Hulle het tien dae in die ruimte deurgebring in 'n lae wentelbaan om kritieke aspekte van die toerusting te toets, onder andere die maanmodule se motors, lewensondersteuningstelsels, navigasiestelsels en dokmaneuvers. Dit was ook die tweede bemande missie wat deur 'n Saturn V-vuurpyl aangedryf is.
Apollo 9 is op 3 Maart 1969 gelanseer en hulle het op 13 Maart 1969 weer teruggekeer na die aarde.
Hierdie lugvaartartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.