Ballito is 'n kusdorp in die ooste van Suid-Afrika, langs die Dolfynkus in die provinsie van KwaZulu-Natal. Die dorp lê 40 km noordoos van Durban. Ballito beteken "klein bal" in Italiaans.
Geskiedenis
Die ontwikkeling van Ballitobaai het in 1953 op die plaas Avondalepark begin en dorpstatus is 5 jaar later toegeken.
Omgewing
Die hoofstrand, Willardstrand, word deur haainette beskerm en daar is elke dag lewensredders aan diens. Shaka's Rock is net noord van Ballitobaai. By hierdie punt het Shaka na bewering sy vyande afgegooi. Ook moes impies wat van lafhartigheid beskuldig is, hier afspring om hulle dapperheid te bewys.
Sien ook
Bronne
-
Uitsig oor die see.
-
Ballito se strand.
-
Visvang in die vroeë oggend.
-
Branderplankryer vanaf Ballito se strand.
-
Branderplankryer vlieg deur die lug.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ballito. |