agree to form a government, The Times of Israel, 20 April 2020
- 23rd Knesset dissolved, Israel going to elections, Israel National News, 22 Desember 2020
- Israel Elections: Gantz gets second chance, wins 7 or 8 seats, The Jerusalem Post, 23 Maart 2021
Eksterne skakels